[Foto’s] Duisende eis Zuma se kop

Foto: Adele Changuion

Duisende mense het van Kerkplein na die Uniegebou begin beweeg ondanks die reën wat vroegoggend oor dele van Pretoria uitgesak het.

Ondersteuners van verskeie opposisiepartye, insluitend die DA en EFF, het van vroegoggend op Kerkplein bymekaargekom. Die optoggangers het daarna na die Uniegebou begin beweeg waar partyleiers hulle vermoedelik sal toespreek.

Woensdag se optog is deel van verskeie aksies wat beplan word om pres. Jacob Zuma te probeer dwing om te bedank. Zuma vier Woensdag sy 75ste verjaardag by ‘n ANC-byeenkoms in Soweto.

Die polisie is intussen op hoë gereedheidsgrondslag by die Uniegebou. Die optog het tot dusver vreedsaam verloop. Cosatu en die SAKP het ook vroeër geëis dat Zuma bedank maar het besluit om nie aan vandag se optog deel te neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Genieve ·

As ek so verneder word vat ek wragtig die pad.Kan Zumpies nie dink nie..die hele land soek sy kop.Onnosel veby.

Dissie ·

Mmmm… Wat gaan jou verskoning hierdie keer wees, mnr Zuma…? Hierdie ouens lyk vir my vreeslik rassisties? Of hoe?

Annie ·

Dissie……..dissie reg dat hy nie kan sien hoe rassisties die ouens is nie. Dalk moet hy minder op sy huis spandeer en vir hom ‘n nuwe bril laat maak. Hy mag wel SA se president wees maar van my is hy niksie.

Deurmekaar ·

Ek neem aan hierdie is dan ook ‘n klomp rassiste soos wat Zuma in ‘n vorige berig kwytgeraak het?? Wonder maar net…

JC ·

Ek dink regtig dis verby met hom(moet wees?), gesonde logika voorspel dit. Maar…hehehe…hehehe…

cor ·

Hy en sy Gupta kammerade se “inteligensie verslag ” sal weer met “Photo shop” wys daar was baie wit rassiste teenwoordig. Wag maar vir sy volgende toespraak by een of ander geleentheid dan slag hy weer die wittes.

Helen ·

Ja nee kyk ek wonder wat gaan hy op sy toespraak vandag met sy verjaardag viering in Soweto se….kyk hu rasisties is die wittes hulle het hulle self bruin gepaint. Hulle dink ons hy is so dom ons kan mos sien dis n wit man wat homself bruin paint? want sorry Mr Zuma ek sien die meerderheid is bruin en swart wat toi toi vandag!
Noem maar net~

Snoepie ·

Ek weet wat gaan sy verskoning wees vir vandag se optog…
“Kyk hoe oulik; amal het my kom geluk sê met my verjaarsdag”
;-)

James ·

Zuma, sy maters, en die Guptas sal fisies verwyder moet word, want hul suig vas soos parasiete.

Charmaine Griffiths ·

Het enige van julle agtergekom dat die sogenoemde Schengen Visa vry vir Suid Afrikaners wat na Europa wil reis nog nie gebeur het nie, al sou dit in Maart 2017 al miskien so gebeur MAAR skielik in April 2017 geen visa vir heen en weer vir Rusland !! En oornag nuwe mafia wat klubs in Kaapstad se “sekuriteit” oorneem. Blykbaar Russe en Sjinese

AL ·

Ons raak nou n gangsta republiek. Ek het dit nogal gelees. Scary!

CJ ·

Anders as wat die berig probeer uitbeeld, was dit ‘n feitlik uitsluitlik EFF optog, met enkelinge of baie klein groepies van Cope, AZAPO, IVP en DA. Veral die besadigde DA groepie wat die agterhoede gedek het, het maar sleg afgesteek.

Lampies ·

Jy is 100% in die kol, CJ. Kan ek ‘n raaiskoot waag dat die DA-fotos doelbewus geplaas is?

Pietser ·

Hulle was darem daar, meer as wat ons van die vrotsige VF- kan se (VF- dink mos Zuma is ok, so hulle neem nie deel nie). Die EFF was eintlik die hooforganiseerder van die optog, onthou hulle het nie aan die DA se optogte verlede week deelgeneem nie. Op die tv was daar baie DA ondersteuners te sien op kerkplein, ek dink nie hulle het almal uniegebou toe gestap nie.

Piesang Republiek ·

Gelukkig was daar nie iemand wat ‘n piesang geeet het ind ie skare of een vasgehou het nie anders sou RASSISME weer aangevoer gewees het ..

zis ·

HY!! is so dikvellig, hy sal nog heel moontlik in sy neus krap en sit en lag vir die hele besigheid. Sy eie mene sien nie meer kans vir hom nie?Hoe stupid kan `n mens wees.

Jackie ·

Al wat opmerklik is is dat hulle wel toe BAIE MINDER was as toe die “RACIST WHITES” saam gemarch het. Toe is die minderheid tog nie so onopsigtelik nie is ons? Vrydag se march was baie groter as wat vandag s’n was as ek die syfers reg het, ek verstaan Vrydag was daar meer as 200 000 persone saam in al die stede.

LMF ·

Ek het nogals die petalje dopgehou op TV als goed en wel maar vir malema moet ons ligloop hy en sy volgelinge is klomp slange en ek bedoel n giftige slang hy gaan omdraai en ons wat wit is pik wag net dat die storie van zumpa afkoel ons boere en elke witmens moet paraat wees hy het baie meer planne en dit het nie als met die gezoem van die Gupta’s te doen nie

Ange ·

Mbeki het nie so geklou nie en die hele land was nie eers in opstand nie.

vermeende ·

Kyk gerus hoe positief die markte gister geriageer het met die optogte, die gevaar is egter hoe n persoon met St 3 kwalifikasie dit sien. Hy glo seker hy het iets reg gedoen en verdien om te bly.

fred ·

Ai, die appartheid darem – dis verskriklik. As dit nie vir daardie dae was nie, sou hierdie land nie so gelyk het nie. Vergelyk Jhb. nou teen daardie tyd – n totale gemors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.