Foto’s: Duisende dansers trek saam vir jakkalsdraf, samba, rumba en tango

Dasha Chesnokova vermaak gaste tydens die dansfees se galadinee. Die danser het ook slypskole vir dansers aangebied. Foto: Retsene Tshikane/RiTJ.

Meer as ʼn 1 500 dansers het dié naweek by Sun City in Noordwes saamgetrek om aan ʼn dansfees deel te neem.

Die Rumba in the Jungle-megadansfees het deelnemers van Suid-Afrika en sy buurstate getrek wat deelgeneem het aan verskeie danspassies vir van beginner tot op professionele vlak. Dansers van so jonk as ses tot senior (ouer as 34) dansers het aan die dansfees se verskillende afdelings deelgeneem.

ʼn Paneel van ses plaaslike en ses internasionale beoordelaars van lande soos Oostenryk, Amerika, Denemarke, Duitsland, Groot-Brittanje, Nederland, Italië, Japan en Finland, het die dansers beoordeel. Die internasionale beoordelaars het ook spesiale lesings en slypskole vir die dansers aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elsa ·

Dankie vir ‘n bietjie positiewe nuus. Laat ons dans en vrolik wees. Alles in ons pragtige land is nie net sleg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.