Foto’s: Drie sterf in gru JHB-botsing

Foto's van die toneel. REZA @crimeairnetwork / Twitter

Foto’s van die toneel. REZA @crimeairnetwork / Twitter

Drie mense is dood en nege beseer, waaronder drie kritiek, nadat ʼn minibustaxi Vrydag in Johannesburg omgeslaan en gerol het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911,  het gesê die ongeluk het op die N17 naby die Osborne-afrit in Germiston aan die Oos-Rand plaasgevind.“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Van die insittendes is uit die voertuig geslinger terwyl dit gerol het,” het Botha gesê.

Die drie mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Drie mense het kritieke beserings opgedoen en ses is ernstig beseer.”

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

chris ·

As ek ooit gewonder het wat ‘n retoriese vraag was ,het ek nou die antwoord.Goed gestel Tommy.

Moeggepraat ·

Asbsoluut geen rede om enige positiewe kommentaar oor taxi drywers te lewer nie. My medegevoel gaan uit na elke passasiers

bea ·

jip taxi bestuurders is die haatlikste mense op n pad sou een eendag in my vasry gaan dit sy laaste dag wees

Lee ·

Dis so tragies. Ek kry die mense so jammer wat met taxi’s moet ry. Hulle dink die pad behoort aan hulle en is baie onverkullig. Rus in vrede aan die 3 mense wat hulle lewens verloor het en beterskap vir die beseerdes.

Peet Schabort ·

Die bewoording “uitgeslinger” is korrek. Hulle vlieg letterlik uit daardie voertuig. Ja, ek het dit gesien en na ‘n ruk kom hulle so een na die ander weer by. Nie aangenaam om dit te sien maar die dankbaarheid in die gesigte om te weet hulle lê nie maar daar sommer in die veld met niemand om hulp te ontbied. Dit was in die nag en my wit vel het gehelp dat blankes stilgehou het om dan die boodskap verder te dra. Ja, dit was voor selfone se tyd.
Al wat ongestoord in daardie taxiwrak voortgebulder het was die radio.

Marney Le Grange ·

Taxi bestuurders kan soms baie roekeloos bestuur en sodoende kry onskuldige mense seer en of sterf dis so tragies Sterkte aan die wat beserings op gedoen het my innige simpatie aan die Families van die drie wat oorlede is.

LINDA ENGELMOHR ·

Is die dra van veiligheidsgordels nie ook verpligtent in die Taxi’s nie? Mens wonder net of dit nie ook sal help om die slagting te veminder – asook om te verseker dat die voertuie padwaardig is – dit kan bewerkstellig word met ‘n verpligte toets elke jaar met die uitreiking van die jaarlikse lisensie. Sterkte aavir almal betrokke wat geliefdes verloor het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.