Foto’s: Dolfyn wat uitspoel gered

Foto: NSRI

ʼn Dolfyn wat op ʼn strand in Port Elizabeth uitgespoel het, is veilig terug in die see vrygelaat.

Dié toneel het Saterdag vroegoggend by die Cape Recife-strand in die Oos-Kaap afgespeel. Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is sy plaaslike bemanning omstreeks 07:20 in kennis gestel van die dolfyn wat op die strand lê.

Die NSRI het saam met seereddingsvrywilligers, personeel van Bay World en werknemers van die Nelson Mandela Bay Marine Animal Stranding Network na die toneel gehaas.

Ian Gray, bevelvoerder van die NSRI in Port Elizabeth, het gesê vrywilligers en beamptes het dr. Greg Hoffman gehelp om die volwasse vroulike dolfyn op ʼn spesiale draagbaar en daarna in Bay World se voertuig te laai. Die dolfyn is toe na die NSRI se seereddingstasie geneem.

“By die stasie het die JLT Rescuer-seereddingsboot gereed gestaan en die dolfyn is na die boot oorgeplaas. Ons het haar ongeveer vier seemyl die see in geneem waar sy om 10:05 vrygelaat is,” het Gray gesê.

“Ons is versigtig optimisties dat sy dié beproewing sal oorleef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.