Foto’s: Drie sterf in gru-botsing

Die motor se wrak. Foto: Verskaf

Drie mense is Dinsdag in die vroeë oggendure in ʼn gru-botsing in Mpumalanga dood.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê die botsing het omstreeks 03:40 op die R40-pad naby Dwarsloop plaasgevind.

“Die bestuurder van ʼn sedan het na bewering beheer oor die voertuig verloor, waarna die voertuig die pad verlaat en teen ʼn boom gebots het,” het Mmusi gesê.

Volgens Mmusi was die trefslag so erg dat die voertuig in twee geskeur het.

“Die bestuurder sowel as die twee passasiers wat in die voertuig was, is op die toneel dood.”

Mmusi het gesê die bestuurder het voor die botsing passasiers in Shatale afgelaai en was op pad terug na Sabie toe die ongeluk plaasgevind het.

Die polisie ondersoek die presiese omstandighede rakende die botsing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jannie ·

Kyk ek na die omvang van die skade, dan wonder ek HOE VINNIG HET HY GERY toe hy beheer verloor het?

Ekwilibrium ·

Verskriklik! Die voertuig is egter ‘n luikrug, nie ‘n sedan nie.

Lientjie ·

Dit kan duidelik gesien word op die foto dit is ‘n hatchback ons kan bly wees hulle verwys nie na die hatchback as ‘n SUV nie.

Poppie ·

Dieselfde het my ook opgeval toe ek die berig gelees het. Maar sjoe, dit bly nog steeds erg. Dalk ‘n klein motor gewees wat gebruik was as ‘n taxi. En dit sê al klaar baie.

Sedan/Luikrug/kruiwa.... ·

….maak dit regtig saak watse voertuig dit is?
Die feite hier is dit: bestuurder het beheer verloor agv TE HOE spoed! Vir n voertuig om SO te lyk…

Karolis ·

Voorste stuk is ‘n sedan, agterste stuk is ‘n luikrug.
Sodoende is dit nie nodig om te stry nie.

Hannelie ·

Ag maak nie saak wat se motor dit is nie, dis irrelevant. Feit bly staan die bestuurder moes met een helse spoed gery het, dat die kar so in stukke is.

Joanne ·

Of hy vinnig gery het of nie en of dit n sadan of luikrug was makie sakie. Hoe gelukkig voel die mense nie wie hy af gelaai het nie. Hulle is vir groter dinge bestem en ek hoop hulle besef dit.

agga ·

weereens n bewys, karrw maak meer mense dood aa vuurwapens. wanneer gaan hulle met moortuie mer die vervalde lisensies afneem en vernietig?

Reinette ·

Ons ry elke oggend die pad en die bestuursvernuf of die pad is skrikwekkend. Volgafstand help niks want dan sit iemand net weer op jou stertjie. Ek beplan al ander werk om nie soggend op die R40 te wees nie

Piet Pompies ·

Kleiner voertuie word ingespan as Uber Taxi’s, ongelukkig geld dieselfde reel as met Minibus Taxi’s, hoe meer jy kan inlaai, hoe meer geld ontvang jy, hoe groter die wins. Strenger wetstoepassing moet plaasvind, op elke voertuig se lisensie skuif word die hoeveelheid insittendes aangewys. In hierdie geval wil dit voorkom of daar een voertuig uit twee halwes gemaak is en die sweiswerk so bietjie kortgekom het en sodoende ‘n swak struktuur gevorm word. Ernstige skade aan ‘n voertuig en spoed loop ook hand aan hand.

Mrs H ·

Wonder of hy nie dalk vir n bees uitgeswaai het nie. Het beslis my wenkbrou gelig. Sjoe…einaaaa….. Kan dit net spoed wees, of kan n motor so oud en geroes raak, dat dit so in die helfde skeur met impak? Lyk soos n ou mazda 323…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.