[Foto’s] ‘Drake’ spook dit uit sodat kinders kan lees

Amabelles teen die Dragon Warriors Foto: Maroela Media

Amabelles teen die Dragon Warriors Foto: Maroela Media

Oxford University Press het Saterdag gewys hoeveel murg is in hul pype toe hulle die jaarlikse fondsinsamelingsdraakbootwedvaart by die V&A Waterfront gewen het.

Oxford University Press het in die laaste rondte die Nelson Mandela Rhodes-stigting net-net geklop. Die Mandela Rhodes-stigting is aangewys as die span met die beste gees.

Roeiers het mekaar tydens dié prettige geleentheid uitgedaag om oudpresident Nelson Mandela se nalatenskap en toewyding tot opvoeding te vier. Dit was Saterdag die twee jaar herdenking van sy afsterwe en ʼn lourierkrans is die oggend vroeg by Mandela se standbeeld op Nobel-plein neergelê. Prof. Njabulo van die Mandela Rhodes-stigting het Madiba se nalatenskap vereer voor Jolyn Phillips, ʼn student van die stigting, die skare gelei het om die nasionale volkslied te sing.

Die draakbootwedvaart het begin toe twee jong spanne, JinHai en Dragon Warriors, mekaar aangedurf het. Die tieners in dié spanne is in graad 8, 9 en 12.

BBP’s het mekaar in die volgende rondte uitgedaag en minister Debbie Schafer, LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, was een van dié BBP’s.

Meer as 50 miljoen persone in nagenoeg 60 lande neem jaarliks wêreldwyd aan draakbootwedvaarte deel. ʼn Moderne draakbootspan bestaan uit 18 – 22 persone, waaronder die roeiers, ʼn stuurman en ʼn dromspeler wat die maat hou en roeiers aanmoedig. Groter draakbote het tot 52 of selfs 104 persone aan boord en “baba drake” het 10 persone aan boord.

Alle geld wat Saterdag tydens die wedvaart ingesamel is, word geskenk aan Wordworks, ʼn niewinsgewende-organisasie wat vroeë taal- en geletterdheidsopleiding onder kinders uit voorheen benadeelde gemeenskappe in Suid-Afrika bevorder. Wordworks is in 2005 op die been gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Met sommige beriggewings soos hierdie een vat dit jou terug na gebeure in die verlede . Hier is dit 20 Mei 1983: Die Kerkstraatbom . . . Die doodmaak en verminking van onskuldige mense.

Martin ·

Ek was betrokke daardie dag in 1983, maar die berig herhinner my nie aan dit nie. Wat mis ek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.