Drie mans, onderskeidelik 19, 38 en 39 jaar oud, is Woensdagmiddag in Pretoria se Moot-omgewing in hegtenis geneem nadat vervalste geldnote in hul besit gevind is.
Kapt. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, het gesê vermeende nagemaakte Amerikaanse dollarnote en Suid-Afrikaanse rand is by ʼn blok woonstelle in Gezina gevind.
Die plaaslike polisie in samewerking met die blitspatrollie-eenheid het op die woonstel toegesak nadat die polisie ʼn wenk van ʼn inwoner ontvang het.
“Die vervalste geld, met ʼn aansienlike waarde, is in ʼn motorhuis gevind wat aan die spesifieke woonsteleenheid toegeken is,” het Mavimbela gesê.
Die verdagtes sal aangekla word van die besit van vermeende nagemaakte geldnote en moet binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Vervalste (HAT).
Die laaste paragraaf in die berig se “vermeende nagemaakte geldnote” Nou is die geldnote eg of vervals, want die opskrif van die berig se Drie vas oor vervalste geld. Nou wat is waar??????
Altyd gewonder wat dit beteken as iemand se “ek maak geld”. Nou weet ek!