[Foto’s] Drie dood in gru-ongeluk met sportmotor

Foto: Verskaf.

Drie mense is Sondagaand in ʼn gru-ongeluk in Port Elizabeth dood.

Charles Bramwell, adjunkdirekteur van die Oos-Kaapse verkeersdepartement, het aan Maroela Media bevestig drie mans is dood nadat hulle uit ʼn Audi R8-sportmotor geslinger is.

“Die ongeluk het op die M4 by die Mount Road-afrit op pad na Somerstrand gebeur,” het Bramwell gesê.

Ao. Alwin Labans, woordvoerder van die polisie, het die name van twee slagoffers aan Maroela Media bevestig. “Die een is Philip Weyers-Henderson (50) en die ander Jarryd Mickinnon (26). Die derde oorledene is nog nie geïdentifiseer nie.”

Die bestuurder het vermoedelik om ʼn draai beheer oor die voertuig verloor. “Bewyse op die toneel dui aan dat die voertuig die plaveisel en metaalversperrings getref het voor dit teen ʼn paal wat oorhoofse treinkabels ondersteun, gebots het,” het Bramwell verduidelik.

Volgens Bramwell het die motor moontlik vir ʼn wyle deur die lug getrek tydens die voorval. “Die voertuig het weg van die pad af tot stilstand gekom en is op treinspore langs die see opgespoor. Die liggame van die oorledenes is tussen 30 en 40 m weg van die voertuig af gevind nadat hulle vermoedelik uit die voertuig geslinger is.

“Dit wil voorkom asof daar drie mense in die sportmotor was hoewel daar net sitplek vir twee mense is,” het Bramwell gesê. Die slagoffers het veelvuldige beserings opgedoen tydens die voorval en is op die toneel dood verklaar deur nooddienste.

Geen ander voertuie was betrokke in die ongeluk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sports ·

3 in n 2sittende voertuig. Spoed, en geen veiligheidsmaatreels gevolg nie.

Scalla ·

Dit is dalk nie die gesteelde maserati wat klaar vermom is nie.

huggy bear ·

Dit is my grootste vrees om as passasiers-wat-n-plek-SOEK-om-te-gebeur in n motor te wees saam met n onverantwoordelik dryer wat my lewe in gevaar kan stel.
Soortgelyke het ek die grootste vrese dat as ek onverantwoordelik sou optree dit die.dood.van onskuldige mede passasiers in my motor tot gevolg kan he

thelsa ·

Beroemde laaste woorde ” . . check hier wat kan hierdie ding doen”

riana ·

Ja nee ek stem saam te vining gery en mens ry nie so met mense in die voertuig nie jy hom wil toets vir spoed wees dapper alleen. Nou vat jy ander mense se lewens ook.
spoed het nie brieke nie.

Penelope ·

Heel duidelik was spoed betrokke! Onverantwoordelik met ander in jou voertuig! Jammer vir die families.

judith ·

SPOED WAS BETROKKE VERSEKER!!!!! en drie mense betaal vir hulle lewens so onnodig! en die ouer persoon van 50? die verantwoordelike een sou ek gedink het?

Anoniem ·

Is dit dalk moontlik dat die derde persoon ‘n voetganger was?
Miskien het die voetganger oor die pad geloop en die bestuurder het te vinnig gery en toe hy probeer uit swaai het hy beheer oor die motor verloor. Dit is dalk ook die rede hoekom die een nie geidentifiseer kan word nie

Chris Ws ·

Bestuurder is skuledig aan die ongeluk.Te veel geld en te min bestuurs kennis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.