Foto’s: Dié drie soek na bankroof

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is op soek na drie mans wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het en die Standard Bank in eMalahleni (Witbank) beroof het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die drie mans het Maandagoggend by die bank in Mandelastraat ingestap en hulself as polisiebrigadiers voorgedoen.

Hy sê die verdagtes was in netjiese pakke geklee. “Een van die verdagtes het homself as brig. Mbatha voorgestel. In die proses het hulle vuurwapens uitgepluk en dit op die takbestuurder en personeel gerig voor hulle met ‘n onbekende bedrag geld gevlug het.”

Die polisie het enigiemand met inligting versoek om lt.kol. P.G. Maahlo by 082 648 4621 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Rowwe Jacks … dan nogal brigadiers.

NS: Nico, die eerste paragraaf – voorgeDIEN moet wees voorgedoen. Aanvaar dis net ‘n foutjie.

Peter Says ·

Afrika mentaliteit, jy hoef nie te werk nie. Stap in die bank in en VAT vir jou n paar rand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.