Foto’s: Drie sterf toe bus by Plett omslaan

Drie mense is dood toe die bus op die lughawepad naby Plettenbergbaai omgeslaan het. (Foto: Wes-Kaapse verkeerspolisie)

Drie mense is dood toe ʼn bus Vrydag in die vroeë oggendure op die lughawepad op pad na Plettenbergbaai in die Wes-Kaap omgeslaan het.

Die bestuurder van die Eagle Liner-passasiersbus het beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan, het Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, gesê.

Die busbestuurder moes dié alternatiewe roete gebruik, omdat die N2 weens voortslepende en gewelddadige betogings steeds gesluit is.

Africa het gesê 43 insittendes is beseer en na hospitale in die omgewing geneem, terwyl nóg 23 tydelik by ʼn gemeenskapsentrum in Plettenbergbaai versorg is.

Teen vroegoggend was twee passasiers nog in die wrak vasgekeer.

ʼn Stop-en-ry-stelsel is intussen op die pad ingestel om verkeer te beheer, het Africa gesê.

Die N2 in dié omgewing is nou reeds dae lank weens betogings gesluit. Die Bitou-munisipaliteit in Plettenbergbaai het gister gesê hy beskou die afgelope paar dae se optrede op die N2 nie meer as ʼn diensleweringsbetoging nie, maar as misdadigheid.

Die munisipaliteit het gesê alles dui daarop dat die optrede blote misdaad is wat gepaard gaan met geweld, stropery, diefstal en vandalisme, asook opsetlike saakbeskadiging van openbare en staatseiendom.

Betogers het motoriste met klippe bestook. (Foto: Wes-Kaapse verkeerspolisie)

Gisteraand is betogers met taxi’s na ʼn bymekaarkomplek by KwaNokuthula aangery en voertuie is met klippe bestook, het Africa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Magda ·

En so word ons almal vernietig en ons “president” is jammer om te hoor van Libie se vliegtuig wat geval het – maar gee NET NIKS OM VIR DIE MENSE WAT HOM IN DAAI STOEL GESIT HET NIE , WAT HY DUIDELIK NIE VERDIEN NIE RMAPHOSA WAAR LE JOU LOYALITEIT – STOP DIE MISDADE IN SUID AFRIKA – DIT IS JOU SKULD ALLEEN WANT JY DOEN NIKS.

Nel ·

HY SAL EERS ‘N RUGGRAAT MOET GROEI OM VAN ENIGE WAARDE VIR DIE LAND TE WEES!

Michael P ·

En die betoogers word met taxis aangery .moet hulle nie in vang waens aan gery word nie waar hulle toe gesluit moet word nie.En Magda ek stem 500 persent saam jou.

Sakkie ·

Dirk ek moet saam met jou stem. Maak ‘n voorbeeld en kyk hoe vinnig stop die onluste.

JohanL ·

As my familie enigsins skade opdoen direk of indirek agv die betogers, sal ek reg in eie hande neem en hulle gaan uitsorteer. “Finish en klaar”.

Polisie kan maar kennis neem.

SuidkusTannie ·

Ja, met vangwaens aangery word tronk toe. Genadiglik is ek nie in beheer van wet en orde nie, want die tronke sal oorlaai word met die anargiste.

Antz ·

Ek verstaan dat die pad toe was weens betogings wat maar n daaglikse ding is in ons wonderlike land en waaroor niks gedoen word nie maar die ANC het weer die verkiesing gewen, maar nou betoog hulle weer miskien moes hulle eerder vir n ander party gestem het wat eintlik iets doen in die land. Maar ek het al gesien hoe bestuur daai bus bestuurders, vreeslik en baie onverskillig. Hou glad nie by die spoed grens nie en neem geen ander motoriste in ag nie. Dit verbaas my glad nie dat so iets gebeur het nie.
Sterkte aan die families van die oorledendes.

Chris Ws ·

As ‘n “betoger” my voertuig met ‘n klip gooi skiet ek hom net daar!Om ‘n bewegende voertuig met ‘n klip te gooi hou groot gevaar in vir die insittendes so ek mag myself en passasiers verdedig.Gee nie om wat die wet se nie.

Susan ·

‘n Busbestuurder met ‘n bus vol passasiers wat ‘n vreemde pad in die donker ry, moet baie, baie stadig en ekstra versigtig bestuur. Ander ongeduldige bestuurders agter hom moet maar verlief neem en verstaan dat hy ‘n plig het om sy passasiers veilig by hul bestemmings uit te bring.

Nita ·

Die regering moet onmiddelik n verbod plaas op alle betogings. Anargie heers in die land. Almal het nou genoeg tyd gehad om vir die regering te wys hoe ontevrede hulle is. Nou moet hulle aangaan met hulle lewens en sien wat Ramaphosa se regering vir hulle gaan doen in die volgende 4 jaar.

Lizelle ·

Hoekom word daar nie opgetree teen dié betogers nie?? Hulle moet verantwoordelik gehou word vir hulle optrede!

Slagoffer ·

Die regering is bang die betogers stem nie weer vir hulle nie, daarom word niks aan hulle gedoen nie! n Klein groepie betogers bring nou n hele stad tot stilstand. Die kriminele individu het nou meer regte as die wetsgehoorsame meerderheid wat belasting betaal! Selfs al sterf wetsgehoorsame landsburgers, is die betogers se regte meer belangrik vir die regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.