[Foto’s] Dié vier gesoek vir moord

Alice Majake.

Die Valke in die Vrystaat is dringend op soek na vier verdagtes in verband met ʼn moord wat in Maart 2016 gepleeg is. Enigiemand met inligting oor Lira Morienyane (39), Ntabiseng Lempe (34), Alice Majake (28) en Andile Gxamza (33) word versoek om die Valke onmiddellik te kontak.

Die verdagtes word gesoek in verband met ʼn moord wat in Phahameng in Bloemfontein plaasgevind het. Kapt. S’fiso Nyakane, woordvoerder van die Valke, het gesê Alfred “Chencha” Helepi (70), ʼn bekende kuierplekeienaar, is dood nadat hy drie keer in sy taverne geskiet is.

“Die verdagtes het met ʼn onbekende hoeveelheid geld en die oorledene se voertuig gevlug,” het Nyakane gesê. Die voertuig is later in Phelindaba opgespoor.

ʼn Lasbrief vir hul inhegtenisneming is uitgereik nadat al vier op 11 November vrygelaat is toe die hooggeregshof in Bloemfontein die saak van die rol geskrap het.

Hulle was in aanhouding sedert hulle in Mei vasgetrek is. “Ons het die dag nadat hul vrygelaat is weer met die direkteur van openbare vervolging (NDOV) en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vergader en daar is toe nóg ʼn lasbrief uitgereik. Die landdros was onder die indruk dat daar nie genoeg bewyse was nie, maar ons het juwele en die oorledene se horlosie opgespoor. Die probleem is dat die vuurwapen/s nooit gevind is nie,” het Nyakane gesê.

Volgens dokumente is Morienyane, Lempe en Majake van Lesotho en Gxamza van Port Elizabeth.

Enigiemand met inligting oor die verdagtes kan kapt. Babani Skota by 079 509 4998 of ao. Motlhoua Motshweneng by 082 372 0093 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Paulus Roos ·

Die howe het baie skuld aan baie moorde, verkragtings, inbrake,Rowe ens. Hoeveel keer het dit nou nie gebeur dat misdadigers wat op borgtog of sommer net vrygelaat word ens. nie misdade gepleeg oppad van die hof af na na hulle guise nie!! Leer hulle dan nie? Is dit met opset? Wat is aan die gang!?

Wanda ·

Maroela, wil graag weet hoekom word ons nie op hoogte gehou van protest optogte in ennerdale en ander plekke waar ook geplunder word nie. Mens moet tog weet waar jy kan ry en waar dit onveilig is.

Why ·

Soek julle ook so wild na die plaasmoordenaars of net na die taverne eienaar se moordenaars? Hoe lyk dit vir my asof een saak meer aandag kry as ‘n ander? Kan ons asb statistiek kry van die etniese groeperings van moordenaars in SA?

Welkom ·

Lyk nie asof die landdros dink daar was genoeg bewyse nie .. en steeds het julle nie die vuurwapen nie so HOU OP OM ANDER MENSE SE TYD TE MORS . los hulle . laat hulle loop soos al die ander moordenaars …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.