Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het nege mense vasgetrek wat onwettig voëltjies uit ʼn nes by die Madimbo-weermagbasis in Limpopo gesteel het. Meer as 8 500 voëltjies is gesteel.
Luidens ʼn verklaring uitgereik deur die SANW het die verdagtes die voëltjies uit neste by die weermagbasis gesteel.
Die verdagtes is aan die polisie in Masisi oorhandig waar elkeen ʼn boete van R500 opgelê is.
“Die soldate sal die toenemende aantal onwettige jag-en-stroopgevalle van voëls en ander dierspesies monitor,” lui die verklaring.

Nege mense is vasgetrek wat onwettig die voëltjies uit ‘n nes gesteel het (Foto: SA National Defence Force, Facebook)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Wat wil hulle met die arme voeltjies maak ?
Madimbo is naby aan die Zimbabwe grens en die stroping van wild word gewoonlik deur Zimbabwe landsburgers gedoen vir oorgrens kos. Zimbabwe se wild is gestroop om die massas te voer, die volgende teiken is SA oorgrens totdat dit ook alles gestroop is. As die natuur verskaf, vat jy net wat jy nodig het om ‘n gesonde Eko sisteem te handhaaf, sodra jy begin stroop vir die massas versteur jy die Eko sisteem en natuur lei daar onder.
Gaan die pot nou weer die ketel swart noem?
Vir die arm mense is die voëltjies seker die naaste wat hulle aan KFC of Nandos sal kom so hoekom nie? Wat is die morele verskil tussen ‘n mak voëltjie of ‘n wilde voëltjie doodmaak.
Die verskil in die geval is waarskynlik dat die wildevoëltjies vir die bosbewoners ‘n voedselbron is. Vir die stadsbewoner is die mak voëltjie van KFC ‘n smaaklike versnappering.
Lekker betaal gou die R500 gaan doen weer. Hierdie keer haal hulle net meer uit om die boete se geld op te maak.So word alles uitgeroei.Geen ordenlike strawwe word opgelê nie
Ag nee regtig!! Wat is volgende?