ʼn 72-jarige man en ʼn 49-jarige vrou is Saterdag in Kimberley in die Noord-Kaap in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelmmiddels.
“Die twee is betrap met Mandrax met ʼn geraamde straatwaarde van R1.2 miljoen,” het lt. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, in ‘n verklaring gesê. “Hulle is op die Shosholoza Meyl-trein van Johannesburg onderweg na Kaapstad, in hegtenis geneem.”
Mdhluli sê polisiebeamptes het vinnig op ʼn wenk reageer dat die twee persone deur polisiebeamptes wat by die Shosholoza Meyl werksaam is, omstreeks 00:05 by die treinstasie in Kimberley aangekeer is. Die bejaarde man en 49-jarige vrou is met 30 kg Mandrax (12 439 tablette) in twee sakke betrap. Dit is nie duidelik waarheen hulle op pad was nie.
Die polisie het ook ʼn 42-jarige man op die toneel in hegtenis geneem wat 1.8 gram kokaïen by hom gehad het.
Al drie die persone staan tereg op aanklag van die besit van dwelmmiddels en sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Kimberley verskyn.
Bind hulle vas op die treinspoor.
ek sekondeer dit!!