[Foto’s] Dramatiese skietgeveg in Lyttelton

Die toneel in Lyttelton, Centurion. Foto: Nico Strydom

Die toneel in Lyttelton, Centurion. Foto: Nico Strydom

ʼn Skietgeveg tussen vermeende kapers en die polisie is glo die rede vir die dramatiese toneel wat hom tans in Lyttelton in Centurion afspeel.

Maroela Media was omstreeks 12:45 op die toneel, op die hoek van Cradock- en Trichardtstraat, waar polisielint ʼn groot gedeelte van die buurt en pad afsper. Polisievoertuie is oral, terwyl lede van die polisie se forensiese eenheid doenig is op die toneel.

Volgens Stop Misdaad SA se Facebook-blad het die polisie vermeende kapers van Pierre van Ryneveld af agternagesit tot in Lyttelton, waar die verdagtes se voertuig teen ʼn muur gebots het. Drie verdagtes het na bewering uit die motor gespring en op die polisie losgebrand.

Die polisie het volgens Stop Misdaad SA teruggeskiet en ʼn man op ʼn motorfiets is in die kruisvuur vasgevang. Hy is na bewering op die toneel dood.

Volgens die verslag is een van die verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem, terwyl die ander twee vermoedelik op die vlug geslaan het. ‘n Polisiehelikopter help tans om die toneel te fynkam.

ʼn Woordvoerder van die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie. Maroela Media sal meer inligting gee sodra dit beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Grotman ·

N onskuldige persoon sterf, een skelm vas en res kom weg?? Nie verbaas nie…

Maakmynaar ·

Hierdie is nie meer Suid Afrika nie. Die wet van die oerwoud geld tans in Kommunistiese Azania. Die sterkstes sal oorwin en die res van ons gaan dit nie maak nie! Geen wet of orde, net belasting om te betaal…

Lettie Kriel ·

wet en orde bestaan gladnie meer nie. Jy mag steel, moord pleeg, verkrag ens. Ons land word dan regeer deur moordenaars, korruptes en verkragtes. Slegs ‘n ingryping van Bo sal ons kan verlos van die bose

Ansie de Beer ·

Jammer oor die persoon op die motorfiets. Hoop hulle vang die res.

Johann Bronn ·

Dis jammer van die onskuldige bystander. Kriminele voel n veer vir wie of wat hulle raakskiet as hulle op die polisie/sekuriteit skiet wanneer hulle probeer ontvlug. As polisiebeampte was ek al genoeg in daardie situasie gewees. Die chaos van so ‘n situasie is onbeskryflik, vir die wat dit nog nooit ervaar het nie.. Die gearresteerdes sal maar moet praat oor hulle maatjies..

Tom ·

Nes in die massa media, die movies. Lekker man! lot o action! Moenie kla nie. Geniet dit!

Andre ·

Word op die toneel gevang maar hulle is verdagtes en verneemdes

Takkie ·

Andre, Maroela het hierdie al baie verduidelik. Jy mag nie in ‘n publikasie van enige aard sê dat ‘n persoon ‘n rower of moordenaar of wat ook al is nie, totdat daai persoon deur ‘n hof skuldig bevind is nie. Dan mag jy hom dit noem. As jy iemand ‘n moordenaar noem in die publiek en daar is nie ‘n hof skuldig bevinding nie, gaan jy betaal vir laster. Dit is die wet wat hulle moet gehoorsaam, daarom die “vermeende” voor aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.