[Foto’s] Duisende ruk op teen Zuma

'n Optoggganger in Johannesburg. Foto via Twitter.

‘n Optoggganger in Johannesburg. Foto via Twitter.

Duisende mense het onderskeidelik in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad bymekaargekom in optogte teen pres. Jacob Zuma.

Die #ZumaMustFall-beweging het verlede week momentum begin kry nadat Zuma vir Nhlanhla Nene, minister van finansies, die trekpas gegee het. David van Rooyen is in sy plek aangestel. Zuma het egter kort hierna Van Rooyen vervang met Pravin Gordhan, ʼn voormalige minister van finansies.

Die optog in Kaapstad. Foto via Twitter.

Die optog in Kaapstad. Foto via Twitter.

Verskeie optogte is hierna onder die vaandel van #ZumaMustFall gereël. In Pretoria was daar sedert Woensdagoggend vroeg ʼn streng polisieteenwoordigheid by die Uniegebou. Die optog het om 09:00 by die Kunsmuseum in Arcadia begin waarna optoggangers na die Unigebou sal beweeg en na verwagting tot 15:00 met die optog sal voortgaan.

In Johannesburg het mense aan die Braamfontein-kant van die Nelson Mandela-brug begin byeenkom. Die organiseerders van die Johannesburg-optog, die organisasie Section27, het intussen gesê die optog sal bekendstaan as “Geen versoening met korrupsie”. Die Johannesburgse metropolisie sal intussen die verkeer monitor.

In Kaapstad het optoggangers sedert 08:00 voor die parlement bymekaargekom. Die optog sal na verwagting teen 10:00 se kant na die Kompanjietuin beweeg waar eerw. Mpho Tutu, aartsbiskop Desmond Tutu se dogter, na verwagting optoggangers sal toespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Bets Bothma ·

As ons kon, sou ons hele familie daar gewees het, maar ons bly te ver en moet werk, op vakansiedag, want personeel wil nie werk (hul vakansiedag!)Ek wil n beter SA vir almal hê, sonder korrupsie, sonder moord en doodslag en goeie opleiding vir al ons kinders en jongmense!

Irma ·

Bets, dis presies hoe ek voel. Een volk, vrede en voorspoed.

Harry ·

Bets. Is dit jou en jou man se frima, wel dan moet julle maar werk, want julle maak al die geld. As jy net n baie goeie werk nemer is wel gedaan, ek weet hoe dit ook voel.

Deon ·

Duisende??? Lyk vir my maar yl om te praat van “duisende”….. kreatiewe fotografie laat die handjievol ook meer lyk as wat dit is.

JohnH ·

Hoekom so negatief Deon? Ons mis jou by die optog! Jy kan ook ‘n verskil maak aan jou toekoms . Ons neem aan jy sal vlgde keer saamkom? Of hoe?

Johann Marx ·

Deon? Dis heel duidelik jy was nie daar nie, nou kritiseer jy maar die fotografie? Shame man. Jy mis uit op die kans van ‘n leeftyd……om positiewe verandering tot ons almal se voordeel teweeg te bring…..maar jy verkies om by die huis te sit en die foto’s te ondersoek? Die blanke Afrikaner se grootste problem….is mense soos jy.

Danie Jacobs ·

Jammer, ek stem heeltemaal saam met Deon, en hierdie het NIKS met negatiewiteit te doene nie ! Baie dankie aan almal wie daar was, ten minste het julle murg in julle beendere ! Die vraag is, waar was die klomp grootbekke wie gedurig sit en fout vind – maar wanneer n uiters goeie geleentheid soos hierdie opduik, hulle skitter in hul afwesigheid ??? Jammer om te sê, hierdie geleentheid was verbrou deur n klomp slapgatte onder ons eie mense ! En moenie probeer vinger wys nie – as hier n optog vandag in KZN was, was ek self daar !

