[Foto’s] Dís hoekom jy serpe buite sien hang

Die serpe as deel van die 67 Blankets-inisiatief (Foto: 67 Blankets)

Carolyn Steyn, een van die groot geeste agter die 67 Blankets-inisiatief vir Nelson Mandeladag, het pas ʼn nuwe winterprojek van stapel gestuur: brei serpe en hang dit buite vir behoeftiges.

Steyn het in 2013 met dié 67 Blankets-inisiatief begin om komberse vir minderbevoorregtes te skenk. Die komberse word aan inwoners van ouetehuise, weeshuise en informele nedersettings gegee.

Die veldtog het verlede jaar ʼn wêreldrekord verbeter toe ʼn oppervlakte van nagenoeg 17 181 m² met handgemaakte komberse bedek is. Dié samekoms het die veldtog ʼn plek in die Guinness World Records besorg en meer as 10 000 mense laat warmer slaap.

Die serpe as deel van die 67 Blankets-inisiatief (Foto: 67 Blankets)

“Ek wil voorstel dat ons soveel moontlik serpe brei vir ʼn inisiatief wat een van omgee geword het,” het Steyn op Facebook gesê.

“Ons gaan die serpe hang in parke, rondom bome, parkeermeters en lamppale. Elkeen van die serpe het ʼn boodskap: Ek is nié verlore nie. As jy koud kry en jy het my nodig, vat my, asseblief. Liefde.”

Steyn het alle Suid-Afrikaners aangemoedig om aan die projek deel te neem en foto’s daarvan op die 67 Blankets Facebook-blad te deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Johann ·

En sy hoop in n toestand van naiewiteit dat die goed bedoelde serpe een een met dankbaarheid gevat word? Sal dit glo as ek dit by herhaling sien. Soos aoveel ander hulp projekte, voorspel ek n vergryp ( letterlik) van soveel moontlik op n slag. En sonder gewete dit verkoop aan hul mede landsgenote.

RiaB ·

Johann daar was geen vergryping verlede jaar nie nou waarom sal daar hierdie jaar wees? Carolyn Steyn is glad nie naief nie. Sy het ‘n noodsaaklikheid vir hulp gesien en die projek van die grond gebring tot waar dit is vandag. Daar is nou letterlik duisende mans en vrouens reg oor die wereld wat brei en hekel. Die logistiek is ‘n nagmerrie maar Carolyn het borge en maniere gekry om alles hier te kry. Lees eers die webwerf van 67 Blankets voor jy so negatiewe aanmerkings maak.

Cherokee ·

Wow! Ria, ek het onmiddelik na ek dit gelees het, dieselfde idee as Johann gekry, maar dit nie uitgespreek nie. Dankie vir jou regstelling. Jy skep hoop.

Sarie ·

Wow dit is so ‘n awesome projek. Daar is so baie mense buite wat dit kan gebruik. Blessings

komwatwil ·

Daar is baie mense wat ook nie vervoer het nie….kom ons los karre op elke straathoek met die sleutels in. Daar is baie mense wat nie huise het nie…..kom ons los huise oop in elke straat sodat hulle kan intrek. Daar is baie mense wat nie skoene het nie….kom ons los skoene op elke sypaadjie in die stad. Daar is baie mense wat nie selfone het nie….kom ons los selfone op elke parkbankie in ons parke. Sien jy waarheen hierdie oppad is? Solank jy net gee….kweek jy net meer afhanklikheid. As elke mens wat kan, en EEN ander mens leer om vir hom of haarself ‘n serp te brei…..dan lyk die prentjie anders. As ons mense kan leer hoe om stene te maak en huise te bou….dan bereik ons iets. En nou kan almal wat wil maar ‘n klip optel en gooi…..pasop net vir jou eie glashuis se vensters. As jy klaar is….kan jy kom kyk hoeveel blanke werkloses ek al terug op hulle voete gehelp het……met harde, eerlike werk….nie hand-outs nie.

foxi ·

Komwatwil……ek stem volkome saam met jou. Daardie serpe is n pragtige gebaar…maar glo dit of nie……daardie einste serpe wat oral hang sal een kwaadwillige n paar vat en dit gaan verkoop. En ja…….hoe meer jy ‘hand outs’ gee, hoe meer gaan daar verwag word om meer te gee. Ek weet van n ouer paar wat uit hulle eie sakke potte en potte kos gemaak het vir die werkloses wat op straat sit….maar op n dag het die behoefdiges begin kla oor die kos…te min sout of te min vleis ensv. En so het die ouerpaar dit maar opgegee. Plaas die weldoeners eerder by die kinderhuise en ouetehuise n draai gaan maak en eerder daar goedere skenk. Ons skenk alles wat ons kan aan die diere vereenigings, dit word meer waardeer. Sê maar net…….

