[Foto’s] Duisende EFF-lede ruk op na JSE

Die EFF ruk op na die JSE en stap deur die strate van Johannesburg op 27 Oktober 2015 Foto: @EconFreedomZA, Twitter

Die EFF ruk op na die JSE en stap deur die strate van Johannesburg op 27 Oktober 2015 Foto: @EconFreedomZA, Twitter

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het Dinsdag tydens ʼn opmars na die Johannesburgse aandelebeurs gesê die JSE is “vol rassiste wat nie naby swartmense wil wees nie”.

“Waarom sal ons hier aansoek doen as ons uitgesluit gaan word,” het Malema aan die duisende EFF-lede gesê wat die hele dag lank deur die strate van Sandton gestap het teen wat hulle “wit kapitaal” noem.

Onder leiding van Malema het minstens 40 000 EFF-lede eers by die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die Kamer van Mynwese aangedoen voordat hulle by die JSE geëindig het.

Malema het gesê die Reserwebank en Kamer van Mynwese het die EFF verwelkom, maar nie die JSE nie. “Julle kan ons nie soos vreemdelinge in ons eie land behandel nie,” het hy gesê. “Ons is mense en ons moet met respek hanteer word.”

Floyd Shivambu, adjunkpresident van die EFF, het die eise voorgehou wat hulle aan die JSE oorhandig het. Die EFF eis onder andere dat alle maatskappye noemenswaardige aandele aan hul werknemers moet gee, dat alle JSE-maatskappye ʼn minimumloon van R4 500 moet instel, alle mynwerkers moet minstens R12 500 ontvang en R5 000 minimumloon vir plaasarbeiders en diegene in die handelsbedryf.

Die EFF eis ook ʼn totale verbod op arbeidsmakelaars en het gesê handelshuise moet 70% van sy produkte by plaaslike ondernemings aankoop.

Shivambu het gesê hulle wil binne 30 dae ʼn reaksie hê. “As ons nie ʼn reaksie kry nie, sal ons die maatskappye wat op die JSE gelys is, sluit, en geen hoeveelheid sekuriteit sal ons terughou nie,” het hy gewaarsku.

ʼn Beampte van die JSE het aan die skare gesê hulle sal die memorandum oorweeg en met die leierskap van die EFF bespreek.

Die skare het ongeveer 20 km ver deur die strate van Johannesburg beweeg.

Daar was ʼn oomblik van paniek toe ʼn aantal EFF-lede deur ʼn hek van die JSE gebars het, maar ʼn groot polisieteenwoordigheid het vinnig die orde herstel. Die EFF-ondersteuners het deur ʼn veiligheidsgrens gebreek, ʼn tydelike heining afgeskop en voor die hoofingang van die JSE kamp opgeslaan.

Shivambu het, kort voordat hulle by die JSE opgedaag het, aangekondig dat hulle verby die Amerikaanse ambassade stap en dat die Amerikaanse regering die “vyand” van die struggle is. “Amerika is nie ons vriend nie. Amerika is die vriend van die huidige ANC-regering,” het hy gesê.

Volgens Shivambu moet die JSE op hul eise ag slaan, aangesien Amerikaanse maatskappye Suid-Afrikaners al vir jare lank uitbuit. “Amerikaners boelie ons regering sodat tariewe verlaag moet word en hulle hul produkte aan ons kan afsmeer.”

Malema het vroeër die Kamer van Mynwese veroordeel en gesê hulle behoort hulleself te skaam oor die mynsterftes wat plaasgevind het terwyl hulle hul amp beklee. Hy het die Suid-Afrikaanse mynbedryf daarvan beskuldig dat hulle werkers steeds uitbuit en doodmaak.

Hy het die Reserwebank gemaan om met die land se banke te praat oor die kwessie van hoë bankkoste en gesê persone wat kontant by Pick n Pay trek, betaal nie bankkoste nie, maar banke hef fooie op dieselfde transaksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Christie ·

Almal sê hulle het die grootste agting en respek vir wyle Madiba. Is dit die optrede wat hy sou goedkeur?

RSA ·

Ja hy sou, want hy het dieselfde opgetree, en selfs erger,
om bomme te laat plant in publieke areas, wat onskuldige mense gedood het

chrisp ·

Christie.
Hy sou dit nie net goedkeur nie maar saam met ou Thabo ‘n lang duur whiskey afsluk, of dalk meer as een.

