[Foto’s] Drie slaap agter tralies om geld in te samel

Foto: AfriForum

Foto: AfriForum

Drie werknemers van die burgerregte-organisasie AfriForum gaan die naweek as deel van ’n protes-aksie agter tralies slaap om genoeg geld in te samel om ses van die SAPD se aanhoudingselle in Piet Retief op te knap.

AfriForum het reeds een van die aanhoudingselle op eie onkoste herstel. Hein Gonzales, Johann Weber en Jaco Grobbelaar is Vrydagoggend by die Spur-restaurant in Piet Retief “in hegtenis geneem” en na die aanhoudingselle geneem.

AfriForum het op 17 Augustus vanjaar aanhoudingselle by die plaaslike SAPD-kantoor op Piet Retief geëvalueer. Die aanhoudingselle het nie aan standaarde voldoen nie en hou ʼn groot gevaar in vir die publiek se veiligheid.

Slegs drie van die sewe selle kan op die oomblik gebruik word omdat slotte en ablusiegeriewe nie in stand gehou word nie. Die tronk se kapasiteit is dus drasties ingekort en net ʼn maksimum van 30 gevangenes kan op ʼn slag aangehou word.

“Dit is uiters kommerwekkend dat die plaaslike polisie nie daartoe in staat is om die gemeenskap ten volle te beskerm nie. Ons beskerm ons eie mense en sal self projekte van stapel stuur indien die regering nie sy grondwetlike verpligtinge nakom nie,” het Gonzales, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Mpumalanga, gesê.

Foto: AfriForum

Foto: AfriForum

Die bestuur van die plaaslike AfriForum-tak het intussen met die stasiebevelvoerder vergader om die aangeleentheid te bespreek en besluit om self die selle tot op ‘n funksionele standaard op te gradeer.

“Hoewel ons alles in ons vermoë sal doen om die SAPD tot aksie te dwing, kan ons nie meer agteroor sit en wag dat die regering ons beveilig nie. Die polisiestasie kan tans glad nie onwettige immigrante aanhou en deporteer nie omdat daar geen plek in die aanhoudingselle is nie,” het Weber, voorsitter van die Piet Retief-tak, gesê.

AfriForum het intussen aan die werk gespring om self een van die selle op te gradeer, maar dit is duur. Die AfriForum-tak op Piet Retief het dus ʼn beroep gedoen op die plaaslike gemeenskap om betrokke te raak en te help met finansiële bydraes.

AfriForum sal lede van die publiek vanuit die aanhoudingselle bel vir donasies om die res van die aanhoudingselle op te gradeer. Nagenoeg R50 000 is nodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mr P ·

Die selle was op n staduim nuut. Hoe word dit dan so stukkend gebreek. Kyk die toestand van publieke geriewe dit kan nie eers gebruik word nie. Tot die nuwe winkel komplekse wat onlangs gebou was se geriewe het herstelwerk nodig. Slotte wat afgesteel is en slagspreuke teen die mure se baie.Sekere mense wil eenvoudig net so leef.
BRING DIE EMMERS TERUG

stoney ·

Dis ‘n baie mooi gebaar, maar solank ons dit doen sit die regering agteroor. Nog net meer geld in hulle sakke om te mors. Eis hierdie uitgawes van korrektiewedienste. Jan Alleman kan nie net aanhou betaal nie. Die staat moet verantwoordrlikheid vat
Volgende week het die vandale weer alles afgesteel en verwoes. Dit loop mos in die gene.

CHRISTA ·

Ek stem saam! AfriForum moet dit op hulle belastingvorm aanbring en so terugeis vanaf SARS!!! Een van die dae sal AfriForum ook Zuma se Nkandla en sy tuine in stand moet hou!!!

Dave ·

Lekker laat jy my lag Christa.. :-) Zuma kan sy eie beeste gaan oppas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.