G ·

Komwatwil, die land kort meer mense soos jy. Die groter meerderheid van die jonges van vandag kan eenvoudige goed glad nie doen nie – naaldwerk, hekel, brei, houtwerk, tuinmaak. Ons is afhanklik van winkels vir als. Met ‘skills’ kan ‘n persoon leer om te oorleef, in plaas van om te verwag dat ander die heeltyd moet help. Dankbaarheid kom in elk geval by min voor, dis meer ‘n ‘jy skuld my’ houding. Daar word nie meer vir hul geleer dat alles met harde werk kom nie, daar word net gevat. En almal wat gekant is teen Anel se kommentaar, neem jul haar regtig kwalik? Die witman word gehaat en uitgemoor, en die verskoning is nou nog apartheid, maar die vrygewigheid van die hardwerkende man, teenoor die wat hom haat, word nie raakgesien nie. 23 jaar is lank genoeg tyd om vooruit te beweeg maak nie saak wat jou omstandighede was nie. Goeie inisiatief, maar dit sou ‘n nog beter een gewees het as die mense hul eie kon leer brei. Die serpe gaan gesteel en verkoop word.

Cherokee ·

Foxi, ek geniet dit gewoonlik om jou te lees…. totdat jy afsluit met ‘sê maar net..’

Anel ·

Weer die minderheid wat die meerderheid moet voorsien. Hulle kan hulle eie voorsien soos ek.my eie.

snoepie ·

Sies vir jou Anel!
Daar is mense daar buite wat nie eens n brood altyd kan bekostig nie. Wat nog te sê van warm klere.
Maar duidelik het jy genoeg; want jyt n selfoon met data.
Hoop jy slaap lekker warm vanaand :'(

Smurfie ·

sies vir jou Anel
Daar is mense daar buite wat nie eens elke dag n brood kan bekostig nie. Wat nog te sê warm klere. Maar duidelik kan jy; want jy besit n foon met genoeg data!

Stella ·

Wonderlik.
Ons skool (Florida Park High School)het in 2015 komberse gebrei vir behoeftige mense in ons omgewing, 2016 het ons musse gebrei vir outehuise en jong kankerpasientjies en het reeds begin om serpe te brei vir hierdie jaar. Bly om te sien ander het ook dieselfde inisiatief.

RiaB ·

Haai Stella wonderlik om te hoor julle skool doen ook goed vir ander mense. Sluit aan by die 67 Blankets groep – daar is lekker aanmoediging veral vir die skole met pryse. Jy kan Carolyn ook direk kontak sy is op Facebook. Daar is gereelde uitstappies na Walter Sisulu Park waar ons heerlik piekniek hou en brei en hekel en vriende maak. Baie jongmense is betrokke. Daar is ook ‘n aanvraag vir kleiner kombersies vir babas en mense in rolstoele – vir die wat nie kans sien vir ‘n groot kombers nie.

snoefie ·

verskoon my negatiwiteit. maar kom ons gaan vra by radio jacaranda wat het van hulle “winter warmers” projek geword voordat ons geld skenk vir wol en breinaalde. om sodoende mooi handgebreide serpe sonder “made in China” labels by straatsmouse te koop te kry.

Snoepie ·

Sies vir jou Anel
Daar is mense daar buite; wat nie eens altyd n brood kan bekostig nie. Wat nog te sê van warm klere.
Maar duidelik kan jy; want jy besit n selfoon met data.
Hoop jy slaap lekker warm vanaannd

Mariette ·

Terwyl ek by ‘n baie bekende korporatiewe maatskappy gewerk het, het ek by ‘n stoorkamer ingestap in seker 70/80 splinternuwe komberse op ‘n rak gesien. Die komberse was bestem vir minderbevoorregtes maar nooit uitgegee nie. Sekere personeellede het sumier besluit om die nuwe komberse self te neem eerder as om dit vir armes te gee. Nee wat, ek sal nie in daardie strik val nie. Help? Sekerlik, maar op my eie manier.

