Foto’s: Duisende ruk op om teen Sasol te betoog

Stakende Sasol-werkers en lede van die gemeenskap tydens ʼn protesoptog in Secunda, Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

Duisende stakende Sasol-werknemers het Donderdag tydens ʼn protesaksie by Secunda in Mpumalanga hul stem laat hoor teen die maatskappy se Khanyisa-personeelaandeleskema waarvan wit werknemers uitgesluit word.

Dié protesaksie vorm deel van Solidariteit-lede by Sasol se voortgesette staking wat reeds Maandag begin het. Solidariteit eis dat wit werknemers wel by die aandeleskema ingesluit word. Ingevolge fase 2 van Khanyisa sal swart werknemers by Sasol R500 000 aandele by die maatskappy ontvang, terwyl wit werknemers, ongeag hul posisie of diensrekord by Sasol, geensins aan die fase mag deelneem nie.

Sasol meen dat die aandeleskema deel is van die maatskappy se transformasieplan en ten doel het om die ongeregtighede van die verlede reg te stel. Solidariteit meen egter dat Sasol se beleid in ’n suiwer rassebeleid van uitsluiting ontaard het.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het in reaksie op Donderdag se protesaksie gesê werkers het vandag deur middel van hul voete hul stem laat hoor. “Wat Sasol doen, is onregverdig teenoor werkers wat aan die maatskappy help bou het en deur al die jare lojale en getroue werkers was. Duisende werkers het vandag met die staking gesê: Genoeg is genoeg,” het Hermann gesê.

Stakende Sasol-werkers en lede van die gemeenskap tydens ʼn protesoptog in Secunda, Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

Volgens Hermann het die gemeenskap ook in groot getalle opgedaag en hulle by die stakers aangesluit om so ook hul steun aan die werknemers te wys en saam met hulle protes aan te teken. “Werkers is met rede kwaad omdat hulle deur Sasol op ʼn suiwer rasgebaseerde beginsel uitgesluit word en die gemeenskap het vandag gewys dat hulle saam met die werkers kwaad is en bereid is om hul stem te laat hoor vir dit wat hulle glo reg en billik is,” het Hermann gesê.

“Die feit dat die gemeenskap en almal wat deur hierdie onbillikheid geraak word, so standpunt inneem vir dit waarin hulle glo, is ongelooflik bemoedigend. Dit wys hier is ʼn lewendige gemeenskap wat ook bereid is om standpunt in te neem. Hierdie aksie gee ons moed en energie.”

Maroela Media het vroeër berig Solidariteit het ook ʼn skrywe aan die New Yorkse Aandelebeurs (NYSE), waarvan Sasol deel is, gerig oor die maatskappy se personeelaandeleskema. In die brief versoek Solidariteit die aandelebeurs om aan sy mandaat te voldoen om gesonde openbare beleid te beskerm en die gepaste stappe oor die saak te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Nolis ·

Ne, en dat die dorp nie geplunder en afgebrand word nie…winkels bly oop, mense doen verder besigheid, geen polisie wat rubber koels hoef te vuur nie…sjoe, groot verskille tussen protes groepe.

Johann cb ·

Ek skat hier is ‘n klompie mense wat hulle vingers sleg gaan brand…

Joey ·

@AgAsseblief, ek dink Johann verwys na kommentaar wat op bv Facebook geplaas gaan word.

Goeie plan maar... ·

…waarom is die staking uitgeroep om plaas te vind gedurende die jaarlikse geskeduleerde “shutdown” wanneer daar inelkgeval verminderde produksie is by Sasol?

Nettie ·

Jammer dat ek vra, maar wat is SASOL se doel in vandag se lewe? Produseer hulle nie sintetiese brandstowwe en smeermiddels nie? Hoekom, as ons SASOL het, ly ons dan onder internasionale ru-olie pryse wat die petrolprys opstoot, aldus ons wonderlike, effektiewe, eerlike ANC-regering?

Herman ·

Goeie plan maar…..
Dit is juis tydens die beplande onderhoud periode wat die ambagsmanne nodig is om die onderhoud werk te doen. Dit is dus die ideale tyd om ‘n impak te maak.

White Rhino ·

Jip Sasol se produksie moet stop – stem saam.
‘n mooi gesig wat ek sien met al die protesteerders.
Netjies ens………..

TLC ·

White Rhino
Ek stem met jou
Kyk net hoe mooi kan dit gedoen word
Geen tyers wat brand geen rommel
Ag so n mooi staansaam
Hoop jul vat die dingeling voluit
GOOOOOOOO

T ·

Die mense wat eintlik vergoed moet word is die wat Sasol begin en opgebou het. Die einste wittes wat nou uitgesluit moet word!

