Foto’s: Drie op Shosholoza Meyl vas oor dwelms

V.l.n.r.  konst. Simon Kganyego Koopman, die 72-jarige verdagte, 49-jarige vrou en konst. Luckyboy Mabusweng Foto: SAPD, Noord-Kaap

V.l.n.r.
konst. Simon Kganyego Koopman, die 72-jarige verdagte, 49-jarige vrou en konst. Luckyboy Mabusweng Foto: SAPD, Noord-Kaap

ʼn 72-jarige man en ʼn 49-jarige vrou is Saterdag in Kimberley in die Noord-Kaap in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelmmiddels.

“Die twee is betrap met Mandrax met ʼn geraamde straatwaarde van R1.2 miljoen,” het lt. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, in ‘n verklaring gesê. “Hulle is op die Shosholoza Meyl-trein van Johannesburg onderweg na Kaapstad, in hegtenis geneem.”

Mdhluli sê polisiebeamptes het vinnig op ʼn wenk reageer dat die twee persone deur polisiebeamptes wat by die Shosholoza Meyl werksaam is, omstreeks 00:05 by die treinstasie in Kimberley aangekeer is. Die bejaarde man en 49-jarige vrou is met 30 kg Mandrax (12 439 tablette) in twee sakke betrap. Dit is nie duidelik waarheen hulle op pad was nie.

Die polisie het ook ʼn 42-jarige man op die toneel in hegtenis geneem wat 1.8 gram kokaïen by hom gehad het.

Al drie die persone staan tereg op aanklag van die besit van dwelmmiddels en sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Kimberley verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.