Foto’s: Drywende wrak ʼn gevaar vir vissermanne

Die drywende wrak aan die Valsbaai-kus Foto: Wendy Crowther, NSRI

Die drywende wrak aan die Valsbaai-kus Foto: Wendy Crowther, NSRI

Die Nasionale Seereddingsinstituut het Saterdag vissermanne en ander vaartuie by die Kaapse Skiereiland en aan die Valsbaai-kus gemaan om op die uitkyk te wees vir ʼn groot vaartuig wat omgeslaan het en nou in die omgewing dryf.

“Die NSRI is Vrydagmiddag omstreeks 14:00 oor die wrak in kennis gestel nadat ʼn visserman dit raakgesien het,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê. Die wrak was Vrydagmiddag 16:00 ongeveer 9.8 seemyl suid van Kaappunt.

“NSRI Simonstad het flitsende liggies van ʼn lewensreddingsbaadjie aan die wrak vasgemaak in ʼn poging om dit meer sigbaar te maak vir verbygaande verkeer. Ons grootste kommer is vissermanne wat voor sonopkoms vertrek en na sononder terugkeer, aangesien die wrak skaars sigbaar is.”

Volgens die NSRI was die drywende wrak al vroeër ook aangemeld. Die oorsprong van die vaartuig is nie bekend nie. Volgens ʼn marinebioloog, wat as vrywilliger by NSRI Houtbaai werk, is een van die mosselvergroeisels op die wrak ongeveer twee maande oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Dalk net dalk gedink hulle is oppad na Spanje of Italië? Hulle moes maar soos hul voorgangers voetgeslaan het. Op die see moet jy jou verstand gebruik. Dis hoe die intellegensie aan wal gestap het op 6April 1652.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.