[Foto’s] Drie trokke in Limpopo aan die brand gesteek

Die voorval in Ga-Seleka. Foto: Verskaf

Vyf mense is in hegtenis geneem nadat drie vragmotors Dinsdagmiddag op die R572 tussen Lephalale en Swartwater in Limpopo aan die brand gesteek is.

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die vragmotors is by Ga-Seleka aan die brand gesteek om as versperrings op die pad te dien. Die voorval spruit glo uit gevegte oor stamhoofskap in die gebied.

“Een van die vragmotors wat aan die brand gesteek is, het ʼn vrag soetrissies vervoer. Die vernietigde vragmotors en soetrissies wat op die padoppervlak beland het, het dit moeilik gemaak vir voertuie om van die pad gebruik te maak,” het Mojapelo gesê.

Lede van die polisie se openbare orde-eenheid is ontbied en die situasie het intussen na normaal teruggekeer. Die plaaslike munisipaliteit is opdrag gegee om die versperrings te verwyder.

Die vyf verdagtes, tussen 20 en 35 jaar oud, moet binnekort in die Phalala-landdroshof verskyn op aanklag van opsetlike saakbeskadiging.

In ʼn afsonderlike voorval is vier mense, tussen 32 en 64 jaar oud, in hegtenis geneem in verband met openbare geweld by Seleteng in Ga-Mphahlele.

“ʼn Groep ontstoke lede van die gemeenskap het betoog en paaie in die gebied versper. Die betogers was ook oproerig en het polisiebeamptes en voertuie met voorwerpe gegooi. Twee beamptes is gering beseer en een polisievoertuig se vensters is stukkend gegooi.”

Nog beamptes van die openbare orde-polisie is ontbied en die situasie is onder beheer gebring.

Dié verdagtes moet binnekort in die Lebowakgomo-landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding van ʼn polisiebeampte en opsetlike saakbeskadiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

LR ·

As n mens se eiemdom bedreig word deur brandstigting mag dit seker met skerp ammunisie verdedig word. Adviseer asb iemand wat weet, lyk my ons het nou hierdie kennis nodig. Die land besig om in totale geweld en wetteloosheid te verval.

Haan ·

Gebruik van dodelike fors nooit wettig vir die beskerming van eiendom nie. SLEGS vir die beskerming van n lewe – waartydens die gebruik van die wapen die ENIGSTE uitweg is

Wilmarie ·

Sinneloos! Meeste van die dinge wat in SA gebeur is Sinneloos!!

cb ·

Dit is regtig gryslik om boere/ hulle werkers wat alles doen voorraad by bestemmings te kry so aan te val vir WAT>>>>>>> kan nie eers na hulllllle self omsien nie, en dan die mense wat werk vir hulleeeeee ooorlewing word afgemaai, vir wat sorry, maar dit is Rammie wat moet intree, as hy kan, geen ras is hier ter sprake nie, dit is die mense wat alles wil he, wat nie enige iets het om te doen, wat gryp…… moor vir wat land…SA is ons land samewerking, sonder die moordenaars, watter moordenaars,ek se….

Ad ·

Gaan weer net op waarskuwing los gelaat word as hulle gevang word. Lekker in SA. As ek alles moet brand wat my kwel?

TDW ·

Ad, goeie vraag. Waar sou ons begin om te brand as ons brandstigters was? Ek weet nie, ek kan aan niks dink nie, want ek wil nie iets brand wat ons voorouers gebou het nie, so my eerste gedagte, die unie gebou, is buite die kwessie.

Attie No1 ·

Dit is erg, maar ek het geen idee waar die plekke is nie en ek het boonop in die Verre Noord-Transvaal groot geword. Kan ek Maroela media versoek om groot, groot aaseblief die ou name te gebruik.

Ai toggie ·

Ok verduidelik nou vir my .. ‘n geveg oor STAMHOOFSKAP en julle brand ANDER MENSE se trokke uit. Kyk die regering doen alles wat hulle kan om ‘n wig tussen WIT en SWART in te slaan. maar STAMHOOFDE Was nog nooit ‘n wit ding nie . smaak my hulle is besig om mekaar reg te sien … LOS NET DIE WIT OUENS SE TROKKE UIT ASB.

Ella ·

Ja ek sien nou juis elders (Engels koerante) dat Ramaphosa se ” Shut up” gister in die parlement beaam word deur “all black communities in SA”. So hoe lyk dit vir ons?
As ons nog nie bang is nie weet ek nie. Ons word nou rerig nerens meer geag.
Onder al hierdie aanslae probeer ons boere nog steeds die land voed. Hoe hartseer.

Leka-in-sa ·

Als in die land is n grap en die gebeure het geen doel of goeie uitkoms nie. As n dag te lank raak dan kom kyk mens net nuus, Jy gaan of n goeie lag in kry of jy gaan jou kop aan die werk kan sit vir ure en steeds geen rede daarvoor vind nie, want die sinneloos!

Afrikaanse Knaap ·

Die nie ‘n metafoor nie. Hulle gaan die hele land aan die brand steek.

Marius ·

So sal hulle aangaan tot daar niks oorbly nie. Hierdie tipe van dade is wat hulle trots maak… Jy kan nie vir so ‘n persoon probeer verduidelik dat dit wat hy doen die armes nog meer beïnvloed nie. Verlore saak…

HPV ·

Dit is ongelooflik dat betogers ander mense se eiendom mag vernietig en hul demokratiese regte mag vertrap sonder vrees vir vervolging. So hulle alleen het regte! Reg tot alles wat verkeerd is, reg om enige mens te verontrief, reg tot letterlik enige iets in die naam van een of ander betoging. Sien die huidige regime nie hoe siek is die optrede nie of gee hulle maar eenvoudig net nie om nie. Maklik een van die siekste helhole in die wêreld!

Alida ·

Dit help nie die vonnis bepaal dat hulle betaal nie want duidelik is hulle werkloos en dis miljoene se skade. Tronk straf vir 15 jaar is te min. Geen wonder ons betaal so baie versekering nie.

Jan ·

Hmmm, ja! Daar was ń professie in die vroeë 90’s, een of ander profeet wat in Durban was… Engelsman gewees… : “They’re going to burn everything…” Kyk maar op Youtube…

Alida ·

My oorlede pa het 1960 al voorspel dat hulle ALLES gaan afbrand eendag toe lag ons vir hom. Hy was tog so reg.

Liberaal ·

Dit was nie net jou oupa nie. Dit was ek ook, en al my liberale vriende. Ons het belowe dit sal nooit gebeur nie, ons het gese Afrikaans as taal, menselewens, ekonomie gaan als goed verloop. Ons maak nou sulke beloftes vir die Amerikaners en Europeers ook, hulle almal glo ook als gaan goed bly gaan. Dit is hoe liberale beloftes werk.

André ·

Wonder wat sou hulle gedoen het as daar nie iets soos vuur was nie. Seker maar klippe gooi?

Vermeendes ·

Net n mens wat sonder kos kan lewe verbrand kos, hou net op produseer, so eenvoudig soos dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.