[Foto’s] Dit brand in Tsitsikamma

Die brand by die Cattle Baron-restaurant. Foto: Verskaf

Die brand by die Cattle Baron-restaurant. Foto: Verskaf

Vakansiegangers en besoekers aan die Tsitsikamma Nasionale Park buite Jeffreysbaai in die Oos-Kaap word versoek om tot verdere kennisgewing genoeg van hul eie voedsel daarheen te neem nadat ʼn brand die plaaslike restaurant en winkel verwoes het.

William Mabasa, kommunikasiehoof van SANParke, het gesê voorlopige ondersoek dui daarop dat die brand Vrydagaand in die Cattle Baron-restaurant ontstaan het. Die brand is vinnig tot die gebou beperk en het nie na die res van die Stormsrivier-ruskamp versprei nie. ʼn Helikopter is ook na die park ontbied om te verseker dat die brand nie na die woud versprei nie.

Die brand is in bedwang gebring en geen beserings is aangemeld nie.

Mabasa het gesê die volgende stap is om die presiese oorsaak van die brand te bepaal en die omgang van die skade vas te stel. Versekeraars sal Sondag die park besoek om skade te bereken.

Vakansiegangers wat reeds vir die somervakansie plek daar bespreek het, hoef nie bang te wees dat hul vakansieplanne te veel geraak gaan word nie.

Bedrywighede by die Stormsrivier-ruskamp duur voort en besoekers kan voortgaan om daar te kampeer en die park te besoek. Besoekers word egter versoek om hul eie voedsel te bring tot verdere kennisgewing.

Die moontlikheid word ondersoek om tydelike geriewe vir die restaurant en winkel op te rig. Mense met navrae kan die park se ontvangs by 042 281 1607 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jane ·

Ai dis jammer. Maar die foto’s laat my verlang na die Otter staproete, sjoe dis mooi wereld daai!

Peet ·

Dieselfde Jane, daar waar jy nog uit die natuur se stroompies ook kan water drink.

brenda ·

seker weer n vuil extractor!! hierdie kosplekke wil nie leer nie!!

Willie ·

Nee Jan, as ek reg onthou groen sinkdakke. Heerlike restaurant gewees daardie, op een van die mooiste plekke in die wereld…. Wanneer herbou hulle?

Jan ·

Dankie Willie, as ek een van die fotos groot oopmaak, lyk dit of die geboue se mure van hout kon wees. Dit is ongelooflik dat die brand so vinnig kon versprei. Ek het toenterjare ook ‘n sinkdakgebou sien brand, die lug wat onder die dak vasgevang was, het die vuur net aangeblaas, die vlamme hoog die lug in.

Helene ·

So jammer, die pragtige eet plek met mooi uitsig. So jammer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.