Foto’s: Duisende na Loftus vir inhuldiging

Duisende mense is reeds by die stadion vir die inhuldiging. (Foto: SA Government via Twitter)

Duisende mense het reeds die Loftus Versfeld-stadion in Pretoria begin volpak vir die presidensiële inhuldiging later vandag. Die seremonie vind vanjaar in die stadion plaas en nie by die Uniegebou soos in die verlede nie.

Cyril Ramaphosa word tydens die geleentheid as Suid-Afrika se vyfde demokratiese president ingehuldig.

Talle polisielede is ontplooi en verskeie van die strate rondom die stadion is gesluit vir verkeer.

Altesame 32 000 sitplekke in die stadion is beskikbaar vir gewone lede van die publiek om die swierige inhuldiging by te woon. Diegene wat dit nie self kan bywoon nie, kan dit op verskeie plekke in al die provinsies op groot skerms volg. Die verrigtinge word ook regstreeks op die regering se webwerf uitgesaai.

Verskeie staatshoofde, diplomatieke afgevaardigdes, sakelui en ander belangrike gaste woon die geleentheid by. Talle van hulle het reeds by die stadion aangekom.

Die amptelike program begin om 11:00.

Ramaphosa sal na verwagting om 12:00 sy toespraak lewer, waarna ʼn verbyvlug om 12:20 oor die stadion gedoen word. Vermaak en bedankings volg daarna. Die program eindig kort ná 13:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Muffin ·

Belastingbetalers dok weer op. Daar word seker in die duurste hotelle gebly en groot partytjie gehou.

James ·

Geniet dit!!! My belasting geld betaal hiervoor maar sukkel om krag te kan bekostig. Die wiel draai binnekort vir julle!!!!!!!!!!!!!!

Wurmpie ·

Wys asb vir ons hoe lyk Loftus as al daai mense die plek verlaat het vandag

Jacques ·

Is daai ‘n wit ou wat die vlag hys.
Of is dit nou die hys vlag…..????

Prezzz ·

Eky ook 2 keer gekyk.
Ek dink dis n ou wit wat hys vlag
????????????

CHAPPIES ·

SPUL NARRE…!!!
Sa op ROMMELSTATUS met sy ekonomie!
MAAR EÍSSHHHH…ONS,ONS PARTY SOMMER 120 MILJOEN OP EEN DAG GOU UIT…baie ryk land dié met dwase wat hom regeer !!!

humor ·

Soos ek dit het is daar ook duisende wat geensins belangstel nie.

Smirre ·

Gelukkig kry jy my nie eers op Loftus vir rugby nie, wat van die complete despotiese mors van geld deur ‘n morele en finansiele bankrot president en regering om iets anders as derde wereld verval vir die wereld te probeer voorhou. Soos alle Afrika Afrika regerings hoe meer despoties en bankrot hoe groter die show!!! Afrikaans is darem akkuraat met ” bo blink onder stink”……

Derek ·

MM…kan julle nie maar EERDER oor iets berig of skryf,wat die wetsgehoorsame landsburger en belastingbetaler intresseer, asb…???

sweis ·

Wat n grap maar te wagte van n piesang republiek en sy regeerders.

Anoniem ·

Ek hoop dat met dieselfde entoesiasme waarmee die dag se inhuldiging aangepak word, gaan die NUWE PRESIDENT armoede, werkskepping, korrupsie, PLAASMOORDE, geweld, dienslewering, rassisme, moord, misdaad en SY KABINET se GELOOFWAARDIGHEID aanpak (5 jaar is dalk te kort ????) en sorg dat Suid-Afrika vinnig ‘n groeikoers van 8% tot 10% het !

Ons BID vir JOU Mnr Ramaphosa ????????????

Andreas ·

En ek is besig om vandag al die positiewe berigte die week op Maroela, dit wat mens ‘n huppel in die stap gebring en die vingers vlytiger oor die sleutels van die rekenaar se toetsbord laat beweeg het, met my eie vlag te vier. Ek het dit tydjie gelede hier eenkant aan ‘n stok by ‘n blompot ingedruk, nou en dan haal ek dit uit, dan loop ek so ‘n draai deur die huis terwyl ek dit lustig deur die lug swaai.

