
Die span van Sun International handig verskeie kospakkies oor aan die Rise Against Hunger-inisiatief. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.
Die parkeerarea van die Time Square-kasinokompleks in Pretoria was Dinsdag ʼn miernes van bedrywigheid soos honderde vrywilligers van Sun International en ander sakeondermenings kospakkies vir die Rise Against Hunger-inisiatief gepak het.
Verskeie plaaslike bekendes, onder andere Demi-Leigh Nel-Peters, mej. Suid-Afrika, en die eerste prinses, Adè van Heerden, asook werknemers van Carnival City in Boksburg en The Maslow Hotel in Sandton en lede van die media het 67 minute van hul tyd gegee om tydens vanjaar se Mandela-dag kospakkies vir behoeftige kinders te pak.
Dit is ʼn landwye veldtog van Sun International met soortgelyke geleenthede wat by die Boardwalk in Port Elizabeth, Grand West in Kaapstad en die Wild Coast Sun in Port Edward plaasgevind het.
Sun International se teiken is vanjaar om drie miljoen maaltye as deel van Mandela-dag-vieringe te verpak.
Elke boks wat gepak is, bevat 36 kospakkies en elke kospakkie bestaan uit ses maaltye. Die inhoud van elke maaltyd is noukeurig beplan om voorsiening te maak vir die voedingsbehoeftes van kinders. Die kospakkies bestaan uit rys, sojabone, ʼn sopmengsel en ʼn vitamienpakkie wat 23 noodsaaklike vitamienes en minerale bevat.
“Ons vier elke jaar op 18 Julie die verjaardag van ʼn ware Suid-Afrikaanse leier. Boonop vier ons die waardes waarvoor hy gestaan het, soos om ʼn verskil in minderbevoorregtes se lewens te maak. Dit is die derde jaar wat Sun International aan hierdie voedselverpakkingsinisiatief saam met Rise Against Hunger deelneem en ons was verheug toe Time Square gekies is om gasheer vir een van die geleenthede te wees.
“Die organisasie doen uitstekende werk om die nood van honger kinders in Suid-Afrika te verlig. Die voorkoming van hongersnood is iets wat ons na aan die hart lê en daarom voel ons bevoorreg om deel te kan wees van hierdie betekenisvolle Mandela-dag-inisiatief, wat ’n verreikende impak op behoeftige gemeenskappe het,” sê Brett Hoppé, hoofbestuurder van Time Square.
In 2015 het die inisiatief daarin geslaag om 1,2 miljoen maaltye te verpak. Die Sun-maaltydverpakkingsuitdaging het in 2016 ook drie miljoen kospakkies verpak.
- Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.
- Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.
- Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.
- Die span van Sun International handig verskeie kospakkies oor aan die Rise Against Hunger-inisiatief. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.
- Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.
- Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.
- Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Ek wil graag weet of blanke mense wat ook honger ly ook kospakkies gekry het.
My vraag ook Dawid
Ek hoop die blankes wat honger ly het ook gekry, dis mos darm nou n reenboognasie dan nie?
Asof een kospakkie een keer per jaar vir een dag hongersnood kan keer. Die bybel se as jy nie werk nie kan jy nie eet nie. Dankie Zuma
Dit is my vraag ook? Was daar darem aan die werklose blankes (te danke aan zuma) ook kospakkies gegee?
TERLOOPS: Wonder of Mej. SA en die helpers handskoene aan gehad het. Lol