Francis ·

Mens verloor vreeslik maklik alles en dan Anel is jy gestrand

G ·

Komwatwil, die land kort meer mense soos jy. Die groter meerderheid van die jonges van vandag kan eenvoudige goed glad nie doen nie – naaldwerk, hekel, brei, houtwerk, tuinmaak. Ons is afhanklik van winkels vir als. Met ‘skills’ kan ‘n persoon leer om te oorleef, in plaas van om te verwag dat ander die heeltyd moet help. Dankbaarheid kom in elk geval by min voor, dis meer ‘n ‘jy skuld my’ houding. Daar word nie meer vir hul geleer dat alles met harde werk kom nie, daar word net gevat. En almal wat gekant is teen Anel se kommentaar, neem jul haar regtig kwalik? Die witman word gehaat en uitgemoor, en die verskoning is nou nog apartheid, maar die vrygewigheid van die hardwerkende man, teenoor die wat hom haat, word nie raakgesien nie. 23 jaar is lank genoeg tyd om vooruit te beweeg maak nie saak wat jou omstandighede was nie. Goeie inisiatief, maar dit sou ‘n nog beter een gewees het as die mense hul eie kon leer brei. Die serpe gaan gesteel en verkoop word.

G ·

Ek dink nie Anel se kommentaar was gemik op die wat alles verloor het, en regtig hulp nodig het nie, maar eerder op die wat net heeltyd verwag dat ander moet gee, en niks self probeer doen om hul omstandighede te verander nie. Ek het respek vir die ou op straat wat iets in sy hand het om te verkoop, of die een wat met ‘n vullissak daar staan sodat hy jou vullis kan vat in ruil vir ‘n donasie, eerder as om net daar te staan met ‘n bordjie en vra vir geld. As jy wil staan met ‘n bordjie, vra vir werk. Party leen tot ander se kinders sodat hul by die robotte kan gaan staan en bedel, ipv om te werk.

sies negatiewes! ·

Laat die wat wil help sonder dat ander hulle kritiseer! Julle HOEF nie te help as julle nie wil nie, dis absoluut vrywillig. Maar moet dan nie ander kritiseer wat nog menslikheid betoon aan ander nie.

Johann cb ·

Smurfie/Snoepie, Mandela het niks vir my en my Christengeloof gedoen nie! Ek is hom niks verskuldig! Elkeen van ons het ‘n plig om te werk vir ons besittings!

Valerie ·

Jip, kyk maar watter vieslike wette (pornografie) onder andere geval het toe die ou oorgeneem het. Jy is reg Johann cb. En kyk na die vervalle gemors van ‘n plek vandag.

Cherokee ·

Inteendeel Johann, Mandela was die stigter van ‘n moordbende by name Umkhonto we Siswe.

t ·

Ek kan nie onthou nie, het hy ooit om verskoning gevra vir die onskuldige lewens wat sy moordbendes geneem het? Ek herinner my nie daaraan nie. Tot dan is enige 67 whatever ‘n dolk in my hart. Ek sal barmhartigheid doen maar met geen 67 assosiasie nie. Jammer!

Piet Pompies ·

As jy iets het om af te staan, gee met liefde.
As jy iets goed daaromtrent wil sê, doen dit graag.
As nie iets het om weg te gee, hou jou kommentaar vir jouself.

RiaB ·

Stem saam met jou Piet Pompies. Dis ‘n wonderlike projek wat baie vreugde bring aan die wat dit regtigwaar nodig het.

humor ·

Geen probleem met die die brei van serpe ens. Die verspreiding hou egter nie rekening met die werklikheid nie. Sal nie verbaas wees as daar binne kort nie n enkele serp te siene is nie. Hier in onse dorpie sou al heelwat verkwansel wees vir drank. Jammer maar dit is so!!!!

humor ·

Maroela julle weerhou weereens my kommentaar. Ek volstaan daarmee. n Vergrype aan hierdie pragtige gebaar wat so eie aan die mens is ongeag die ras sal net neerkom op n verkwisting van baie kobare geld en gebrekkige waardering t.o.v. goedheid.

Annie ·

Dis regtig so maklik om jou hart te verhard en net ander pad te wil kyk en nie hand uit te steek nie, maar ek ken mense wat regtig baie hard werk vir skaars genoeg om net siel en liggaam aanmekaar te hou. Ek dink as jy so geseend is om te kan gee, kan jy maar gee……. ek stop baie keer en dink : wat sal Jesus doen? Nie almal wat behoeftig is, is sommer net sleg en krimeneel nie.

t ·

Ek sou graag wil dink hy sal die luiaards wat heeltemal gesond genoeg is om te werk betug en hulle stuur om te gaan werk. Hopelik sal hy die kriminele met ‘n gevlegde swepie aanjaag terug Zim toe.

