Fotos: Drie dood in ongeluk, bier geplunder

Drie mense is dood en ʼn vragmotor wat bier vervoer, geplunder nadat verskeie motors Saterdag in ʼn ongeluk op die N2 in KwaZulu-Natal betrokke was.

IPSS Medical Rescue het Saterdag gereageer op noodoproepe oor die ongeluk tussen Stanger en Zinkwazi naby die KwaZulu-Natalse kus. Verskeie voertuie, waaronder ʼn biervragmotor, was in die ongeluk betrokke. Volgens Arrive Alive het paramedici vier pasiënte op die toneel behandel, van wie twee in ʼn kritieke toestand was en nog twee ernstige beserings opgedoen het. Drie mense is op die toneel dood verklaar.

“Lede van IPSS Medical Rescue en ander nooddienste probeer die toneel opruim, maar hul pogings word belemmer deur plunderaars wat die afleweringsvoertuig van sy vrag besteel,” het nooddienswerkers Saterdag gesê.

Dit lyk of die ongeluk gebeur het toe een voertuig verskeie ander probeer verbysteek het, waartydens die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en teen die vragmotor vasgery het.

Die ongeluk het veroorsaak dat verkeer aan weerskante van die snelweg opgehoop het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

JM ·

Een ding wat uitstekend in hierdie land gedoen word: PLUNDER!! Té wonderlik dat plunderaars altyd byderhand is.

Bennie ·

ek dink hulle moes dit n olimpiese spele item gemaak het..dan sou ons meer goud gekry het..

Anton ·

Jy verstaan hulle verkeerd. Hulle wou net seker maak daar is genoeg versnapperinge vir die begrafnis, die arme bloedjies :-)

Magda G ·

Die goed bly maar gulsig. Plunder is hulle werk. Geen breinselle

judbox ·

Die prentjie is so onbeskryflik hartseer, een kant die veg om lewe en dood, aan die ander kant plundery????????

Kos/drank wat oneerlik verkry is, smaak miskien goed, maar agterna sal jy klippe kou.

Karina ·

Ek het in die jare tagtigs in Pretoria gesien dat die bier trok het skaars sy vrag afgegooi, toe wemel dit om die trok om die bier te plunder. Voor dit was daar nie ‘n mens in sig nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.