[Foto’s] Duisende studente by Uniegebou verwag

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Honderde polisiebeamptes, onder wie lede van die taktiese-reaksie-eenheid, het Vrydagoggend hekke en rolle doringdraad by die Uniegebou in Pretoria aangebring terwyl duisende studente daarheen begin stroom het.

Lede van die openbare-orde-polisie is ook by die Uniegebou waargeneem. ʼn Waterkanon en brandweerwa het ook gereed gestaan.

Pres. Jacob Zuma sal Vrydag met studenteleiers en die bestuurspanne van die onderskeie universiteite vergader om die dooiepunt wat in die onderhandelinge oor studiefooie bereik is, te bespreek. Hy sal na verwagting ook die studente toespreek. Dit volg nadat betogings vandeesweek op 18 kampusse van tersiêre instansies oor die hele land gewoed het.

Honderde studente is intussen met busse van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en die Universiteit van Johannesburg (UJ) na Pretoria vervoer. Studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) het intussen ʼn optog deur die strate van Pretoria gehou op pad na die Uniegebou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Knersus D ·

Hoop nie ek praat te vroeg nie….ek is uiters verbaas dat nog niemand seer gekry het of erger nog, geskiet is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.