[Foto’s] Donkies gebruik om motor te smokkel

Foto: SAPD

Polisiebeamptes het Maandag toegeslaan op ʼn toneel waar verdagtes donkies gebruik het om ʼn Mercedes Benz-motor oor die grens van Suid-Afrika na Zimbabwe te smokkel.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voertuig is onderskep kort voordat dit in Zimbabwe in verdwyn het. “Die verdagtes het donkies gebruik om die motor oor die Limpopo-rivier te trek, maar die donkies was skynbaar nie in staat om dit deur die sand te sleep nie. Dit is toe dat ons lede toegeslaan het,” het Mojapelo gesê.

Hy het gesê die verdagtes het almal in die bosse in aan Zimbabwe se kant van die grens gevlug toe die polisie opdaag. Mojapelo kon nie onmiddellik bevestig of die Mercedes Benz vroeër as gesteel aangemeld is nie.

Die polisieondersoek duur voort.

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

johnny_walker ·

stem saam , dit is tog waarvoor n weermag eintlik daar is

thelsa ·

Motorprestasie word in perdekrag gemeet – nie donkiekrag

John ·

Moes die donkies die motor trek of stoot? Donkies verkies gewoonlik om iets staan-staan te doen of weet hulle hul velle is deesdae meer werd as die karretjie in die loop.

snoefie ·

oortreders te voet sal altyd weg kom. die polisie lede is mos nie in staat om te hardloop nie.

Leeutjie ·

Nou het ek alles gesien!!! LOL!!! Op die 2de foto lyk die motor klaar beskadig! Ek is seker dit het nie so gelyk voor die diefstal nie! Se maar net!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.