Foto’s: Drie wagte, twee verdagtes sterf in koeëlreën

Drie mans in die bakkie is doodgeskiet en ‘n vierde een gewond.

Vyf mense is dood ná ʼn koeëlreën en ʼn jaagtog deur die strate van Kempton Park wat uiteindelik in Benoni geëindig het.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is op soek na ʼn onbekende aantal verdagtes nadat die liggame van drie mense in ʼn wit Toyota-bakkie, wat aan ʼn veiligheidsmaatskappy behoort, in Kempton Park aangetref is. Die mans in die bakkie is doodgeskiet toe ʼn groep mans in twee Volkswagen Polo’s en ʼn Mercedes-Benz hulle voorgelê het.

Die bestuurder van die bakkie is in die skietery gewond en word in ʼn hospitaal behandel. Die polisie wou nie in hierdie stadium die identiteit van die drie oorledenes bekend maak nie.

Nadat die polisie en talle veiligheidsbeamptes gereageer het op die skietery op die hoek van Monument- en Dannweg, het die verdagtes in een van die Polo’s weggejaag.

Polisielede fynkam die toneel in Kempton Park.

“ʼn Gesamentlike span van die polisie en die Ekurhuleni-metropolisie wat op die voorval gereageer het, het die verdagtes se Polo van Kempton Park tot in Kannastraat in Benoni agternagesit,” het Muridili gesê.

Die verdagtes is uiteindelik in Beachstraat in Benoni voorgekeer waar ʼn skietery tussen die verdagtes en die polisie uitgebreek het.

“Twee verdagtes is doodgeskiet. Die derde verdagte, wat die motor bestuur het, is gewond en na ʼn hospitaal geneem waar hy onder polisiebewaking is.”

Die polisie het ook beslag gelê op twee AK 47’s wat in die verdagtes se motor gevind is.

Die motief vir die skietery word nog ondersoek.

Die toneel in Benoni waar twee verdagtes doodgeskiet is. (Foto soos verskaf deur die SA Polisie)

Na verneem word het die verdagtes moontlik vermoed geld van ʼn taxivereniging word vervoer in die bakkie van die veiligheidsmaatskappy waarop eerste losgebrand is. Dit is nie deur die polisie bevestig nie.

Talle eksplisiete foto’s van die skietery en die twee verdagtes wat doodgeskiet is, word intussen op sosialemediaplatforms versprei.

ʼn Werker in ʼn gebou naby die toneel van die aanvanklike skietery, het gesê mense het vervaard platgeval toe die skote begin klap. Talle vensters, mure en naamborde van die onderneming waar sy werk is in die skietery getref.

“Dit het rêrig gevoel of die Filistyne op ons is. Daar was ongelooflik baie koeëldoppies,” het sy gesê.

Forensiese kenners van die polisie het die toneel ure lank gefynkam.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Adam Adriaan ·

Dan word daar bewerings gemaak dat daar ‘n oorlog in Sierië woed. Dink die manne van daar moet bietjie kom kersopsteek hier by ons in RSA. Sal kan kom leer van ‘n paar Jakkalsoperasies hier.

Snowball ·

Die realiteit van misdaad in SA – jy is gelukkig as jy vanoggend by jou huis uitgaan en weer heelhuids terugkeer, want om elke hoek skuil ‘n booswig, ‘n gewetenlose krimineel wat geen ontsag het vir die wet of respek het vir ‘n lewe nie.
Mense wat midde hierdie gemors vasgevang was gister ly aan skok. ‘n Berig vang nie werklik die impak vas van die vrees en trauma waardeur mense gaan wanneer daar skietgevegte om jou uitbreek nie. Misdaadhool klink al soos ‘n eufemisme.

LIEZL ·

Ek stem saam Snowball, ek sê al vir jare, elke 1 persoon wat vermoor is, is daar omtrent tussen 4 – 6 mense verantwoordelik vir dit. Elke misdaad is ge’link’ aan ‘n hele paar individue. So, as ons al die vermoordes neem (plaasmoorde, huishoudelike moorde, bendegeweld ensovoorts) en vermenigvuldig dit met omtrent 4, dan kom ons by ‘n aardige sommetjie uit wat kriminele is. Statistieke bewys dat daar ongeveer 58 moorde daagliks in Suid Afrika plaasvind. Maak maar jou sommetjies.

