[Foto’s] ‘Doom-profeet’ gekap; ondersoek begin

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Sosiale media is behoorlik aan die gons nadat foto’s aan die lig gekom het van ʼn profeet wat sy gemeentelede met die insekdoder Doom spuit.

Foto’s word sedert die naweek versprei van die profeet, Lethebo Rabalago, van die Mountzion General Assembly in Limpopo wat sy gemeentelede in die gesig en op ander liggaamsdele met Doom spuit om hul te “genees”.

Rabalago het intussen aan eNCA gesê hy gebruik Doom om mense met kanker, MIV/vigs en ander siektes te genees.

Op die gemeente se Facebook-blad word daar gesê die profeet beveel demone om in mense se liggame in te gaan sodat hulle kan manifesteer waarna hy dan begin om met die demone te praat en hulle uit die mense se liggame uit te dryf.

Tiger Brands, die maatskappy wat Doom vervaardig, het intussen in ʼn verklaring gesê hulle is uiters bekommerd oor Rabalago se optrede. “Dit is onveilig om Doom of enige aërosolproduk in mense se gesigte te spuit. Doom word vervaardig om spesifieke insekte te dood. Om die produk vir enigiets anders te gebruik dra sekere risiko’s en kan dus gevaarlik wees.” Volgens die maatskappy sal hulle met Rabalago kontak maak en hom versoek om die praktyk te staak.

Mpiyakhe Mkholo, woordvoerder van die kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van godsdienstige en linguïstiese gemeenskappe, het intussen gesê die kommissie het met skok en afgryse van Rabalago se praktyke verneem. Mkholo het gesê hul regspan oorweeg die saak met die moontlikheid om stappe te doen.

“Die kommissie doen ʼn beroep op enigiemand wie se regte en oortuigings geskend is om dit aan die kommissie te rapporteer,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Ouvrou ·

Hahahahaha! Pragtig! Vigs was ‘n wit komplot en het nie gewerk nie. Los uit mense, kom ons kyk wat gebeur. Daai antie in die VSA het miljoene gekry omdat lyf poeier haar kanker gegee het (Shame niemand het haar vertel sy moet dit nie snuif nie). Ek kan nie wag om die einde van hierdie storie te lees nie

Karen van Zyl ·

Lag, ek het so baie maar ongelukkig kan ek dit nie noem nie, sjoe………. wat ‘n storie g’n wonder die res van die werêld lag vir ons nie….

Oom Doom ·

O hel ek het moeilikheid as my vrou die storie lees. Sy se hoeka as ek so paar aandjies in die week laterig van die kroeg afkom eks so dronk soos n TOR.
Ek sien al hoe spuit sy my met die bladdie goed. Enige raad van jul mensies?

Justin ·

@Oom Doom, dan sal jy ñ silent tactic moet gebruik, want as jy getrek by die huis in-Zoooooom gaan sy jou definitief met die Doom bykom.

bokwa ·

Dagvaar die maatskappy wat doom vervaardig, hulle sal vergoed as daar nagevolge is ?

Johan ·

Dis wat gebeur as jy education decolonise…. die weste sê doom is gif….my voorvaders sê doom is wonderkuur vir alles van bosegeeste tot kopkuise……net in afrika….

Justin ·

Laat my na so ñ paar jaar terug dink toe Thabo se Manto by die wêreld vigs konferensie opdaag met ñ groente stalletjie en die res v/d wêreld hul moderne medisyne uitstal….. Verbaas my glad nie.

Justin ·

Laat my nou na so ñ paar jaar terug dink toe Thabo se Manto by die wêreld vigs konferensie opdaag met ñ groente stalletjie en die res v/d wêreld hul moderne medisyne uitstal….. Verbaas my glad nie.

Lilla B ·

O genade!! Nou verstaan ek die term doem profeet beter…of is dit nou liewer doom profeet? : )

Karen van Zyl ·

“Lilla” mooi gesê, skies julle maar ek kan nie help om so te lag dat die trane loop nie.

Piet ·

Moet hulle nie met rus gelaat word nie? Onder die land se grondwet het mense mos die reg om sy geloof te beoeffen sonder vrees vir enige diskriminasie!

Adrie Hoffmann ·

Hy het verseker Doom gesnuif – dis so totaal absurd en die mense val vir dit! Beyond verstaan.

marie visser ·

Hy kan seker nie lees nie. Op die blikkie staan duidelik vir kruipende of vlieënde insekte. Kla hom aan vir diskriminasie en poging tot moord.

