[Foto’s] ‘Dief’ lewend begrawe

‘n Skermskoot uit ‘n video wat van die voorval gemaak is.

ʼn Man wat van diefstal beskuldig is, is vandeesweek aangerand en toe lewend begrawe.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het gesê die voorval het Maandag in Bosbokrand plaasgevind.

“ʼn Man van Dwarsloop Trust het na bewering ware van ʼn sakeman gesteel. Die sakeman het die man tot by sy huis agtervolg, waar hy die gesteelde ware gevind het,” het Hlathi gesê.

“Die sakeman het die vermeende dief na sy sakeperseel geneem waar hy die man gedwing om ʼn gat te grawe.”

Die sakeman het die verdagte aangerand, in die gat gestamp en dit toegegooi dat net sy bolyf uitgesteek het. Hy is toe verder voor omstanders aangerand.

Albei mans het ná die voorval aanklagtes teen mekaar by die Bosbokrand-polisiestasie aanhangig gemaak. ʼn Saak van poging tot moord en ʼn saak van diefstal is geopen.

Die mans is net daar in hegtenis geneem en aangekla.

Die twee het Donderdag in die Mapulaneng-landdroshof verskyn, maar die saak is van die rol geskrap nadat albei partye hul sake teruggetrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Se maar net ·

Dan sou sy gesig gepronk het op voorblad en hy steeds in tronk gesit het, al was klag terug getrek!! Dan sou die dreigemente en eff him agtervolg het!

willie ·

dankie tog ñ boer of blanke is nie betrokke nie, dan was dit weer GROOT nuus!

AL ·

Dan het dit die Zuma petalje oorskadu en weer rasse verdeeldheid veroorsaak en hul agter mekaar ingejaag om soos een man gal te braak!

Johann ·

Noy is my vraag: so sonder kis en al begrawe….so ek neem aan die ANC en EFF en andersins beswaardes gaan NIE betoof en dreig en en en en nie? Of os die afwesigheid van n kis irelevant? Die feit dat dit menere is wat die meneer vasvat…nie n issue nie?

dirwou ·

Watse barbaarsheid is dit Sal die kabinet dit asseblief so go as moontlik bespreek.

Anoniem ·

Dit sal interessant wees om te sien hoe hierdie voorval hanteer word, want daar is soveel paralelle met die doodskis geval. Die enigste verskil is dat dit ‘n swart-op-swart diefstal/wraak is.

Fritz ·

As ons in n land gebly het waar witmense nie geteiken word nie sal hulle mos nou vir dieselfde misdade as die twee wat die man in n kis gesit het aangekla word. Kom ons kyk wat gebeur. Net mooi niks. Net omdat hulle nie wit is nie. Punt gemaak dankie!!!!!

Pierre de Villiers ·

Nou waar is die EFF en kommuniste nou? Nie `n woord nie. Selektiewe viktimisasie

Sulet ·

Wat is erger? Diefstal of poging tot moord? Die een regverdig nie ‘n ander nie.

Regverdig ·

Nee, dit is nie poging tot moord nie dit is ‘n poging om sy eiendom te beskerm met vrees. Wanneer ‘n mens nie liefde ken nie, is vrees al manier om hom te beheer.

Ronell ·

Nou gaan hulle die sakeman ook kruisig op sewe en sewentig plekke soos met die twee wat die blikemmer in die kis gesit het om hom die skik van sy lewe te gee sodat hy nooit weer steel of loop waar hy nie moet loop nie. Die kis ou is nie eers seer gemaak nie, net sy ego is aangetas. Waar trek mens die lyn. !!!!????

Acca ·

Waar is die ANC EFF en DA wat vinnig hulle monde spoel as dit wit op swart was maar nou stil bly as hulle dit aan hulle eie mense doen. Is dit reg in hulle oe ?? Gin wonder ons land is in n krisis nie.

VM ·

My liewe gedoriewaar………. en so sal geen haan kraai, want ek neem aan beide party is dieselfde ras? Absolute dubbele standaarde. Kan net my hande in ongeloof saamslaan!

Erick ·

As die sakeman wit was. Ai-jai-jai. Dan was dit vir ‘n week lank onophoudelik op CNN, ENN, BBC, CBS en enige ander gekontroleerde media uitlaat.

pieter ·

namens die doodskis manne sal julle asb die storie dophou.