Vra maar net ·

Muffin het jy nou vir een oomblik gedink dat hulle in cheap hotelle gaan bly !!!!!!! natuurlik sal hulle op ons geld in weelde di luuksheid wil gaan geniet,dis mos verniet

Griet ·

Jyt van prins ARCHIE se gespikkelde perd vergeet, tssst….!!!

Andreas ·

Griet, jy praat nou van Duke, aka SkimmelBaron Greenwich? Van vroegoggend is die arme hingsie skoon buite weste, die ore hang. Dit pla my die heel dag. Ek was netnou weer daar by die stalle om te roskam en moed in te praat, want dit lyk my die perdjie het een of ander identiteitskrises vandag. Ek glo dit het met Ramaphosa se toespraak te doen na die inhuldiging en hy is dalk gestress.

Kyk dis mos ‘n skimmelperdjie, maar nou sien ek na Cyril se toespraak die oë is ook waterig, die skimmelperdjie se haarkleed is mos nou donkergrys tot wit, met die spierwit maanhare en stert, nou na die toespraak dink ek hy weet nie of hy ‘n swart of wit of perdjie is nie, vergeet nou maar van die vos, ek glo more sal die ‘blues’ weg wees dan sal hy weer vol runnik en dinge wees, op die agterpote kom as hy die lug in klim, die stang stewig vasbyt as hy rondgelei word.

Andreas ·

Griet, jy praat nou van Duke, aka SkimmelBaron Greenwich? Van vroegoggend is die arme hingsie skoon buite weste, die ore hang. Dit pla my die heel dag. Ek was netnou weer daar by die stalle om te roskam en moed in te praat, want dit lyk my die perdjie het een of ander identiteitskrisis vandag. Ek glo dit het met Ramaphosa se toespraak te doen na die inhuldiging en hy is dalk gestres.

Kyk dis mos ‘n skimmelperdjie, maar nou sien ek na Cyril se toespraak die oë is ook waterig, die skimmelperdjie se haarkleed is mos nou donkergrys tot wit, met die spierwit maanhare en stert, nou na die toespraak dink ek hy weet nie of hy ‘n swart of wit of perdjie is nie, vergeet nou maar van die vos, ek glo more sal die ‘blues’ weg wees dan sal hy weer vol runnik en dinge wees, op die agterpote kom as hy teen die lug uit klim, die stang stewig vasbyt as hy rondgelei word.

Andreas ·

Griet, maar baie interessant, toe ek laatmiddag my vlag voor hom drapeer, het hy al heel rustig geraak.

Andreas ·

Ek het sommer al vroegoggend by Duke ‘n draai gemaak, toe hy my sien skud hy die kop dat die lang wit maanhare woes heen en weer gaan, gaan met die kop af tot laag oor die grond laat sak, kom regop, kyk so fier na my, sper die neusgate, dan kap hy met ‘n voorpoot op die grond dat die stowwe so staan.

Toe weet ek hy is weer klopdisselboom.

Andreas ·

Man, ek het van opgewondenheid skoon vergeet om by te voeg, toe hy daar met die kop laag oor die grond afgegaan het, het hy geproes!

En toe hy so met die voorpoot op die grond stamp, na hy so fier na my gekyk het, trek hy ‘n spier dat dit so by die blad bewe……

Andreas ·

Ek het idee dalk moet ek ‘n deuntjie vir die perdjie begin fluit, so kenwysie, dat hy nie net sy naam begin gewoond raak nie. Wat dink jy, sal so iets werk? En deuntjie?

Andreas ·

Kan ek byvoeg, eintlik wil ek nie, dis so effe tussen my en die perdjie, dit lyk my hy wil wil my toelaat om hom om die nek te vat en so drukkie te gee, dan raak die oë so groot. Maar ek verbeel my dit, as ek nader kom, dan beur hy met die kop terug, draai dit so weg na die een kant. Ek het idee hy hou dalk eerder van ‘n ‘sagter’ vat.

