Foto’s: Duisende bid saam met Oom Angus vir land


sacred-assembly-15-alet-pretorius

Duisende Suid-Afrikaners het van verskillende kulture het Saterdag saam vir Suid-Afrika gebid. Foto: Alet Pretorius.

Meer as 50 000 Suid-Afrikaners het Saterdag in die FNB-stadion, suidwes van Johannesburg, byeengekom om te bid vir ʼn einde aan die droogte, korrupsie en rasse-onmin in Suid-Afrika.

Christene van sover as Kaapstad en KwaZulu-Natal het die geleentheid bygewoon, terwyl aanbiddingsliedere in Engels, Afrikaans en Sotho gesing is. Daar was selfs mense van die VSA, Brittanje en Swede in die gehoor.

Die Sacred Assembly is deur die lekeprediker Angus Buchan gereël en sy boodskap het oor vrede gegaan. Sy doel was om Christene bymekaar te kry om vergifnis te vra vir hulle sonde en God se genade op Suid-Afrika af te bid. Buchan het Christene gemaan om die Bybel te lees as dié boek wat die kompas vir hul lewe moet wees.

Buchan het nie mooi broodjies probeer bak nie. Hy het hom onder meer sterk teen rassisme, korrupsie, vroue- en kindermishandeling en ander omstrede onderwerpe uitgespreek: “Christene het ruggraatloos geword,” het hy gesê. “Julle kla die heeltyd, maar doen niks aan die negatiewe situasie in die land nie, en dit moet nou end kry. Christene moet vir hulle geloof opstaan want daar is ʼn aanslag op die Christendom. As jy as Christen jouself aan God toewy, is jy ook deel van God se weermag.”

Buchan het gesê die kerk is besig om sy stem in die samelewing te verloor en daarom moet daar dringend opgetree word.

“Mense mag dalk sê, Angus jy spreek jouself te sterk uit, maar ek is siek en sat vir die gemors in hierdie land,” het hy gesê. Hy het die leiers en parlementslede wat die geleentheid bygewoon het, uitgedaag om elke dag se werksaamhede te begin met Skriflesing. Buchan het ook gesê dat dit baie beter met Suid-Afrika sal gaan as die parlement elke oggend met Skriflesing en gebed geopen word.

Op ʼn vraag oor wat ná afloop van die Sacred Assembly sal gebeur, het Buchan gesê dit is nou die plig van elke Christen om vir die wêreld te vertel wat Jesus vir hulle beteken.

Mense wat die geleentheid bygewoon het, het die volgende oor die geleentheid op sosiale media te sê gehad:

  • Jacey Venster: “Dit was awesome – om duisende mense in ʼn eenheid vir Jesus te sien is onbeskryflik. Dankie Jesus vir Angus en die span wat die wonderlike boodskap gebring het.”
  • Mabel Dunn-Fayers: “Wow! Ongelooflike samekoms wat ʼn mens se lewe verander. Dit was die moeite werd.”
  • Gabriel Crause: “Ek is so dankbaar dat ek kon deel in die Sacred Assembly. Dankie oom Angus en die Shalom-span, dit was awesome. Ek glo met my hele hart dat God Suid-Afrika en ons lewens sal verander.”
  • Anoniem: “God het ʼn spesiale afspraak met almal gehad wat die Sacred Assembly bygewoon het.”

Tygerberg 104FM het Buchan se hele toespraak en gebed as ʼn podsending beskikbaar gestel.

Luister ook bo-aan hierdie berig na ʼn insetsel oor die Sacred Assembly. Die klankgrepe is deur Merentia van der Vent van Tygeberg 104FM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jacobus ·

Net jammer ons kan nie soveel mense kry om saam te staan teen geweld ens nie

Rudi ·

Ek dink as mense “ruggraat kry” en hulle geloof toepas sal hulle al hoe meer insien dat alle geweld verkeerd is. Kom ons kla eerder nie dat alles presies gaan oor ‘n spesifieke agenda nie, dit kan mos alles saamwerk tot dieselfde doel. “Perfect is the enemy of good.”

Alida ·

En wat dink jy nou kan al daardie mense doen teen geweld wat oor die land versprei is.

Yvonne ·

Dis so ‘n mooi gesig om te sien hoe al daai mense onse Here Jesus aanbid. Wens ek was daar!

anta ·

So waat wat rudi daar se..en ons witmense het ruggraadloos en jesusloos geword..sonder jesus se genade is ons niks!!vind jesus weer!ons het niks om te verloor nie,maar om te ontvang in jesus naam!amen!!

