[Foto’s] Duisende kospakkies om hongersnood te voorkom

Die span van Sun International handig verskeie kospakkies oor aan die Rise Against Hunger-inisiatief. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Die parkeerarea van die Time Square-kasinokompleks in Pretoria was Dinsdag ʼn miernes van bedrywigheid soos honderde vrywilligers van Sun International en ander sakeondermenings kospakkies vir die Rise Against Hunger-inisiatief gepak het.

Verskeie plaaslike bekendes, onder andere Demi-Leigh Nel-Peters, mej. Suid-Afrika, en die eerste prinses, Adè van Heerden, asook werknemers van Carnival City in Boksburg en The Maslow Hotel in Sandton en lede van die media het 67 minute van hul tyd gegee om tydens vanjaar se Mandela-dag kospakkies vir behoeftige kinders te pak.

Dit is ʼn landwye veldtog van Sun International met soortgelyke geleenthede wat by die Boardwalk in Port Elizabeth, Grand West in Kaapstad en die Wild Coast Sun in Port Edward plaasgevind het.

Sun International se teiken is vanjaar om drie miljoen maaltye as deel van Mandela-dag-vieringe te verpak.

Elke boks wat gepak is, bevat 36 kospakkies en elke kospakkie bestaan uit ses maaltye. Die inhoud van elke maaltyd is noukeurig beplan om voorsiening te maak vir die voedingsbehoeftes van kinders. Die kospakkies bestaan uit rys, sojabone, ʼn sopmengsel en ʼn vitamienpakkie wat 23 noodsaaklike vitamienes en minerale bevat.

“Ons vier elke jaar op 18 Julie die verjaardag van ʼn ware Suid-Afrikaanse leier. Boonop vier ons die waardes waarvoor hy gestaan het, soos om ʼn verskil in minderbevoorregtes se lewens te maak. Dit is die derde jaar wat Sun International aan hierdie voedselverpakkingsinisiatief saam met Rise Against Hunger deelneem en ons was verheug toe Time Square gekies is om gasheer vir een van die geleenthede te wees.

“Die organisasie doen uitstekende werk om die nood van honger kinders in Suid-Afrika te verlig. Die voorkoming van hongersnood is iets wat ons na aan die hart lê en daarom voel ons bevoorreg om deel te kan wees van hierdie betekenisvolle Mandela-dag-inisiatief, wat ’n verreikende impak op behoeftige gemeenskappe het,” sê Brett Hoppé, hoofbestuurder van Time Square.

In 2015 het die inisiatief daarin geslaag om 1,2 miljoen maaltye te verpak. Die Sun-maaltydverpakkingsuitdaging het in 2016 ook drie miljoen kospakkies verpak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

David ·

Ek wil graag weet of blanke mense wat ook honger ly ook kospakkies gekry het.

Lizzie ·

Ek hoop die blankes wat honger ly het ook gekry, dis mos darm nou n reenboognasie dan nie?

Alida ·

Asof een kospakkie een keer per jaar vir een dag hongersnood kan keer. Die bybel se as jy nie werk nie kan jy nie eet nie. Dankie Zuma

Dovaz ·

Dit is my vraag ook? Was daar darem aan die werklose blankes (te danke aan zuma) ook kospakkies gegee?
TERLOOPS: Wonder of Mej. SA en die helpers handskoene aan gehad het. Lol

Basjan ·

Ada, jy gaan ‘n oorverdowene stilte ervaar terwyl jy op daai mense se antwoord wag.

Anoniem ·

My vraag is wat van die res van die jaar. Of jy nou blank of nie blank is nie, jy moet eet en een dag in n jaar gaan nie die hongerpyne stil nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ada ·

Dit is verstommend dat Maroela nie my kommentaar wil plaas nie.My vraag is of arm blankes ook kospakkies ontvang het.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons wil werklik weet of witmense ook kospakkies ontvang het. Ek kan noual se: NEE. En dis ook so dat jy nie net eenkeer in ‘n jaar kan koskry nie. Wie flour vir wie.

Marlene ·

As daar niks gedoen word nie – kla die mense – as die mense iets probeer doen – kla die mense ook.

En elke bietjie help al is dit net een kos pakkie, dis beter as niks nie. mense probeer darm om n verskil te maak.

Maak nie saak vir watter ras dit uitgedeel is nie, almal is mense en ons almal kry die selfde gevoel en pyn as mens honger is . Die pakkies is uitgedeel vir wit en swart mense.

Komaan mense hulle probeer darm om die Wereld beter te maak. al is die bydra hoe klein as hulle dit verdeel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.