Foto’s: Drie dood na busongeluk in Franschhoekpas

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Drie mense is dood en 26 beseer nadat ʼn bus Saterdag in die Franschhoekpas die pad verlaat en omgeslaan het.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die bus het glo lede van die Groendal-rugbyklub vervoer. Volgens berigte het die bestuurder van die bus glo uitgeswaai om twee fietsryers te vermy en toe beheer verloor.

Volgens Medicare EMR was die bus op pad na ʼn rugbywedstryd in Grabouw. Drie buspassasiers is in die ongeluk dood. Die twee fietsryers is glo kritiek beseer. Een van die fietsryers is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.

Die ongeluk het verkeer erg ontwrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Wat ‘n tragedie!!!!
My hart gaan uit na die ouers wie se kinders hulle lewe verloor het, en almal wat beseer is. As ek moet raai, dan is dit weer arogante fietsryets wat in die pad gery het en soos gewoonlik moet alles en almal vir hulle uitswaai, want hulle dink mos die pad behoort aan hulle en dat hulle verhewe is bo die wet.

Janine N ·

Jy weet, ek wens regtig die Metro wil hierdie verdomde arrogante fietsryers begin vasvat! Dis algemeen bekend dat hulle weier om agtermekaar te ry, teen mens se kar klap as jy durf waag hulle aanspreek daaroor, spieëls afklap ens. Waar word enige padreëls nagekom?

Dit was ‘n onder 21 jarige rugbyspan. Jong kinders met hul lewens nog voor hulle. Innige simpatie aan die families, ook van die afrigter.

jacquie ·

Ek ry elke Saterdag oor daardie pas, het gelukkig die week Donderdag gery, maar die fiets ryers is n probleem, hul ry asof dit net hul reg is om op die pad te wees en ek is verbaas dat daar nie nog meer ongelukke plaas vind nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.