Winston ·

Die beeld wat die wêreld gehad het van Mandela is n “moeder Theresa” is vêr weg van die terroris wat hy was. Hy het vanuit sy sel die weg gebaan vir sy mense. Hy is n ikoon gemaak vir die wêreld wat almal geglo het. Hierdie is sy plan wat al meer realiseer deur sy mense. Die land word nou n oorlogsone met die verskil dat een kant nie kan wen nie. Eers sagkens en sonder moeite ontwapen.

JJ ·

Hahahaha…ou Juli-ass: “Ons is mense en moet met respek behandel word.” Ek moet net twee dinge doen….en nie een van hulle sluit jou stelling in nie. Respek word verdien, nie afgedwing nie. Of as jy dink dit werk so, kan ons maar…

Annalie Roux ·

As dit nou nie haatspraak is nie! Wanneer gaan die spul oor hulleself kom en aanbeweeg? Hulle wakker rassisme net verder aan!

Se maar net ·

Ou Julius! Wat n grappie. Jy vergiftig jou mense se koppe met jou strooi. As n werker by een van die firmas by die JSE, wil ek jou net gou regstel!!! Indien ons poste het wat oop gaan word daar baie meer swart mense vir n onderhoud gevat as wit mense. Ons HR hoof is n swart vrou. Baie ekonome en direkteure is swart. As iemand bevordering kry, is dit nie altyd n wit een nie maar veel eerder n swart persoon. Daar is baie goeie werkers wat al lang jare by die maatskappye werk en verdien om bevorder te word maar weens BEE en ander snert mag hulle nie bevorder word nie. So wie is nou regtig die rassiste dan nou hier? Kry jou feite eers bymekaar voor jy jou optogte wil reel en mense se tyd wil mors! Jy het gese Zuma is n pampoen kop, ek wonder of jy enigsin beter is….

Hettie ·

Wat van BEE? Ek is nie seker of ek reg gesê het, nie – BEE net alleen swartes en wil nie wittes hê nie?

Sune van Heerden ·

Dagsê Hettie

Dit is die erkende afkorting vir die Johannesburgse aandelebeurs.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

GES ·

Bygeleentheid het ‘n persoon eenkeer die stelling gemaak dat ‘n bevolking in 3 groepe mense verdeel kan word. Die persoon het beweer dat ongeveer 20% regtig weet wat aangaan, 50% dink hulle weet wat aangaan en 30% mense glad nie weet wat aangaan nie.

Malema val verseker nie in die groep nie wat weet hoe ‘n land bestuur moet word of hoe die ekonomie werk. Wat hy wel bemeester het is om mense op te sweep en omkoopgeskenke te aanvaar. Hy sal in sy lewe nooit iets konstruktief kan bydrae om die lewe van die deursnee bevolking te verbeter. Hy verwar welvaart met nepotisme.

My persoonlike oortuiging is dat daar weer ‘n dag moet kom waar ons almal om ‘n tafel gaan sit en selfbeskikking as ‘n opsie oorweeg. Water en olie meng net tydelik en die huidige bestel bied geen blywende oplossing.

Theresa ·

Verspotte bespotting. Dring aan om as “mense” deur JSE aanvaar te word – maar tree nie gesofistikeerd op nie. Mag die Vader gee dat hierdie man en ander wat soos hy die land ten gronde sal ploeg met die eng denkwyse van ‘n kennislose iemand wat ‘n mikrofoon en t-shirt gekry het om stem dik te maak. Die makkers wat saamdraf oral heen is lastig baie, maar het dieselfde leë dop.

Lulu ·

As ek luister en sien wat aangaan dan word ek doodsbenoud om aan my kleinkinders te dink. Wat gaan van die arme goedtjies word? Hulle is maar net 2jr en 6 jr oud – hier is geen toekoms vir hulle nie.

Strydom-:Stryslim eerder ·

Malema: The stupid leading the dumb! Dis n resep vir n gemors

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Malema is besig om op die verkeerde mense se tone te trap maak baie vyande en min vriende sy impelsiewe denke en optrede kan hom nog duur testaan kom Hy is dalk nou die kat se snor en vang media shine .Daar is baie ryk biljoeners wat geld op die JSE bele wat hy klaar die josie in het met sy optrede . Hoop regtig vir Malema se part hy het BBPs wat hom goed oppas hy gaan hulle baie nodig kry in die toekoms .En onthou ou engilse segenskap talk is sheep .Ons het die engilse aanslag oorleef 115 jaar terug en hiers ons nog steeds vanndag . Groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.