“ʼn Waterpyp het gebars en die grond rondom in ʼn modderpoel verander waar die mans vasgekeer is,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici en die brandweer het by die toneel in Mount Moriah opgedaag. Die mans was onder die puin en modder vasgekeer.”
Nooddienswerkers het gespook om die mans te bevry en het hulle op die toneel gestabiliseer voor hulle na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.