[Foto’s] Drie vas vir ses wilde diere in motor

Die diere wat in die motor was (Foto: Verskaf)

WAARSKUWING: Die foto’s in die berig mag kinders of sensitiewe lesers ontstel.

Drie mans van die Oos-Kaap staan tereg op aanklagte van onwettige jag en die besit van bedreigde wild nadat hulle Saterdagoggend met nagenoeg ses wilde diere in ʼn Toyota Corolla vasgetrek is.

Volgens Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, is die verdagtes deur die Port Alfred K9-ondersoekeenheid van die pad afgetrek nadat hulle die spoedgrens oorskry het.

Die bestuurder het gesê hy is laat vir werk, en het daarom vinnig gery.

Govender het gesê ʼn lid van die K9-ondersoekeenheid, Tertius Neethling, het egter aan die polisie gesê hy het met nadere ondersoek die karkasse van twee bosbokke, een grys duiker, ʼn ystervark en ook ʼn lewende hond in die motor opgespoor.

Vreemde stampgeluide in die kattebak het hom ook gelei na ʼn lewende duiker en ʼn dooie springhaas.

Neethling het gesê die diere is vermoedelik met die bebloede spiese en messe wat in die motor opgespoor is, doodgemaak.

Volgens die polisie het dié diere ʼn geraamde waarde van net onder R20 000.

Die bestuurder het verder ook twee waarskuwings ontvang vir die vervoer van ʼn hond in ʼn kattebak en omdat hulle die duiker laat ly het.

Die drie mans sal na verwagting vandeesweek aangekla word en in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Chris ·

Werkloosheid lei mettertyd tot moedeloosheid en desperaatheid. Geen geld beteken geen kos. Geen kos en Afrika se wildlewe word stadig maar seker letterlik opgeeet deur honger mense. Voeg hierby die prys van ivoor en renosterhoring op die swart mark en die prentjie vir die oorlewing van wild nie net Afrika maar die wereld is mistroostig.

Pieter ·

Die werklose wildstroper sukkel vreeslik om al sy buit in sy Corolla se kattebak te prop, maar moeilik om so hard te “werk”.

pieterdp ·

As jy nie kos het nie wat maak jy om te bly lewe. Wend jou self tot musdaat???
Met die dat die ANC ons lans grense oop ge gooi het, as ook die swart volk in SA lei gemaak het en so ook die ekonomie tot n romp statis af ge dwing het, n Prisedent en sy korip MP, wat verwag jy nou meer?

Giel ·

Pieter ek stem saam.
Mense is lei en die lans grense is oop ge gooi vi al wat korip is. mense is hongor en steel diere om te eet. Nou is ons romp statis. Musdaad is vir baie n andwoort.

M'Lady ·

“Only when the last of the animals horns, tusks, skin and bones are sold, will mankind realise that money can never buy back wildlife.” Wild at Heart.

christo kemp ·

on what is this coment base as you talk bout trophy hunting you are why of no hunting no wildlife since Kenya banned hunting in 1970 75% of its wildlife have died

Johann ·

Gooi die soort van ding voor die anc se deur, mense is werkloos en moet eet, ten minste moor hulle nie

Andre ·

Oorsaak:

Te veel onbeplande babas

wat van geboorte tot die graf AFHANKLIK is van BELASTINGBETALERS vir basiese voortbestaan!

Die belastingetalers betaal vir hulle kos en klere, medies, huis, elektrisiteit, water, onderwys, universiteit …. terwyl die biologiese ouers skotvry rondloop sonder enige aanspreeklikheid vir hulle ongewensde (onbekostigbare) babatjies.

Dis ‘n ramp wat homself herhaal reeds vir duisende jare in (DONKER) Afrika.

Tish ·

I don’t have words. It is absolutely disgusting. The same must be done to them.

Wendy ·

Ja werkloosheid lei tot dit, maar ons as boere loop deur onder pouchers! Dit is steel! As dit een bosbok is was dit dalk aanvaarbaar, maar hulle steel vir die hele nasie!

M'Lady ·

Christo, ek sien jy is n groot wild jagter. Die feit dat Kenia sy wild lewe verloor is nie agv van n verbod op jag nie. Dit is baie meer ingewikkeld as dit. Kenia se bevolking het geweldig toegeneem. Baie van hierdie mense boer met vee. Daar is nie genoeg weiding vir hulle nie so hulle laat die vee toe om in nasionale parke te wei en dis veral leeus wat hieronder ly. Kenia het ook nie die politieke wil om hierdie “human-wildlife” konflik stop te sit nie. So om op te som : oorbevolking , te veel mense wat vleis eet en KWS wat nie hulle plig uitvoer nie is van die redes waarom die wild in Kenia besig is om te verdwyn. Soos ook in die res van Afrika wat trofee jag toelaat.

Verbaas ·

Diere is mishandel en al waaroor julle, Elizma, Jannes en Johan, omgee is spelling? Genade! Johan dis nie vir jou om te besluit of dit aanvaarbaar is of nie!

Stem saam, as jy honger is, sal jy doen wat jy kan, al is dit nie reg nie.

Cherokee ·

Elizma, Jannes en Johan speel nie rond met gebruikersname sodat hulle volgende keer nie herken kan word nie. Hulle sê wat hulle wil sê en is bereid om verantwoordelikheid te neem daarvoor.

Ben Prinsloo ·

Mooi Cherokee. Mooi Pieter. Te veel mense sien maar wil nie sien nie. Te veel mense hoor maar wil nie hoor nie. Te veel mense soek verskonings waar nie is nie. Ai tog!!!!

Boerin ·

Hier by ons op die plaas in Limpopo gebeur dit klokslag. Strikke en honde jagte. Maar die polisie kry ook vleis, so NIEMAND word ooit vasgetrek nie.

Boervrou ·

Boerin, ek is van die Oos Kaap en hier gebeur dit ook -strikke, jaghonde, poachers! Die poaching vreeslik erg en dit is nie die moeitewerd om die polisie te bel nie, want soos jy genoem het hul kry ook vleis. Ons het nog nooit iemand fisies op die plaas gevang met vleis nie, maar kan duidelik sien dat daar op die bokke geskiet is!

Pablo ·

Baie hartseer! Maar daardie is beslis nie ‘n Springhaas nie! Dit lyk na ‘n Vlakhaas.

Theresa ·

Vermoed Christo Kemp terg net so ‘n bietjie !
dink dis afskuwelik dat daar so gemaai word onder wild. Wie eet in elk geval ‘n ystervark? Honger?? nood?? doen wat nodig om nie so te ly nie?? Ag nee wat. Hierdie is plainweg doodmaak, laat ly en plundering. Sies – wat dan van die hond ook nog? Nee. wreedheid sonder weerga soos vele kere al bewys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.