WAARSKUWING: Die foto’s in die berig mag kinders of sensitiewe lesers ontstel.
Drie mans van die Oos-Kaap staan tereg op aanklagte van onwettige jag en die besit van bedreigde wild nadat hulle Saterdagoggend met nagenoeg ses wilde diere in ʼn Toyota Corolla vasgetrek is.
Volgens Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, is die verdagtes deur die Port Alfred K9-ondersoekeenheid van die pad afgetrek nadat hulle die spoedgrens oorskry het.
Die bestuurder het gesê hy is laat vir werk, en het daarom vinnig gery.
Govender het gesê ʼn lid van die K9-ondersoekeenheid, Tertius Neethling, het egter aan die polisie gesê hy het met nadere ondersoek die karkasse van twee bosbokke, een grys duiker, ʼn ystervark en ook ʼn lewende hond in die motor opgespoor.
Vreemde stampgeluide in die kattebak het hom ook gelei na ʼn lewende duiker en ʼn dooie springhaas.
Neethling het gesê die diere is vermoedelik met die bebloede spiese en messe wat in die motor opgespoor is, doodgemaak.
Volgens die polisie het dié diere ʼn geraamde waarde van net onder R20 000.
Die bestuurder het verder ook twee waarskuwings ontvang vir die vervoer van ʼn hond in ʼn kattebak en omdat hulle die duiker laat ly het.
Die drie mans sal na verwagting vandeesweek aangekla word en in die hof verskyn.
- Die diere wat in die motor was (Foto: Verskaf)
- Een van die wilde diere is in ‘n rugsak geprop (Foto: Verskaf)
- Tou en ander gereedskap om die diere vas te trek (Foto: Verskaf)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
28 Kommentare
En dis dan n worsie agterin. Ag nee man.
Die wreedheid van die mens!!
So roei hulle als uit
Dit is siek, ag nee die mense in die wereld is siek.
Werkloosheid lei mettertyd tot moedeloosheid en desperaatheid. Geen geld beteken geen kos. Geen kos en Afrika se wildlewe word stadig maar seker letterlik opgeeet deur honger mense. Voeg hierby die prys van ivoor en renosterhoring op die swart mark en die prentjie vir die oorlewing van wild nie net Afrika maar die wereld is mistroostig.