Rean ·

Deon ek was daar, daar was maklik 4-5 duidend mense in Pta, en volgens videos lyk soos dieselfde in Jhb en Kaaptad. Dis vakansie en December en kort kort kennisgewing. Geen Kreatiewe foto’s nie, if anything wys hul eintlik minder as wat daar was. Gaan kyk na ander foto’s op die internet as jy my nie glo nie

Berhalet Beukes ·

ZUMA MUST FALL! Laat God se Swaard van Regverdigheid deur hierdie duiwelse regering sny!

Bruno Stef ·

My ou bene sal dit nie meer toelaat nie maar ek is by julle optoggangers al is dit net om my eensgesindheid met julle optredes te bevestig weg met Zuma en sy Spin dokters.

Lizelle ·

Dis net jammer dat God se dag weereens opgeoffer word vir Zuma. Zuma seëvier weer. Baie hartseer.

Asjas ·

Nee wat, ek dink dit is gepas. Met die optog het ons weer ‘n Gelofte aan God afgele.

Anoniem ·

Lizelle wat sal jy doen as iets met jou gesin gebeur…terugsit en se GOD sal sorg….Nee Lizelle GOD vra juis van ons om ook ons deel te bring en ek kan jou belowe elke blank en ander kleuriges het GOD geloof en geprys soos optog gister aangaan. Help nie om terug te sit en verwag ander moet optree …..maar gou daar as die oorwinning daar is saam in die oorwinning!!!!!!!!!!!!!!!!Nee se eerder dankie daar is van ons wat kan saamstaan……………..

Bertus ·

Die mense wat in di optog deelneem mors net hul tyd. Daar sal niks daarvan kom nie

Deon Koegelenberg ·

Ai Bertus tog so negatief . Was die mars van die SA studente ook so negatief ?

Wessel Cronje ·

Stem Bertus, daar gaan niks van kom nie. Zuma gaan vir ‘n derde termyn pres wees, nes buurman Bob

Hennie Terblanche ·

Dalk moes almal by ‘n Gelofte byeenkoms gewees het voor hul vra dat Zuma moet val…ek ondersteun 100% die #Zumamustfall veldtog, maar die feit dat dat dit op ‘n Sondag gehou word, laat ‘n bitter smaak in my mond….wonder hoeveel sou opgedaag het as dit môre gehou was en almal moes verlof insit….

Asjas ·

Ongelukkig in die nuwe SA kan wit mense nie bekostig om te strike en te toi-toi nie, dit moes maar vandag wees. More is ons maar weer op ons poste, iemand moet die land aan die gang hou.

Eugene ·

Oh Asjas, het jy dan nie geweet nie? Wit mense strike en toi-toi nooit nie. Hulle verkies om van hulle banke af te kla en te beweer dat hulle die ruggraat van die ekonomie is. Dankie dat jy ons mynbou bedryf los hande aan die gang hou hoor. Lol

Wessel Cronje ·

Eugene, so toi-toi en staak hou die ekonomie aan die gang? LMGA!

Ken ·

Pretoria march was great!! Wens net meer mense wil betrokke raak om verskil te maak. Die wat se dis tyd mors bly eerder stil en bly sit op jou gat. Tipies SA mentaliteit. Die wat moeite gedoen het, well done. Het weer effens hoop vir die land.

Johann Marx ·

Dis so jammer dat ons pogings steeds ondermyn word deur ‘n spul ruggraatlose grootbek slapgat lae-mentaliteit BLANKE mense!!! Staan op vir wat reg is, maak jou rug styf vir wat kom, as jy nie staan vir dit waarin jy glo nie, sal jy vir enige iets val…..sê die spreekwoord. Hierdie is ons kans om verandering teweeg te bring……maar in plaas van almal saam staan en vir ‘n gemeenskaplike doelwit werk, vir ons en die toekoms van ons kinders en hierdie pragtige land….sit ons mekaar en kritiseer, en stellings maak soos “Ag, julle mors julle tyd…” Dis so pateties.