RiaB ·

Ai mense kan julle nie die son sien skyn op ander nie? Voor julle so kritiseer en gal braak vind eers meer uit van die projek. Vrywilligers gaan na ouetehuise en gemeenskapsentrums, self na tronke en leer mense om te hekel en te brei met wol wat deur weldoeners geskenk word. Die komberse, serpe en beanies word eerstens by kinderhuise en ouetehuise uitgedeel. Daar was nog geen klagte dat serpe gesteel is om verkwansel te word nie. Mense sal wel vra of hulle ‘n ekstra een kan neem vir ‘n kind of kennis. Gaan na die 67 Blankets webwerf en kyk eers wat die projek behels voor julle so kritiseer. Beter nog, gaan kuier saam met ‘n groep in jou omgewing en brei of hekel ‘n paar blokke wat dan ‘n kombers kan word vir iemand wat koud slaap. Carolyn Steyn is ‘n engel. Help maar eerder en raak betrokke. Jy kan ook aanvra vir ‘n instansie om komberse te ontvang. Alles is op die webwerf.

Heleen ·

Daar is so baie behoeftige mense uit ons minderheidsgroepe in Vanderbijlpark…daar is mense wat wonderlike werk verrig om hulle te help…ek ondersteun hulle …

Lorette ·

Ek en my dogters en suster was deel van die oorspronklike projek van 67 Blankets for Mandela en daarna ook die eerste serp projek. My dogter werk by ‘n instansie waar sy mans leer hekel het – ook haar eie man – dit het hulle besig gehou en ook geleer dat as hulle terug is in die samelewing, hulle iets kan doen om geld te in. Verskeie van die instansies in SA is betrek en dit werk fantasties! Hulle het ook aan serpe gehekel. Met die uitdeel van komberse is instansies gekies wat dit werklik broodnodig gehad het – oor die kleurgrens heen. So ook is dit by ons met die serpe – daar was seker gemaak dat daar slegs een per persoon geneem is – weereens oor die kleurgrens heen. RiaB, my dogter is in van daardie wat in gevangenisse mense leer hekel het en ek is trots op haar. Jy is reg, sommige van ons sien nie die son oor ander skyn nie. Daar is bitter arm mense in hierdie land – oor die kleurgrens heen. Baie van ons is deur misdaad geraak en ek het amper my pa en skoonouers verloor agv dit, MAAR dank die Vader dat hy hul bewaar het. Dit gee my egter nie die reg om almal oor dieselfde kam te skeer nie. Annie, dankie dat jy ook dink oor wat Jesus sou doen! Meer van ons moet so leef.

Ben Parsons ·

Dis ñ briljante idiee. Maar. Laat elke ras hul eie serpe brei en uit deel. Dan sien ons wat gebeur.

TP ·

Ek stem tot ‘n sekere mate saam met beide partye in die opsig. Wonder net of daar so ‘n inisiatief in Coligny van stapel sal gestuur kan word?

humor ·

Nou is sommige mense sommer mense wat nie kan sien dat die son op ander mense kan skyn nie. Vir my part kan daar n reuse fabriek onstaan gratis gerig op die behoeftiges. Dit moet net sinvol beskikbaar gestel word.

Engela ·

Dis so ‘n wonderlike projek. Hoekom is daar ALTYD ‘n klomp mense wat so iets afkraak? Ek sal graag wil hoor wat hulle sal sê sou hulle ooit in daardie behoeftige situasie beland. Ek en my man is albei bejaard met geen inkomste nie. Goddank ons kinders help ons om te oorleef.
Ek wonder wat bedoel Johann met “en sonder gewete dit verkoop aan hul mede landsgenote”. Moet dit nie eerder wees “ons mede landsgenote” nie?

Pam ·

Dink die idee is uitstekend maar daar is soveel siek (siek in die kop) mense daar buite wat hierdie mooi gebaar sal misbruik en ek dink maar aan verwurging as een daarvan. Ons woon ongelukkig in n siek Suid-Afrika !

Daleen Jansen van Rensburg ·

Wie brei? Daar is blanke plakkerkampe met vroue en kinders wat gaan verkluim van die koue. Hang jy die in die home kom haal enigeen dit. Selfs die wat werk het want alles wat vernier id gryp hulle en wat nie verniet is nie steel hul deesdae soos dit in Coligny die geval was

Wake-up Call ·

Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n pyp aangelê sypaadjie toe met ‘n selfsluitkraan. Bordjie opgesit, “Drink verniet” Binne 3 dae het mense kom emmers volmaak en dieselfde naweek het ‘n agtergeblewene die kraan net eenvoudig van die pyp afgedraai en laat spaander. Die water wat tot in die middel van die pad gespuit het het my aandag getrek. Nodeloos om te sê, ek het die pype uitgehaal en my barmhartigheid gestop.
Die Bybel sê ‘n Christen moet die ander wang draai. Daar staan niks dat jy nie mag koes nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.