Aai ·

Wat net vir my snaaks is hoe het 15 polisie voertuie so vinnig op die toneel gekom het hulle dalk iets geweet en was deur die taxi eienaars gevra om in omgewing te wees vir as iets gebeur?Kyk na video’s baie snaak hoe so baie voertuie by een jaagtog kan wees in sekondes.Daar is baie metro manne wat taxis het???En die wagte het taxi manne ge escort die taxi manne het geld by hulle gehad.Sterkte aan die familie van die mense wat gesterf het terwyl hulle hulle werk gedoen het.

Misky ·

Dit het in Kempton begin en in Benoni geeindig. Was n lang jaagtog en al meer bygekom.

Aai ·

Benoni en Kempton grens aangekaar ons praat van 4 km uit mekaar maak nogsteeds nie sin.

Pitbul ·

Van waar dit gebeur het tot my huis , so 100m van die toneel af in Beach Road is 11km. So dus was daar meer as genoeg tyd vir ekstra voertuie om aan te sluit. En hul het op en af in Great North gery voor hul in Uitbreiding 4 gestop is.

Keelvol ·

Dis nogal ironies hoe party mense se verstand werk. Ons kla wanneer die polisie nie hulle werk doen nie. Ons kla wanneer hulle wel hulle werk doen. So met ander woorde, ons weet nie wat ons eintlik wil hê nie. Knap gedaan aan die polisie vir n vinnige reaksie.

Marinda ·

Dis alles te danke aan een ware Polisieman. Hy was van diens en was in die verkeer oppad na sy kinders toe. Alles het reg voor hom hom gebeur. Voor jy weer sulke beskuldigings soos hierbo doen. Kry eers jou feite reg. Daai manne het hulle lewe gewaag om die moordenaars van die wagte te vang. Amper het sy kinders hom ook verloor. Mense soos jy maak my net boos.

Stephne ·

As jy voel jy kan n verskil maak Ja Wat word n reservis en nie n toeskouer op die kant lyn nie. Kom ons kyk of jy dan n verskil kan maak. Hierdie toneel was al meer as n half uur aan die gang toe die skietery in Benoni plaas gevind het. Hoe ver kan jy ry in n half uur? Volgende keer as jy iemand in enige nood het raai ek jou aan om die redenasie van hierbo in gedagte te hou en jou nood maar self uit te sorteer. Miskien kry jy ook n korrupte polisie man of ambulans lid en ons wil tog nou nie he so n persoon sal jou moet help nie, wil obs?

Aai ·

Stephne,Hoekom se jy hulle is korrup weet jy dalk iets nerens was daar gese hulle is korrup maar dalk daar om belange op te pas?

Snowball ·

Dit is waar, selfs net die WhatsApp boodskappe gister was senutergend. Mense wat naby aan dit was het stemboodskappe gestuur en dit was baie erg om na te luister. Daarna het die grusame foto’s gevolg. Om kop te hou (selfs met opleiding) verg senuwees van staal. As iemand kom vir jou, gewapen, met een doel voor oë en dit is om jou uit te wis, is daar min wat jy kan doen tensy jy in ‘n koeëlbestande voertuig sit.

Zombie ·

Simpatie aan die ooerlede iswagte se gesins- en familielede.
Mag die verdagtes se siele opeindig waar dit moet.

jzjz05 ·

10 uit 10 vir die polisie se vinnige optreede, Laat dit n boodskap wees vir die wat nog sulke dade beplan.

B-Man ·

Letterlik ‘n klipgooi van Malema se nuwe gevestigde “Glen-Marikana” informele nedersetting…

Heinrich ·

Met trots geborg deur die ANC; julle het nie die vermoë om wet en orde daar te stel nie.

pompies ·

Nou ja dan probeer ons nog om toeriste te trek na SA. Hulle moet liewer wegbly want hulle kan vermoor word hier. Meegevoel aan die wagte se families en geliefdes die vir die skelms laat dit n les vir julle broers en susters wees geen meegevoel vir julle nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.