CT Botha ·

Ons was by Geloftedag waar die Afrikaners moes wees. Waar was jy? Eers God…dan die wĕreld ou maat!

Skroplap ·

Johann Marx
Geleenthede en prioriteite verskil van mens tot mens.
Jy kan gerus jou veralgemenings en kru beledigings vir jouself hou. Dit vertel dikwels meer van ‘n individu as wat dit van enige nut vir die res van ons is.

DAAN ·

Jjammer maar dit gaan nie werk nie. ‘Ek sien die meeste is blank en die nare waarheid is dat blankes se gevoelens en opinies nie tel nie.

Ken ·

Verkeerd Daan. Pretoria march baie swartes. Hulle het die optog en speeches gelei.

Dee ·

Ek hoop julle weet wat julle doen met die optogte! Die (her)aanstelling van Pravin Gordhan het bewys Zuma is geduldig en gedwee. Hy doen soos hy gevra word om te doen.

Wat nou as die verleentheid hom laat bedank? Besef julle dat dit kan gebeur! Hy is oor die sewentig – waar gaan hy weer werk vind? Moet nie dink omdat ons in die grootste kontinent woon waar al die ander kontinente kan inpas, dat daar soveel werk beskikbaar is! Hy kan nie bedank eer hy ander werk gevind het. Ek sien nêrens dat enige van julle hom ‘n werkie aanbied nie.

KarenG ·

Is jy nou wraggies ernstig?? Ek hoop van harte nie so nie, want jou kommentaar is lagwekkend!!

Anoniem ·

Hy hoef nooit te werk….Het genoeg gevat om vir homself en sy vrouens en kinders te sorg!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Fanie ·

As ek Zuma is druk ek my kop tussen my bene van skaamte en bedank!! En al is die meeste mense blank, moet daar onthou word dat dit hulle belastinggeld is wat hierdie land gebou het, wat nou so gruwelik gesteel, en wangebruik word!!

SkarrelKind ·

Fanie – los kleur uit die ding uit – heeltemal. Elke mens wat opgedaag het, is vir ‘n beter Suid-Afrika. Wat maak kleur dan tog nou regtig saak?

joher ·

mense open julle ogen, waar krij hij al die geld vandaan om soon groot huis te he
dat is geld wat julle toebehoor vir skole onderwijs, zorg en al die belangrijke dingen.
ons het jare in suid-africa gewoond. vandaar die kommentaar.

Dee ·

Bedankt voor je samen praatje, Joher. Je moet de mensen in de Nederlande op de hoogte te houden met wat er gaande is in Zuid Afrika.

Elize ·

Langjan en Ken, julle is my helde! Baie dankie vir die moeite om by die optog te wees. En ek is mal oor julle antwoorde aan die “drip drabs.” Ons bly in klein Karoo dorpie, maar hoor ons mense om ons praat, hulle is keelvol en ek kan met trots se, my kinders in die Kaap marsjeer saam vandag! Puik Suid-Afrika!

Ken ·

Dis great Elize! Die negatiewe sentiment bou mooi teen Zuma en die momentum hardloop vorentoe. Nog bietjie hiervan en die man sal gepos word. Vir die verkramptes wat die optogte afskiet – ongelukkig het ons hulle altyd in ons midde en sodoende kon wit nog nooit saamstaan nie… Die paar van ons wat wel probeer sal aanhou totdat ou Zoempie val…. Groete in die mooi Karoo!!

anita ·

Ek was ook nie daar, maar dankie vir die blanke en ander groepe, vir jul ondersteuning!dis net die begin! Kom mense kom volgende keer en toy toy maar bietjie saam,, ek bly bietjie ver! Maar gaan wraggies plan maak..ons moet ophou kla en saam staan..maar blankes kan net kla …ja maar dit.ja maar dat..dis nie n sondag vandag nie..dit is n belofte vat ons voorvaders aan JESUS gemaak het om die dag aan hom optedra! Vra ek nou wie het vandag net gebid!