Adél ·

Shoe dit gee mens hoendervleis, was ook al so by sy byeenkomste en dit is “awesome”!! Prys die Here dat ons as Christene nog so bymekaar kan kom om Hom te aanbid en te bid vir reën sonder om dood gemaak te word daar nie!!!

peter ·

Weereens wek die kerk die ‘victim’ mentaliteit en almal is ‘n klomp swakkelinge. God het ook die swaard gebring om jou vyande te vernietig en nie net vir hulp te sit en wag nie. Bid en geloof sonder die dade is dood.

lettie ·

Prys die Here! Ek wens ek was daar! Wat n fantastiese gesig! Elkeen kan n positiewe bydrae lewer deur te begin in sy gesin, gemeenskap, daaglikse mense soos petroljoggie, supermark kassier, kollegas deur mense met respek waardigheid, verdraagsaamheid en vriendelikheid te hanteer. N Glimlag wek n glimlag en verlig die spanning waaronder ons mense verkeer.

GES ·

Prys die Here se groot naam. As ons, ons sonde bely, Hy is getrou en regverdig ons te vergewe.

Edwin ·

Angus is nie n lekeprediker nie, hy is n Gods gestuurde heilige prediker en profeet. Hy is nie deur die indokrinasie van die universiteit nie, so ook was Paulis nie. Dankie Angus, die Here seen jou

Skokkend ·

Quixilver, waar val u uit? As u die berig met aandag lees, sal u sien dat oom Angus GEEN fooie gevra het nie! M.a.w. toegang was gratis. Dankie oom Angus! Kyk getrou ook na oom se preek elke Sondag oggend 7h00 op Etv.

JC ·

@Realiteit. Will ek se. Dit is nie n mors van tyd om voor Jesus te buig nie. Hy is die enigste weg. Kry jou lewe in orde en bekeer jouself. Dan sal dit met jou goed gaan. Jesus is die enigste weg tot redding en slegs deur Hom sal daar versoening kom en deur liefde sal die land verander.

Quixilver ·

50 000 mense. Wat was die ingangsvooi, en hoeveel van daai geld gaan aangewend word vir dit waarvoor gebid is. geloof vat Miljoene Rand elke jaar en geen TAX word betaal daar op nie. Dink weer hoekom hy sulke byeenkomste hou. “Power corrupts, and absolute power corrupts absolutely”.

Sê maar net ·

My getuienis is dat daar ‘n GROOT geestelike skuif vir Suid -Afrika gekom het.
Met elke AMEN, belydenis en lofprysing wat deur die stadion weergalm het kon ek dit tasbaar voel.
Kom ons sien saam uit na dit wat God vir Suid-Afrika en sy mense gaan doen !

Johannes Meintjes ·

As Christen en sendingwerker bly my kommer oor Kerk en Volk of landsburgers en amptenary ook groot. Die Christen van welke kultuur ookal, het die plig om Skrifgerig te leef, vanuit die Gemeente tot in elke tersaaklike terrein van sentrale, tweede vlak of plaaslike regering, die gemeenskap, die werkplek en op elke administratiewe sowel as praktiese lewensterrein. Iewers egter, skyn dit asof elke kerkgenootskap (ook in SA) bloot ‘n wedywerend godsdienstige klub geword het wat sterk en selfs manipulerend staatmaak op kergangers vir inkomse. Dat Oom Angus as ‘n landbouboer nou die kerk se werk ook moet doen om die sout, lig en Koninkryk-suurdeeg te probeer heraktiveer!?

plaasjapie ·

Ek stem saam met Realiteit. Wens ons boervolk in die land se oee wil oopgaan. Ons leiers het verleiers geword.

daleen becker ·

Dit was die mees ongelooflikste ondervinding in my lewe.om soveel mense op hul kniee tesien.en saam testaan en sing en bid.oom Angus jy het baie mense in trane gehad.en so baie mense se harte aan geraak.ek is so bly ons was da.dit was n wonderlikke ervaring.baie dankie.kan julle asb so saam koms in mbombela ook reel asb…

Lynette ·

Dankie Angus . Wens ek was daar om dit te kon beleef . Dit waaroor jy gepraat het maak so sin , Mens is so geneig om te aanvaar dat dit soms so verkeerd kan raak . Daar is niks beter as om met God te komunikeer nie God weet als . Maak om te vra en te bid in die Geloof het nog altyd n antwoord gekom . Prys die Here

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.