[Foto’s] ‘Dronk’ beampte dut in polisiewa

Die konstabel wat afgeneem is. Foto: Ben Heydenrych

Die konstabel wat afgeneem is. Foto: Ben Heydenrych

ʼn Interne ondersoek is van stapel gestuur nadat foto’s van ʼn polisiekonstabel, waar hy glo in uniform in ʼn amptelike polisievoertuig agter die stuurwiel sit en slaap, op sosiale media versprei is.

Ben Heydenrych, ʼn inwoner van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal, het Dinsdag aan Maroela Media gesê hy het sy 13-jarige seun Saterdag omstreeks 08:00 na ʼn laerskool in Scottsville geneem vir ʼn atletiekbyeenkoms toe hy verby die voertuig, met sy blou ligte aan, gery het.

“Die voertuig se ruit was oop en ek kon die beampte se kop by die venster sien uitsteek. Ek het ʼn paar keer vanuit my motor vir hom geskreeu om wakker te word, maar dit was tevergeefs,” het Heydenrych gesê.

Heydenrych was aanvanklik besorg en het gedink die beampte is dalk dood weens die posisie waarin hy gelê het. Hy het uit sy motor geklim en deur die voertuig se passasiersdeur gesien die beampte se borskas beweeg en dat hy slaap. Dit is toe dat hy ʼn halfgedrinkte Savannah-bottel tussen die beampte se bene sien.

Hy het foto’s van die beampte geneem en die polisie ontbied, en hulle het gesê hulle sal iemand uitstuur. Ná sowat 10 minute was daar egter  glo geen teken van ander polisiebeamptes nie. Twee mans in gewone klere het wel toe daar opgedaag en probeer om die konstabel wakker te maak. Daar word vermoed dat hulle vriende van die beampte is, aangesien hulle hom op sy naam genoem het.

Heydenrych het uit vrees vir sy en sy seun se veiligheid verder weg gery en die voorval van ʼn afstand af dopgehou.

“Die mans het die beampte sowat drie of vier keer hard deur sy gesig geklap, maar hy het steeds nie wakker geword nie. Een man het toe van dieselfde Savannah gevat en dit in die man se gesig gespat. Die beampte het toe uiteindelik wakker geword en met die voertuig daar weggery.”

Heydenrych het weggery toe die twee mans na hom toe begin stap het.

“Vir die beampte om so vroeg in die oggend in so ʼn toestand te wees, moes hy seker regdeur die aand gekuier het. Dit is net baie kommerwekkend as ʼn mens dink hoe maklik sy vuurwapen by hom afgeneem kon word,” het hy gesê.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê die polisie is bewus van die voorval. “Die saak word intern ondersoek en tugstappe sal gedoen word,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Edmund ·

Absolute disrespek vir die amp wat hierdie ‘dief’ beklee. Hoekom sê ek dief? Want hy steel my en Jou se belasting geld en kon miskien ‘n misdaad elders voorkom het indien hy wakker was!

Janine N ·

Tugstappe? Liewe Vader! Hy was behoorlik gesuip, en het bestuur! Hy hoort summier afgedank te word en in die tronk gestop te word! Die land is besig om om ons te vergaan.

alex ·

Pragtig! Nou kan almal sien wat se besondere leier ou Ria is vir die sapd.

Moontlik kan hierdie dronkie oorneem by ou Ria Phiyegha.

scalla ·

Pragtige advertensie vir die sapd, stuur dit die wereld in dat hul kan sien wat in hierdie eens pragtige vooruitsrewend land aangaan.

Hannie de Waal ·

Nou weet julle hoekom die polisiemanne deesdae so vermoor word……….. hulle het geen ruggraat nie. Dissipline in hierdie land STINK!

blommie van pta ·

kom ek se vir julle die sapd is die grootste korpenaare in die land

magriet ·

blommie, wat is ‘n korpenaare? ek wil vreeslik graag weet asseblief

magriet ·

blommie, wat is ‘n korpenaare? ek wil vreeslik graag weet asb?

Gerhard Bezuidenhout ·

Daar gaan met hom niks gebeur nie want eersdaags le hy weer gesuip in n voertuig. Ek wens dat Maroela Media ons op hoogte kan hou wat met die knaap gaan gebeur.

Andre Green ·

Laat ons nou maar eerlik wees, dis die karakter van ons SAPD. ‘n Klomp nikswerd mense. Enkles, slegs enkeles kan nog geassosieer word met polisie uit die ou era. Hulle was nog polisie op wie mens kon reken.

Ben ·

Die polisie”mag”, die poskantoor, SAL, die weer”mag,” ens, ens – noem maar op, is deel van ons verlede en bestaan steeds net om maandelikse salarisse te trek. Sê maar totsiens vir alles waarmee ons oues van dae grootgeword het – dit bestaan eenvoudig nie meer nie!

Winston ·

Ja. As jy hom weer sien is hy n kaptein of kolonel. Hy moes summier arresteer gewees het en ontslaan. Dalk is hulle besig met die kortlys. Om Payega op te volg? Dis n skande en hy word beskerm? Sies lafaards. Cowards!

George ·

Die tugstappe is as volg: Hy word bevorder en herontplooi. Siek, siek, siek …..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.