Ekke ·

Skaam julle. Die kerke is leeg en die strate vol. As al die afrikaners wat daar was in die kerk was, sou dit al kankal beter met ons gegaan het.

Schalk ·

Dink jy werklik as al die mense wat daar was eerder in die kerk was, dat dit beter sou gegaan het? En die feit dat die kerke leegloop is al ou nuus. Daar moet seker n goeie rede voor wees. Wat ek vir jou probeer se is, my verhouding met my skepper is nie beperk tot n gebou nie. Ek staan in n verhouding met God. Ek het nie nodig om my te skaam omrede ek nie vandag in n kerk was nie. As almal ophou preek en iets doen omtrent die situasie in ons land, dankie vir almal wat daar was, sou dit lankal beter gegaan het. Ek glo in gebed, soms het jy meer as net gebed nodig.

Espe ·

Klaarblyklik het nie een van die betogers wiskunde op skool gehad nie…. Daar is nou net een hoop en dit is die Drie enige God! Mens kan nie “mense” wat GEEN respek het vir mens of lewe regkry nie! Selfs honde kyk na hul kleintjies…. Ware “mense” maak mos nie net kinders en gee nie om wat met hulle gebeur nie… Die kinders word met selfde mentaliteit groot en vererger net die resultaat! Daarom : geen en niks respek vir menselewe nie. As elke blanke in SA vandag by ‘n betoging was … Sou dit in elk geval nie gehelp het nie! Terwyl ons almal daar was is nog +- 420000 gebore…..m

Gerhardt ·

Dankie aan elk wat bid, betoog, nuwe geloftes aflê en skryf! Iewers begin die verandering. Let op dat die ‘swart’ middelklas groter word en dit behoort baie te help vir die Afrikaner se uitdagings.

Dee ·

Met ‘n wrang glimlag sit ek en dink daaraan dat às Zuma val hou dit dalk nie daar op nie. Miskien val die ANC saam. En wat die glimlag wrang maak is toe ek daaraan dink dat às die ANC val sal dit in die guns van die EFF val.

En sê nou net die alternatiewe is tussen die EFF en die ANC en ons het elke stem nodig om die EFF uit die stoel te hou….. en dìt is juis waar my glimlag wrang geword het… toe ek in die gedagtewêreld sien hoe stem die boikotters skielik vir Zuma om die EFF te laat val..!

RogerB ·

Was De Klerk, Meyer en Wessels ook daar, of wat doen hul op 16 Desember?

Karooblommetjie ·

bly gefokus op die punt: die huidige President is besig om goddeloos op te tree en homself en die hele wereld te mislei. Ons bly in ‘n demokratiese land, elkeen het ‘n reg op sy se. Ons bly nie in ‘n kommunistiese of moslem land waar ons vrye spraak onderdruk word nie. Ons word nog nie in ‘n tronk gegooi omrede ek van die regering verskil nie. As ons nie nou opstaan en ons se, se nie, gaan ons later ander mense wil blameer. My pa het gese dis die probleem met die blankes in die land – ons kan nie saam staan nie. ASB: nou kan ons op ‘n vredevole spraaksame manier ons demokratiese reg laat geskied. As swartes dit mag doen, hoekom mag ek nie? vra ek al die mense wat sit en niks doen en draadsitters is?

Dee ·

Soos wie, liewe Karooblommetjie, wil jy hê ons moet saamstaan? Moet ons saamstaan soos Zuma en Mbeki wat mekaar afgedank het? Of wil jy dalk hê dat ons moet saamstaan soos Cosatu en Numsa waar laasgenoemde uitgeskop is. Verkies jy dalk dat ons saamstaan soos Inkhata en die ANC of soos die ANC en die EFF? Moet nie holrug rympies herhaal nie – probeeer sin praat.

