[Foto’s] ‘Doom-profeet’ het internet op hol

doom9Daar word behoorlik die draak gesteek met die profeet wat sy gemeentelede met die insekdoder Doom spuit.

Foto’s word sedert die naweek versprei van die profeet, Lethebo Rabalago, van die Mountzion General Assembly in Limpopo wat sy gemeentelede in die gesig en op ander liggaamsdele met Doom spuit om hulle te “genees”.

Rabalago het intussen aan eNCA gesê hy gebruik Doom om mense met kanker, MIV/vigs en ander siektes te genees.

Sosialemediagebruikers het intussen nie die kans verby laat gaan om die spot met Rabalago te dryf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Jan ·

Hy het dit darem net op die mense se gesigte en liggaamsdele gespuit.

Johan ·

Nou waarvoor werk ons as ons net ons beursies met doom kan spuit dat dit vol kan word? Of spuit sommer jou bank kaart en om te dink ons mors dit al die jare op goggas!

Ek lag lekker vandag! ·

Johan, nou het ek gelag – gaan NOU my bankkaart wat so leeg is uitruk en beginne spuit! Ai mense, ek lief die kommentare hier – dis tog lekker as mens nog ‘n sin vir humor het en dankie Maroela dat julle nou hierdie juweeltjies uitgekrap het!

Troedels ·

“Nothing goes over my head. My reflexes are excellent and I would catch it.”

foxi ·

Ons springbokspan moet ‘doom’gebruik as n reukweerder, dit sal sowaar die ander spanne flou maak. Go DOOM bokke!!!!! : )

Regina ·

Ek wou vandag n paar blikke kry want dit is dalk net die oplossing vir die moeilike maande wat voorle, wie weet, dalkies is net n spuit of twee daarvan genoeg
om jou beursie sonder ophou te laat bult van al die geld, dalk oneindige voordele, soos daardie DOOM-inie se! Maar ek kon nerens geholpe raak nie, die rakke was dolleeg, selfs die verskaffer se hul voorraad is uitgeput. Wat n reuse teleurstelling! Nou gaan die vliee en brommers boonop floreer oor die vakansieseisoen met geen blik Doom in sig nie!

Hendrik ·

ek het al die wikels se doom gekoop en het dit verkoop teen 10 keer die prys. die ongeluk is dat my kliënte die leë blikke terug bring en eis hul geld op want dit help nie eers vir stink voete nie.

What a joke! ·

Only in Africa!…
eischhhh doom wena hoagh..
hehe.
Gee kom malema en nuba wone sommor bainja doom..

Daan Naude ·

Jy kan skynbaar iemand ‘n sluk Doom gee, moet net ‘n gesig pers verf nie! Het julle al gesien hoe pers word iemand as jy hom in die gesig spuit met Doom. Kan werklik nie die logika agter hierdie man se mentaliteit verstaan nie.

EISH ·

Hoop AC het internet om die Doom ad te sien, saterdag se game kan dan dalk anders uitdraai as hy n doom taktiek kan gebruik vir sy span……….

charmaine ·

Wonder of dit die vettjies ook sal laat smelt?Sal maar spuit vannaand en kyk of die vette afval!

As jy dom is moet jy maar gespuit word!

Kitty ·

Nou lag ek so lekker van al die spot idees wat hulle so maklik glo…

Koos1 ·

Ek wonder, miskien kan iemand my help. Werk Target of Raid ook? Raid is baie goedkoper as Doom, kry jy dan minder as wat jy Doom sou gebruik?

Pendoring ·

…en dit mense is die ontwikkelingsvlak van die mense wat oor ons regeer…

Lance ·

Almal lag weer vir SA …dalk sal die wereld nou verstaan met watse kaliber mense SA sit wat sulke goed doen en glo …hehe

Angelique ·

Al wie se beursies vol is, is Doom se vervaardigers…..

CAROL ·

HOOP HY SPAAR BLIKKIES DOOM VIR MY – EK MOET DESEMBER SPRING-CLEAN

liza ·

He He He…… dankie vir die lekker humorsin wat ons nog het, ek wil net graag weet of die Doom vervaardigers nie ‘n verteenwoordiger soek nie, ek is bereid om te verkoop in al die lande…..

DOOM-MUST-FALL ·

Kom nou mense gee die man wat hom toekom . . . . hy is baie oorspronklik en die Doom werk (hy glo dit) Doom werk teen vlieënde insekte (demone) en hul sê mos you can kill a virus (siektes) eish . . . tong in die kies ja maar op meer ernstige noot :
Daar staan geskrywe ” My volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis “

Marietjie ·

Ek het gedink om dit op my bankkaart te toets, maar my grootste probleem is daar is nie geld in om ‘n blik te koop nie, dink julle die winkel sal toelaat dat ek dit toets in die winkel self?

My tweesent bydrae ·

Moenie vra nie Marietjie . Spuit net . Die winkeleienaar sal nie omgee as jou kaart skielik vol is en jy hom driedubbel kan vergoed nie .

vytjie ·

het nou so pas by `n ander nuusblad gesien `n oompie maak sy kar vol met Doom vir petrol.hahaha

Ou Krimpvarkietjie ·

Is doom-doom-doom die antwoord om alles en almal in Suid-Afrika te dekolonialiseer? Ek vra maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.