Justin ·

Laat my na so ñ paar jaar terug dink toe Thabo se Manto by die wêreld vigs konferensie opdaag met ñ groente stalletjie en die res v/d wêreld hul moderne medisyne uitstal….. Verbaas my glad nie.

Tannie ·

Ai mense, baie dankie vir julle kommentaar! Ek het naderhand gehuil van die lag, en die kinders het kom kyk wat gaan aan met hulle ma. Nou is aandete effe laat…

Jan ·

As ek nou iets sê gaan ek gesensureer word en as ‘n rasis uitgekryt word.

Johann ·

As dit nie nie naam krater maak nie, weet ek nie wat dit is nie.

Jakobus ·

Waar is die EFF met hul rooi barette, waarom betoog hulle nie teen sulke rasisme nie. Ek skaam my dat mens jou eie nasie so af kraak. Ek het nie woorde nie. Geen wonder daar is persepsies in die land nie.

Ek sien ook nie eintlik reaksie uit hul eie geledere nie.

Petro ·

Jy is nogal reg …waar is Malema nou? Hoekom betoog hy en sy trawante nie hier ook nie??. dis blatante uitbuiting en vernedering.. maar lyk my hy is ok daarmee…go figure…

Johanna Botha ·

Nou so lekker gelag …dankie pastoor jy het ons almal nou regtig lekker vermaak

TM ·

Broers en susters dit SPUIT my maar ons mag dalk bestem wees vir die verDOOMenis. Ons almal is maar net ‘n GAS op die aarde. Ons moet altyd ‘n BLIK op ons omstandighede neem en nadink. SPUIT kom altyd te laat.

Karen van Zyl ·

“TM” en al die ander, skerp antwoorde, ek lag so verskriklik lekker julle maak my dag.

Annelize ·

TM, ek het nou letterlik in my tee verstik soos ek vir jou kommentaar gelag het, ek moes nou eers die tee van die rekenaar afvee. Dis nou skerp, flippen skerp.

Justice ·

Op ‘n ernstige noot – hierdie man is sertifiseerbaar en ‘n gevaar vir sy volgelinge.

popeye ·

Nuus vanuit Limpopo Provinsie gee my altyd die idee hulle probeer daar om die swakste van alles en in alles en met alles te wees!

RC ·

Ek was nou nuuskierig om te sien wat al die kommentaar oor gaan en ek het nou lekker gelag vir julle. Dis regtig so snaaks.

Lance ·

Daar is nog goeie profete wat hulle werk erenstig opneem en dit is beneidenswaardig en behoor aangemoedig te word .

foxi ·

En so glo hulle alles….tot vir nr 1. Wha ha ha ha haaaaa!!!!!!!

Mossie ·

Daar is baie “doom” profete in ander kerke wat met baie ander goed wegkom en ewige letsels laat.

Elize ·

My genade, kan jy nou meer, en hulle staan so waar dat hy hulle spuit.

neelsie ·

Watter ander onheilighede word nie nog in hulle koppe ingespuit nie?

Donovan ·

die praktyk om demone uit te dryf is normaal maar om mense met Doom te spuit is mallegyt… Dit is nie in sy toedoen dat die demone luister nie is die Heilige Gees wat die werk doen… HY dryf nie die duiwels uit nie… HY is net gehoorsaam… maar loose the DOOM…

Theresa ·

Het nou so lekker gelag – byna van my stoel afgeval!!!! En dankie vir skerp kommentare.
Die gesigsuitdrukkings ten tye van die spuitsessie is SO snaaks! Foeitog!! Nee kyk, die beste grap van die jaar.

ANONIEM ·

hY GEE NUWE BETEKINIS AAN DIE WOORD DOEM OF SAL EK SE DOOM PROFEET. WAAR IN DIE LEWE……….

Betta ·

Ek het n hele paar vriende oorsee en hulle lag hulle dood oor die hele grap. As dit nou n wit profeet was wat hulle in die gesigte gespuit het was daar weer na die menseregte kommissie toe gehardloop. Hoe kan mens jou so laat verneder en nog betaal daarvoor. Hy maak n bespotting. Inbrekers het my hond met Doom gespuit in die oë en syt blind geword.

Charmaine ·

Wat my so bitter ontstel is die feit dat hy eers ‘n “demoon” in stuur sodat hy met hom kan praat en dan spruit hy sy doom. Hy dryf geen geeste UIT nie hy dryf hulle IN. Ek kan dit nie glo nie. Hierdie man is ‘n moordenaar van siele! Niks hiervan is ‘n grap nie.

Johan ·

Verbaas dit enige iemand???? dalk moet hy malewma ook spuit ha ha ha ha

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.