Andreas ·

En as die perdjie sy oë so rol as hy na my kant in afwagting kyk, dan hou hy die kop doodstil. Ek het idee hy wonder wat volgende.

Andreas ·

Dalk moet ek vergeet van deuntjies fluit en so, net ‘n fluitroep sal genoeg wees, maar miskien moet ek gedigte vir hom voordra as ek hom daar ent weg teen die kop agter die plaas uit lei. Ek wonder hoe hy sal reageer as ek hom van Archie en die vertel, net so ter voorbereinding van die groot dag?

Jr ·

Stel nie belang want hy is nie my president maar die president van die cANCer party. Maak soos jy smaak WHO CARES !!

Tanya ·

Ag asb hy dink om n duur inhuldiging te gee maak van hom n koning nee wat ……………………………………

Boet ·

Die enigste land in die wereld waar 90% van die bevolking belasting betaal wat nie vir die gekose party stem nie.

Klip ·

Sjoe, maar dan is die blankes verseker nog baie meer bevoorreg indien ons die meeste belasting bydrae en so ‘n klein groepie is!

Smirre ·

Korrek. Waar 50 m mense teen 5 m mense se ik, kennis, kwalifikasies, en entrepeneurskap beskerm moet word met die belaglike diskriminerende BBBEE sisteem wat nou al aangaan vir 25 Jr. Gooi daarby die kwota sisteme in sport. Soveel diskriminasie om soveel our people te beskerm teen so min kolonialiste .

Neels ·

Mooi ek hoop net die nasie gaan die nuwe hoofman op sy beloftes hou van voor die verkiesing en wat hy vandag gaan belowe op beloftepark anders gaan sy new dawn in n nagmerrie verander

Johan ·

Ek wil net graag die konsep van “Demokratiese President” uitle.
Democracy is a system of government where the citizens exercise power by voting. In a direct democracy, the citizens as a whole form a governing body and vote directly on each issue. In a representative democracy the citizens elect representatives from among themselves. These representatives meet to form a governing body, such as a legislature. In a constitutional democracy the powers of the majority are exercised within the framework of a representative democracy, but the constitution limits the majority and protects the minority, usually through the enjoyment by all of certain individual rights, e.g. freedom of speech, or freedom of association.

Hans ·

Die afgelope reënskade in KZN word beraam op R120m daardie tipe geld blaas ons op ‘n paartie.

Hans ·

Dieselfde kleptokrate in dieselfde ochlokrasie. Wie stel nog belang?

Stan ·

Jan Rabie se Drie Koppe eet te same, speel voor my af en laat my magteloos. Mag Die Vader met elke Suid-Afrikaner wees.

Gwen Van Niekerk ·

So donker soos die toekoms van die land. Nee dankie

Kobus ·

Hoop die R100de is genoeg vir n bra vir elk van die bostuklose Venda vroue dansers

Strand looper ·

En ons kry die skuld want ons het n eerste wereld hier kom maak…

pieta ·

Wat soek julle afkraakers nog hier. Beweeg saam of beweeg aan. Negatiewe klomp soos ek nog nooit beleef het nie.

kolla ·

So staan gemaak. Dis duidelik hierdie klomp wil nie as een nasie voortbeweeg nie (nie eers probeer nie). Vermy die negatiewe klomp en los hulle agter, hulle sal self vergaan en in die niet verdwyn.

Helene ·

Nee wat, stel nie belang nie. Net vertoon. Elkgeval net een groot sirkus.

Swartwolf ·

Kyk ou pieta is dit jou styl is volg maar “our people” en die korrupte verrotte cANCer. Niemand hou jou terug nie. Moet net nie vir mense wat anders dink probeer voorskryf om die gemors te ondersteun nie. Dan sal jy 3 de kom.

Jeremia ·

Die R20 miljoen sou kon help om Eskom, SAA, SABC, die melkplaas van Onvrede, Denel en vele ander se deure te help oophou in hierdie opgemorste rommelhoopland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.