Daan Erasmus ·

Vakbonde kry miljoene in ledegeld. Maar sit nie ‘n sent opsy vir ‘n staking fonds nie. Waar dit gebeur werk dit fantasties. Verantwoordelike vakbonde doen dit.

Albert ·

Sasol 1 is gebou met blankes se belasting geld. Ek was n jong knaap toe die regering gevra het dat hulle al die belasting geld wat moes uit betaal word aan die die belastig betaler gaan terug hou en later sal uit betaal want hulle het die geld nodig om Sasol 1 klaar te bou. Nou mag die blanke nie deel in die wins nie.

Ekke ·

Dalk moet ons ‘n Spur op Sasol trek en nie Sasol petrol ingooi totdat die aangeleentheid ten gunste van almal opgelos is nie.

Lerato ·

cr
Ek is een beter het nog net een keer Sasol ingegooi. My kar was leeg en geen ander garage in sig nie.

JacoR ·

Dis als goed en wel, ek werk vir Sasol en sien daagliks Total, Engen en nog ander tankers wat brandstof by Sasol kry. Ek was een van die gestaak het vandag.

christa ·

ja ek sien geen narre nie en die polisie weet sommer hulle is onnodig by die staking. Geen een is TV verskrik of wil net op die voorgrond wees nie, baie beskaaf. Party mense kan hier kom kers opsteek hoe dit gedoen moet word. Geen skade of plundery. Mooi so aan al my mense wat weet hoe om hulle te gedra.

honourable member ·

Ja mooi so wys die res van die land hoe mens op n ordentlike wyse jou misnoe wys. Die wereld hoef nie afgebrand te word nie.

Jakkalas ·

Sterkte ek hoop julle slaag in die doel vir die protes optrede. Ek hoop dat regverdigheid sal seëvier en dat almal dieselfde behandel sal word.

JJ ·

So bly dat so baie mense kan saamstaan teen dit wat so openlik onregverdig is

Anonieme Lafaard ·

Vir diegene wat Sasol wil Spur: dit gaan moeilik wees. Sasol voorsien die basis produk vir al die brandstof maatskappye in Gauteng. Hulle voeg net hulle eie bymiddels, ens. by.

GP ·

Jy is reg, Sasol verskaf petrol aan omtrent al die vulstasies.
Ons kan dalk hul winkels vermei, maar met petrol gaan ons dit nie maklik reg kry nie.

Pinochio ·

Anonieme L, sê bietjie hoeveel basis produk en hoeveel ingevoerde produk?

Ig ·

Ongelukkig is die meeste Sasol Garage eienaars wit en baie is Afrikaans. Al hoe Sasol dit gaan voel is die Royalties op die verkope.

NEE ·

@Anonieme Lafaard. Uhm NEE. SBM (single buoy mooring) in Durban voer die brandstof in en verskaf dit aan Engen, Sapref (BP & Shell) en Natref. Sapref (BP & Shell) beheer die SBM en verskaf dan ook brandstof aan Sasol, Total, Engen, ens. Die naaste wat Sasol kom aan eie brandstof is om dit uit steenkool te vervaardig. Probeer asb. feite weergee en nie “fop nuus” versprei nie.

Anonieme Lafaard ·

@ NEE: My kommentaar is gebaseer op wat ek verstaan het van die situasie omtrent 20 jaar gelede. Bietjie rondsnuffel het na ‘n artikel op Engineering News (2007) gelei wat sê Sasol kan 150 000 bbl/day of 23% van die land se brandstof verskaf. Dan is daar ook Natref, waarin Sasol ‘n beheerende aandeel het en wat brandstof uit ru-olie produseer. Die enigste binnelandse raffinadery in SA. Dink hulle produseer omtrent 110 000 bbl/dag. As jy beter data het, deel asb. met ons.

Waarom ·

Waarom is hierdie staaking uitgeroep om saam met geskeduleerde en beplande onderhouds “shutdowns” plaas te vind? Verminder dit nie die impak van die staaking nie?

JacoR ·

Ja, ons beinvloed nie produksie direk nie maar onthou, die afsluiting is beplan om teen die 21ste afgehandel te wees. Op die oomblik is hulle so 2 dae agter, wat Sasol miljoene gaan kos as die fabriek eers later as beplan aanlyn is.

Marinda ·

As ek so van hierdie kommentaar lees, wonder ek hoekom mense so negatief moet wees?

Dis hoogtyd dat ons opstaan vir ons regte. Ons het ook ñ sê, maak nie saak wat ander mense sê nie. Ons is die mense.

Stuiwer ·

Hoe laat die kleure van die betogers my nou dink aan die ou vlag?

DeVill ·

Geen polisie, kaspers, of skarebeheer is nodig nie.

Geen buitelander hoef sy winkel te sluit nie.
Nie een motoris hoef te vrees sy kar word met klippe bestook nie!
Nie een munisiplae gebou of besittings is beskadig nie!

