Drie geboue in Killarney Gardens in Kaapstad is Saterdagnag in ’n brand verwoes.
Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en-reddingsdienste in Kaapstad, sê brandbestryders is om 22:13 na die perseel van die maatskappy Starflex Plastics in Laudaweg ontbied waar hulle ure lank gespook het om die brand te blus.
Beamptes eerste op die toneel het vasgestel dat die brand na aangrensende geboue versprei het en meer hulpbronne is versoek.
Altesaam 52 brandbestryders kon met behulp van 13 brandbestrydingstoestelle die vlamme net ná 04:00 geblus kry.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Die oorsaak van die brand is in dié stadium onduidelik.
Carelse sê brandbestrydingspanne hou steeds die gebied dop sou die brand weer opvlam.
- (Foto: Verskaf)
- (Foto: Verskaf)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Iets lyk vir my baie “fishy” met so baie geboue wat skielik brand, veral in die Kaap. …..
EFF?!
Hou liewer die anc kaders dop !
die res van die land is afgebrand en vernietig….nou takel hulle die kaap
Van KZN na Wes Kaap!