[Foto’s] Duisende betoog teen Zuma in Wes-Kaap

Foto: Twitter via @NoelCrowie

Duisende inwoners in Kaapstad en kleiner dorpe in die provinsie het hul stem by menigtes regoor die land gevoeg om te eis dat pres. Jacob Zuma moet bedank.

Die ‘Voices to Save SA’-optog sal na verwagting om 12:00 van Keizersgracht na die parlementsgebou beweeg. Die stad het toestemming gegee vir 8 000 mense om aan die optog deel te neem. Strate wat geraak word, is Adderleystraat, Spinstraat en Pleinstraat.

Groepe betogers het ook vanoggend op verskeie ander plekke, onder meer in Paternoster en Bloubergstrand, mensekettings gevorm en plakkate omhoog gehou om hul ontevredenheid teenoor Zuma te toon. ʼn Foto van drie vragmotors in Kaapstad waarop die woorde “Zuma must go” geskryf staan, word wyd op sosiale media versprei.

Hier is ʼn paar van die foto’s wat op sosiale media gedeel word van die protesaksies in die Wes-Kaap:

*Is jy by een van die protesaksies wat regoor die land gehou word? Stuur gerus jou foto’s na [email protected] en vertel ons waar die foto’s geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

zahn ·

Trots Suid Afrikaans! Vreemd op die tong, aangesien ek dit nie te veel gebruik nie…

Kosie ·

Mandela was so-so, Mbeki was vrot, Zuma is pateties. Sien julle die (afwaartse) tendens met betrekking tot ANC leierskap? As Zuma gaan, wie gaan hom opvolg? As dié tendens voortduur (en daar is geen rede om te glo dit sal nie) sidder ek om te dink in watter gemors ons in die toekoms gaan wees.

Penellope Jones ·

Mooi so Wes-Kaap. Hou so aan!
Wees die voorbeeld in goeie en rustige optrede, in ‘n verenigde volk wat reg en geregtigheid soek met ‘n verlangende hart.

Stella ·

Wat ‘n belewenis! In Kaapstad was duisende mense en so wonderlik om te kon beleef hoe Suid-Afrikaners saam kan staan. Mans, vrouens, kinders, ouma’s, wit, geel, groen, vet, maer ens. skouer aan skouer loop!

MAB ·

Dankie, dankie, dankie Wes-Kaap…ek was heeldag in gees met my mede-landsburgers wat vir ons almal fisies betoog het om ons regte en land terug te kry DANKIE!!!

CHRISTA ·

Ek dink die plakate agter teen die vragmotors was ‘n briljante idee!!! Hulle moet moet die volgende optog die minisbus taxis aanspoor om dieselfde te doen!! DIT sal ‘n groot uitwerking hê!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.