Foto’s: Duisende ruk op vir Saftu-staking

Foto: ANA.

Duisende werkers het Woensdagoggend vroeg in Newtown in Johannesburg byeengekom as deel van ʼn landwye staking van die vakbondfederasie Saftu.

Dié federasie bestaan uit meer as 20 vakbonde en die staking het ten doel om druk op die regering te plaas om nié die R20 per uur nasionale minimumloon te aanvaar nie. Saftu meen dié bedrag is té min en het ook kapsie gemaak teen ander wysigings aan arbeidswetgewing.

Cosatu het homself vroeër van die staking gedistansieer en die R20-minimumloon-voorstel wat ter tafel gelê is ondersteun.

Sommige plakkate van die protesgangers het gelees “Hel toe met R11, R14, R18 en R20 per uur. Ons eis ʼn R12 500 p/m leefbare loon.”

Sommige stakers het liedjies gesing wat pres. Cyril Ramaphosa beledig. Hul het hom daarvan beskuldig dat hy sy rug op die werkers van Suid-Afrika draai.

Foto: ANA.

Sommige van die betogers het nagemaakte buffels omhoog gehou in ʼn indirekte aanval op Ramaphosa en ʼn stekie na die miljoene rande wat hy al in die verlede vir buffels en ander spogwild betaal het.

Meeste van die stakers was lede van die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) en sommige lede van die EFF het ook by die skare aangesluit.

Die begin van die optog is effens vertraag omdat sommige werkers glo nog op pad was na die staking. Daar sal na verwagting vandag memorandums by verskeie regeringsdepartemente en kantore van premiers oorhandig word.

Die Saftu-staking kom te midde van die tweede week waarin pendelaars moet wroeg met ʼn voortslepende staking deur busbestuurders.

Intussen het betogers ook in Kaapstad byeen gekom vir ʼn protesoptog ter ondersteuning van Saftu. Teen laatoggend het talle werkers in rooi Saftu T-hemde in Keizergracht saamgedrom.

Saftu het protesoptogte in Johannesburg, Polokwane, Bloemfontein, Durban, Oos-Londen en Kaapstad gereël, maar gesê optogte kan ook moontlik op ander plekke voorkom.

Die polisie het vroeër gewaarsku dat geen kriminele gedrag tydens die betogings geduld sal word nie.

Zwelinzima Vavi, algemene sekretaris van Saftu, het Woensdagoggend in Newton die sowat 5 000 werkers gemaan om dié wat voorspel dat daar geweld gaan wees tydens die betogings verkeerd te bewys en dissipline te handhaaf.

Die regering het ook ʼn beroep op die sameroepers van die optog gedoen om te verseker dat daar veral nie chaos uitbreek rondom die parlement nie aangesien dit ʼn nasionale sleutelpunt is.

Die video volg onderaan die foto’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

snoefie ·

jaag weg! ek dink vawi sal almal in diens neem. hulle kry dan gratis rdp huise, gratis krag, water en munisipale dienste. plus kinder toelaag. hoekom nog werk ook?

Buffel ·

Maar 4 000 000 miljoen mense moet vir 44 000 000 sorg. Dit gee jou 9c nie R20 nie.

lizl ·

Ek sien die EFF neem ook deel… Ek verstaan nie juis hoekom nie, meeste van hulle lede werk nie. Hulle is altyd beskikbaar vir `n toi toi en gou `n paar winkels stroop.

Casper Labuschagne ·

Na meer as vier dekades van ‘n lewe in ‘n sosialistiese werkersparadys, smeek elke tweede Mosambieker vir enige persoon met ‘n wit vel vir werk en spreek jou aan as “Padrone”, oftewel “Baas,” iets waarop sekerlik geen wit persoon in amper ‘n halwe eeu aangedring het nie. Kontrasteer dit met 1974 waar Mosambiek die juk van kolonialisme afgegooi het en waar jubelende vryheidsvegters in die strate feesgevier het. Soos dit nou gaan sal Suid Afrika vorentoe self ‘n draai maak as van die armste groepie lande ter wêreld, maar daarna sal die wiel draai.

Leatitia ·

Ek is nie heeltemal by nie. Hulle soek R12 500/maand. Vir wie is dit? Sekerlik nie plaaswerkers of huiswerkers nie!!!

Eagle ·

Ek is verbaas oor hoeveel van die stakende werkers by die spesifieke punte kon uitkom, ten spyte van die bus stakings. As almal maar dieselfde passie gehad vir hulle werk.

Janneman ·

Pasop as die belastingbetalers gatvol raak en begin staak? Julle sal zero/uur verdien!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.