[Foto’s] Dronkbestuurder in Wes-Rand ná jaagtog aangekeer

Die motor waarin die mans gery het. Foto: Verskaf

Die motor waarin die mans gery het. Foto: Verskaf

ʼn Man in sy 30’s is Vrydag in Gauteng in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het.

Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, het aan Maroela Media gesê verkeersbeamptes van die Merafong-munisipaliteit aan die Wes-Rand, was omstreeks 17:30 op die R28 (Randfontein-pad) in Westonaria besig met spoedlokvalle toe beamptes ʼn grys Opel van die pad af wou trek.

“Die bestuurder het versuim om te stop en amper van die beamptes raakgery toe hy versnel het om weg te jaag,” het Nxumalo gesê.

Die motor is agternagesit en uiteindelik tot stilstand gedwing.

“Die motor, wat van Marikana in Noordwes op pad was na Qwa-Qwa in die Vrystaat, het sewe insittendes gehad. Daar was oopgemaakte en leë drankbottels in die motor. Die bestuurder se alkoholvlak is getoets en het 0,97 mg/l geregistreer.”

Die man is dadelik in hegtenis geneem en na die Bekkersdal-polisie geneem vir aanhouding. Hy moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Hendrik ·

Dit raak n geweldige probleem in ons land, drank gebruik raak almal in jou huis, werk, medemens en jouself. Dit het veral onder jou opkomende populasie toe geneem en daar is geen verantwoordelike optrede nie, Ek self 43gedrink by die kaste en Ken die gevolge, oplossing ek weet nie.

Cherokee ·

Hendrik, toe ek daai laaste sin van jou lees toe weet ek jy het 43 by die kaste gedrink.

KarooKlong ·

Hahaha Hendrik ek het weer gedink jy is besig met jou 43ste kas.
Oplossing: net twee woorde, nee dankie.

TM ·

Lyk soos ‘n kroeg op wiele. Ek sê steeds drank is ‘n groter probleem as rook maar rook kry meer aandag en word veel meer gereguleer. Stem saam met Hendrik dat drank almal beinvloed.

Cherokee ·

Dit isj nie sjoos julle sjê nie. En disj weekend onthou.

Wilmarie ·

Maak my woedend! Stel onskuldige mense wat ook op die paaie is se lewens ingevaar!

Karolis ·

Drink (drank) is die hoogste vorm van selfsugtigheid.
Vra enige drinker se wederhelf.

Frederik ·

Die dronk maat van Marikana het geld vir drank, maar nie vir nommerplate nie.

KarooKlong ·

Frederik, hy het nommerplaat voor. Sy gesig asook die nommerplaat is “geblur” om sy identiteit intussen te beskerm.

Cherokee ·

Ag toe nou! Maroela het ook skroewedraaiers wat nommerplate kan verwyder.

Andre ·

Dronk bestuurders se bestuurslisensies moet permanent weggeneem word. Hulle moenie later weer kan aansoek doen nie.

André ·

Neem lisensies weg dan koop ons een of bestuur daar sonder.

danie ·

Meskien sal drank aandag kry as nie soveel mense afhanklik is van die geld wat daardeur gemaak word nie. Veban drank advertensies en borge, soos met siggarette,

Nico ·

Wat help dit jy sluit n ou toe na 2 jaar is uitslag miskien bekend kyk in krugersdorp tot hoe laat bly die kuier plekke oop na 11- 12 uur die aand geen verkeersbeampte in sig nie die dorp begin lewe kry hier na 10 dis wanneer drank en dwells lekker beskikbaar is

André ·

Kyk net na die baie drank advertensies op TV. Om te drink is “Cool”. Ook in baie van die sepies op TV. Niks fout met drink nie, dit is met suip waar die probleme begin. Hoeveel dronkies wat bestuur het het al die gereg vry gespring agv swak opvolg werk??

John ·

Is dit slim om ‘n dronk man te jaag? Keer hom liewers voor. Hoeveel mense kan so hul lewens verloor.

CommentQueen ·

Dronk bestuur…. Sluit toe!!!
Selfoon en bestuur…. SLUIT TOE!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.