Piet ·

Pieter daar is niks verder om dop te hou nie. Die saak is teruggetrek

tanya ·

Wat op hierdie aarde maak hierdie nou verskil aan die “doodskis 2”? Hierdie is nog erger want kyk hoeveel mense staan en toekyk. Maar daar sal nie veel gebeur nie omdat albei van dieselfde ras is. Was dit nou anders om, sou daar geen steen onaangeroer gebly het om daardie man agter die selle te hou nie. Skandelik!

Johann ·

Ek het ‘n beter roep vir die misdadigers skuldig aan die hoof misdaad groepe, nl, hoogverraad, Moord, huisbraak, verkragting ens. Sak die skuldiges af in ‘n ou uitgewerkte mynskag, met genoeg water en opgekookte rys, en los hulle om self te rehabiliteer

Charlotta ·

Dit kan werk. Ek sal hulle natuurlik afgooi en nie laat sak nie.

lilla B ·

Hierdie lyk vir my ‘n paar stappe verder as die doodskis ouens se poging tot misdaad bekamping en niemand maak ‘n ophef nie?

Trots Afrikaans ·

Kla hom aan vir rasisme of tel dit net vir blankes met doodskiste……

pieterdp ·

As die poliesie nie betyds was was die man gebrand met petrol wat klaar daar was. Die was n pooging tot moord. Die man is beseer met graaf houe op sy kop. Dit swart mense. Die saak is terug getrek.

Die blankis wat die een in n kis gedruk het het geen lugaamlike letsels of beserings gehad nie maar is geoordeul om dat hul blank is. Hul wou hom net n les leer vir sy dade.

Charmain ·

??Ek moet lag vir die kommentaar. No coffin no crime. En ja hy sal seker by Spur mag gaan eet. Goed gestel! Wetters!!!!Was dit 1 van ons…. geen spur, geen burger, geen coffin. Net n koue sel waar jy sou moes bid om te oorleef!

Cherokee ·

Daar is uit ‘n betroubare bron verneem dat die sakeman miskien as minister van polisie aangestel gaan word.

MANIE ·

Hierdie rassiste onder die vaandel anc en Da moet nou asb. ook hulle monde uitspoel soos wat hulle maak as n witte betrokke is. Dit bevestig net weereens wat se rassistiese politieke partye ons in die land het

Louwrens ·

Ten minste sal hy NOOIT weer by daai sakeman iets steel nie. Dit is ongelukkig enigste taal wat sekere groepe verstaan.

Scalla ·

Dit was verseker nie die eerste geval van diefstal by die sakeman nie, hy was gatvol aangesien die gereg niks doen nie, die amper lyk sal dit nie weer doen nie, laat dit vir die ander n les wees.

Pietie ·

Nee heng mense, dit is darem baie wreed. Die arme man het mos net ‘n paar goedjies gaan leen. Hy sou dit mos terug gebring het as hy dit nie kon verkoop kry nie. Hulle kon hom ten minste betaal het vir die gat wat hy gegrawe het.

Gat ·

En daar sien hy toe letterlik sy gat waarin hy halflyf begrawe word.

SARIE VAN HEERDEN ·

Die man is g’n BEGRAWE nie. Hy was halflyf BUITE die grond. Die sakeman wou net sekermaak hy is veilig sodat ander kan sien wat kan met jou gebeur as jy regtig begawe word.

Tinus ·

Alles wat hierbo geskryf is goed en reg, die enigste problem is dat die mense wat dit moet lees dit nie sal doen nie omdat hulle nie hierdie blad lees nie.
Weereens is dit net ons wat ondermekaar gesels en die bloeddruk opjaag.

Kan Maroela Media hulle nie dalk nader vir kommentaar nie?

SARIE VAN HEERDEN ·

Jy’s reg Tinus. Dis soos wat die oumense altyd gese het van die preek van die predikant in die kerk. Die mense wat die preek eintlik MOET hoor is nie in die kerk teenwoordig nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Tinus, as nagedagte skryf jy ‘n versoek aan Maroela, dat hulle “hulle” moet nader om kommentaar. Wie is die “hulle” van wie jy praat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.