[Foto’s] Drie sterf in Kaapstad-botsing

Paramedici op die toneel. Foto: ER24

Paramedici op die toneel. Foto: ER24

Drie mans is Saterdagmiddag dood in ʼn ongeluk op die N1-snelweg naby die Plattekloofbrug in Kaapstad.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die mans het in ʼn bakkie gery wat ʼn sleepwa met ’n motor daarop getrek het.

“Die bestuurder het glo beheer oor die bakkie verloor wat veroorsaak het dat die sleepwa van kant tot kant begin swaai het. Dit het daartoe gelei dat die bakkie en sleepwa omgeslaan en aan die kant van die snelweg tot stilstand gekom het,” het Rossouw gesê.

Met paramedici se aankoms op die toneel was twee mans, albei passasiers, reeds dood. “Die bestuurder was in ʼn kritieke toestand. Hy is na die Tygerberg-hospitaal gehaas vir behandeling, maar met sy aankoms daar het sy toestand verswak en hy is dood verklaar.”

IMG-20151114-WA0038

Paramedici op die toneel. Foto: ER24

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

B O E N A ·

Ek voel so hartseer as ek telkemale lees van ongelukke op ons paaie want ek ook in 2008 in ‘n gru-ongeluk en het ook ‘n seun verloor deur mense wat vir ander padgebruikers nie omgee nie my innige meegevoel my vir die families wat in geliefde verloor het en die Here seën u hulle wonderlik.

arie plaasboer ·

BOENA,
Ek ken nie die detail van die gru-ongeluk waarna jy verwys nie, maar wil tog medelye daaroor uitspreek.
Dit wat aanleiding gegee het tot die gebeurtenis waaroor gerapporteer word, behoort nagevors te word en die resultaat wyd verkondig word.
Ek het baie jare gelede `n sleepwa getrek met `n sterk en miskien swaarder voertuig.
Toe ek uitswaai om by die voertuig voor my verby te gaan (Hoekom? mag jy vra – ek het nie meer die antwoord nie).
Die lseepwa agter my het ernstig aan die swaai gegaan en ek het gelukkig beheer kon behou.
By nabetragting wil dit voorkom dat ek te vinnig uitgeswaai het en die sleepwa het soos `n pendulum agter my geswaai.
Ek het aan die stuur reguit vorentoe geklou vir `n vale en geleidelik spoed verminder, die swaai so onder beheer gekry en waarskynlik `n ramp voorkom.
Ek dank die “Wese” wat my daardie dag die INSIG gegee het om die situasie te beredder vandag nog.
By nadenke het dit vir my duidelik geword dat `n sleepwa agter `n motor hom soos `n pendulum gedra en moet die beweging beheer word soos wat `n pendulum beheer word. Die fisika daaragter is bekend.
My btdrae is nie om die ongeluk te bespreek nie maar eerder hoe om `n herhaling bte voorkom. As ek in selfs EEN geval daarin geslaag het was dit die moeite werd.
Hopelik sal meer mense wat sleepwaens trek aandag gee aan my uiteensetting en so voorsorg kan terf.
Dankie vir die plasing en dankie dat die lesers dit kon lees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.