Vergelyk dit met ENIGE ander staking in Suid-Afrika!
FEITE!

CHARLE ·

Daar was een geval…n sekuriteitswag is gewaarsku dat as hy nader sou kom hy n boereworsrol gaan kry…

Umo ·

Sien NIKS hiervan op die liberale NEWS24 webwerf nie. Te min rook en klippe na hulle sin?

LH ·

Ek bid julle sukses toe, mag julle beskaafde optrede vir julle ook n ietsie in die sak bring!

Gert ·

Die tragedie is dat daar vele soos SASOL is, maar dat min werknemers die moed toon wat deur die SASOL-werknemers geopenbaar is. Die feit dat daar meestal ander blankes betrokke is met sulke besluite, skree ten hemele, maar rugsteek (en manteldraai) mos maar ‘n genetiese probleem, veral onder Afrikaners.

Willem ·

Ek is trots om my seun op die foto te sien. Hy het nie in die apartheid era groot geword nie en nou word hy oor die selfde kam geskeer. Ek is bly hulle staan op vir ons regte.

Sonja ·

Daar is n baie groot verskil tussen PROTES en TERRORISME! Ons Sasol mense is n voorbeeld van ware protes. Die ander pleeg terrorisme!! Gaan google gerus die definisie van terrorisme.
Mooi so mense, ons is trots op julle! Ek hoop die buiteland neem kennis van die rassistiese samelewing waarin ons blankes probeer oorleef in Suid-Afrika!!

Johan H. ·

Tenminste spring hulle nie rond soos afkop hoenders nie,

pop ·

sasol maak n fortuin uit brandstof. ons betaal baie hoe brandstof pryse en sasol voer niks in maar vra dieselfde prys. skandalig dat ons so beroof word.

Ray ·

Solidariteit. Ek is bereid om geld in ñ trust in te betaal om die mense aan die lewe te hou terwyl hulle protes aksie aan die gang is. Nie soos ander unies wat sit en kyk hoe hulle mense kripeer nie. En so kan ons saamstaan en meer van n punt bewys deur die staking so lank as moontlik aan die gang te hou. As julle so iets wil doen. Laat weet ek is bereid om by te dra want ek stem saam en sal hulle ondersteun al kan ek nie self daar wees nie. Wat van Sasol 1 en 2 ? Maak ñ massiewe impak se ek

Blondie ·

@Umo – korrek! News24 se fotograwe is NET byderhand waar alles in vlamme opgaan!

Wel gedaan Solidariteit! Gaan nog GROTER!

John ·

Sasol se base is van die mees arrogante wesens. Vind uit wat hul inkomste is en maak seker dat jy sit as jy dit hoor. Die grootste huislike tragedies het hulle deur die jare in hierdie gemeenskap afgespeel. Gedwonge kruip vir bevordering, selfmoorde, gesinsverbrokkeling, magspeletjies en die misbruik van posisies. Persoonlik glo ek dat Afrikaners, en mind you alle volke, se slegste persoonlikheidshoedanighede na vore tree wanneer mag en geld vooropgestel is; dws Mammon se gruwelike standbeeld aanbid word. Die stakers staan nie ‘n kans nie. Die mooi idee om die land teen stakings en petroltekorte te beskerm is deur die duiwel ge-high-jack. Sasol se uiteinde gaan bedroeflik wees.

Fotograaf ·

Selle kiekie 12 keer in een berig? Kodak film amper op?

Liz ·

Watter ongeregtigheid uit die verlede moet reggestel word. Het self in die 80s vir jare vir hulle gewerk en nooit enige voordeel daaruit getrek nie behalwe om gevra te word om te bedank want hulle het die kraamverlof gehad nie en iemand moet die werk doen omdat jy tyd gaan afvat.
My sean werk tans vir hulle en verdien so ‘n karige salaris dat as hy nie baie ure oortyd werk nie, geen mens daarvan kan oorleef nie. ongelukkig is die staking nou “no work – no pay” situasie vir hulle. stekte aan almal van hulle.

Amelia ·

Ek hoop van harte dat almal staak. Dit hoort so en dalk moet n vuurhoutie gebruik word. Sasol het geen voorbranding nodig nie.

JoeV ·

Moet net noem ek het Sasol nou al R2800-00 gekos… is dit net ek wat hulle spur?

John ·

Oppas, met al die onbekwame rykes wat nou die werk ‘doen,’ is ‘n brand nie uitgesluit nie en raai wie gaan dan die skuld kry?

Maraycke ·

Ek stem staam die mense moet saam staan. As ek daar was sou ek voor gestaan het HOU MOED JULLE ons staan agter julle. Iewers moet die streep getrek word: WHATS GOOD FOR THE GOOSE IS GOOD FOR THE …….. julle kry die prentjie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.