Foto’s: Dit sneeu op Sutherland!

Sneeu op Sutherland. (Foto: Storm Report SA/Twitter)

Bibberweer het Dinsdag soos verwag gesorg vir sneeu in sommige dele van die land, insluitend die Wes- en die Noord-Kaap.

Luidens inligting van Storm Report SA het fyn sneeu op Sutherland in die Noord-Kaap uitgesak. Dit terwyl die Kammanassie-berge in die Klein-Karoo vanoggend met ’n sneeukombers bedek is.

Sneeu het ook in die Swartbergpas, die Tradouwpas en in die Matroosberg-natuurreservaat in die omgewing van Ceres in die Wes-Kaap geval.

Maroela Media het vroeër berig die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat temperature reg oor die land Maandag en Dinsdag beduidend sou daal. Die weerdiens het ook sneeu op die Wes-Kaapse berge en die verre suidwestelike dele van die Noord-Kaap voorspel.

Temperature behoort teen Woensdag weer te begin styg hoewel wydverspreide ryp en koue dan oor die binneland verwag kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Misky ·

Ek bibber net om na die mooi fotos te kyk!!!! Ons bly in Durban en selfs hier is dit koeler as gewoonlik vandag en buite so geniepsige windjie. Kan net dink watse impak die koue op die corona virus gaan he

Cathy ·

Om nog tydens hierdie grendelstaat tye in die koue weer moet oorleef in dorpies wat geen genoegsame ekektrisiteit aan inwoners beskikbaar stel.

johan ·

Ek dra nog my kort broek in Noord wes so ek vrees nie koue nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.