[Foto’s] Doodskis-video-saak: Regter, beskuldigdes besoek toneel

Theo Martins Jackson en Victor Rethabile Mlotshwa op die toneel waar die video glo geneem is. Foto: Phillip Bruwer

Die tweede dag van die veelbesproke doodskis-video-saak het Dinsdag met ʼn ondersoek ter plaatse in die Blinkpan-omgewing buite Middelburg in Mpumalanga afgeskop.

Die onderskeie regspanne, die regter, beskuldigdes en die vermeende slagoffers in die sogenaamde doodskis-video-saak asook die media was teenwoordig.

Die staat en verdediging het verskeie plekke van belang uitgewys. Die beskuldigdes, Willem Oosthuizen en Theo Martins Jackson, sowel as die klaers, Victor Rethabile Mlotshwa en Delton Sithole, het ook saam met hul regspanne plekke van belang aan regter Sheila Mphalele uitgewys.

Die ondersoek ter plaatse het begin by Oosthuizen se voormalige woonplek en die plaas wat hy bestuur het. Oosthuizen het uitgewys waar hy Mlotshwa vir die eerste keer in die mielielande gesien het en gesê Mlotshwa het van daar na ʼn naburige plaas oor ʼn treinspoor gehardloop.

Dié plaas, waar Jackson toe ʼn voorman was, behoort aan Johannes de Beer. De Beer was Maandag die staat se eerste getuie. Dit het tydens die verhoor aan die lig gekom dat ʼn voetpaadjie wat inwoners van die Big House-nedersetting langs die Komati-kragstasie gebruik, oor De Beer se plaas loop.

Die voetpad. Foto: Phillip Bruwer

Robert Molokoane, die staatsaanklaer, het aan De Beer gevra of mense oor die algemeen toegelaat word om die voetpaadjie te gebruik waar Mlotshwa deur Oosthuizen en Jackson voorgekeer is omdat hy die plaas betree het. De Beer het gesê die voetpaadjie word nie gewoonlik gebruik nie, maar het gesê sommige mense stap wel daar sonder toestemming.

“Ons het ʼn probleem [met mense wat die voetpaadjie gebruik] oor diefstal. Maar ons konfronteer nie die mense wat die paadjie gebruik nie, want dit gebeur baie,” het De Beer gesê.

Mlotshwa het vroeër aan die hof gesê hy het deur ʼn veld gestap toe die beskuldigdes hom voorgekeer het. Hy het gesê hy is aangerand en vasgebind en later gedwing om in ʼn doodskis te klim. Hy beweer die twee mans het voor dié voorval glo ook ʼn ander man, Sithole, aangerand. Die beskuldigdes het aangevoer Mlotshwa het koperkabels gesteel en hulle wou hom ʼn les leer. Hulle het gesê hulle het nie bedoel om Mlotshwa leed aan te doen nie.

Die ondersoek ter plaatse was net voor middagete voltooi. Oosthuizen word deur adv. Wayne Gibbs verteenwoordig, terwyl Jackson deur adv. Org Basson verteenwoordig is. Die verhoor het daarna in die Middelburg-hooggeregshof voortgegaan, waar dit tot 10 Augustus op die hofrol geplaas is.

Jackson en Oosthuizen staan tereg op sewe aanklagte, waaronder die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen, twee sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer, ontvoering, poging tot moord, intimidasie en dwarsboming van die gereg.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

snoefie ·

kinderagtige verkiesing van belasting geld. die polisie kon die twee al in Des n boete van R500 elk opgelê het. die grondbetreërs n biete van R250 elk. dan was duisende rande belasting geld beskikbaar om hospitale se uitstaande mefikasue rekenings mee te betaal.

Oom Walker ·

Snoefie, wat bedoel jy met: Verkiesing? Biete? Mefikasue?

Peet J ·

Stem saam , die wrede plaasmoorde word deur ‘n instansie , weet wat ek bedoel, deur gehuurde laksmanne (beule) op ons Afrtikaners uitrgevoer hulle tree op as teregstellers.Ons het een keuse en dit is om na die Noord-Kaap te verhuis so ook in belang van ons kinders om vir hulle ‘n toekoms in hierdie land te probeer bewerkstellig.Ek is nie ‘n profeet nie maar volgens die toekomstige armmoedige omstandighede asook belaglike wetgewing wat toegepas word om mense te weerhou om aan hulle gesinne voedsel op ‘n eerlike wyse te voorsien is ek oortuig daarvan dat die hel op een of ander manier hier in Gauteng gaan losbars wat natuurlik ‘n rewolusionêre opstand kan veroorsaak met al die verskillende politieke partye se sienswyses. Ek wens hierdie twee manne sterke toe met hierdie be laglike hofsaak van die NVG.

Alida ·

Hy soek aandag. Nie n skrapie opgedoen nie en eers 2 maande later gaan kla. Belaglik! Hoop die regter neem dit in aanmerking en skrap die saak van die rol.

Besemryer ·

Is dit in alle gevalle van alle moorde of pogings daartoe ‘n beleid om die plekke te gaan besoek waar sodanige ‘aanvalle’ plaasgevind het? Het nog nie gehoor v regters/landroste/magistrate wat plase besoek waar mense afgemaai word nie?

Catryn ·

… goeie vraag … eensydig liberaal-verligtes regsbank … die ou was nie eers aangerand … Wonder of regters nie skaam kry nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.