Fransie Dippenaar ·

Ek het nou lekker gelag vir al die kommentare. Mense as julle die bybel wil aanhaal en gebruik doen dit net reg. Baie mense het gebid en ek glo die Vader het vir ons ‘n antwoord gegee maar omdat dit nie in sekere mense se kraal pas nie bid hulle weer van voor af. Oor gelofte – nadat die boere die gelofte afgele het is hulle nie weer terug kerk toe om te bid nie – nee hulle het gedoen wat gedoen moes word. As ek kon sou ek vandag saam geprotesteer het. Mooi vir die wat kon. In die gees was ons saam met julle

chrisp ·

Ons Gelofte nagekom.Wat ‘n wonderlike dag. Kom jou gelofte na werk aan jou verhouding met God drie enig en die res sal volg.Nie net Zuma sal val nie maar ook vele meer wat meedoen aan die gemors wat die wereld die reenboognasie noem,dws die verval van die RSA.

SNEL ·

Hy was daar. As ons die goeie van God kan vat, moet ons die slegte ook kan vat.

Om te bid beteken nie om met jou hande gevou te sit en te wag dat n weerligstraal hulle tref nie, mens moet opstaan en iets doen. Ek weet Geloftedag is n Sondag en om te bid en dan saam te staan met jou mense in n optog op Geloftedag is net vir my soveel kragtiger, dis asof die geskiedenis hom weer kan herhaal. Ek wonder net of die boere daai tyd ook soveel dwarstrekkers gehad het, want hoe trek n ou op en veg as die helfde dink dis n slegte idee, hoe stap jy vorentoe as jy nie jou mense agter jou het en dit in n groot groep kan doen nie.

danie ·

Al ooit gewonder hoekom God die ander party se gebede verhoor. hulle Bid en ontvang. meskien het hulle n sterker geloof

Leon ·

Ons was gister by geloftedagdiens. Hartseer om te sien hoeveel kerke mens verby ry waarvan die hekke gesluit is. Ons versuim om ons gelofte gestand te doen, so ons volk moenie vra waarom dit so gaan in die RSA nie. Ek wonder hoeveel mense het dood eenvoudig laat geslaap, op die strand rondgekuier, of watter verskoning ook al uitgedink om nie by die kerk te wees nie…

Sarie ·

Die betoging moet eintlik wees #ANCmust fall. As jy een kop van ‘n monster afkap groei daar ‘n ander een. Die hele organisasie met sy kommunistiese ideoogieë moet verwyder word. Ongelukkig is die EFF en DA wat moontlik kan inskuif in sy plek voëls van eenderse vere.

EMK ·

Ai mense, nou is daar weer die wat MEKAAR aanval en oordeel ipv op die berig reageer. Op 702 talkradio was daar massas oral en het hul solidariteit bewys teenoor #zumamustfall. Ons moet sterk staan, genoeg is genoeg. Ek bly ver buite die stad en kon nie deelneem maar in my hart was ek daar.

katryn ·

Het iemand al gaan uitvind wat die naam Jacob beteken? Soek en lag saam. “I kid you not”.

Loeis ·

Oppas waarvoor julle wens. Die volgende opsies is of nog ‘n Zuma, of Ramaphosa. Lg, het iets tussen sy ore, maar hy het reeds aangedui dat hy nie beplan om hom aan ‘n hof te steur nie. Dit kan nog baie erger as Zuma wees.

Wat is die alternatief? Wat die KP en soveel ander reeds voor 1992 voorgestel het: selfbeskikking. Dit gaan nou moeiliker wees om te bekom, maar mens moet na die grootter prentjie kyk eerder as om jou teen Zuma vas te staar, asof hy die eintlike probleem is.

Riette ·

Mense wat nie bereid is om ‘n oplossing te bewerkstellig nie, moet dan net ook nie kla oor die probleme nie…

Riette ·

Dit help nie ons vra God, maar luister nie na die antwoord of doen nie wat van ons verwag word nie. God gee niks wat sleg is vir ons nie, Hy trek net terug as jy ongehoorsaam is en laat toe…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.