Foto’s: Duisende wys hulle steun vir Pretoria se naam

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Duisende mense het vandag by die Voortrekkermonument in Pretoria saamgetrek om hulle steun vir die behoud van Pretoria se naam te toon.

Dié skare het ʼn Afrikaanse musiekfees by die monument bygewoon wat deur AfriForum ter behoud van die stad se naam gereël is.

Pretoria se 159ste verjaarsdag en die feit dat AfriForum nou meer as 100 000 lede het, is ook tydens die geleentheid gevier. Toegang tot die fees was gratis.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, toon die feit dat letterlik duisende mense by die Voortrekkermonument opgedaag het, dat mense baie sterk oor die stad se naam voel en dat hulle nie gediend is met hernude pogings om Pretoria se naam te verander nie. “As die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, die publiek se siening oor die naamkwessie ernstig opneem, is daar geen manier wat Pretoria se naam ná vandag se byeenkoms kan verander nie,” het Kriel bygevoeg.

Top Afrikaanse sangers soos Steve Hofmeyr, Karlien van Jaarsveld, Dewald Wasserfall, Dans Dans Lisa, Pieter Koen, Arno Jordaan, Klopjag, Jakkie Louw, Thys die Bosveldklong, Jaco Labuschagne, Beeskraal Revival, Gert van Tonder en Fanie Botha en sy boere-orkes het tydens die fees opgetree om hulle steun vir Pretoria se naam te wys.

Kriel het aangedui dat AfriForum sal voortgaan om die fees jaarliks aan te bied om te verseker dat Pretoria se naam vir ten minste nog 159 jaar sal bestaan.

Die foto’s is op Twitter gedeel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hettie Schonken ·

Ek is trots op die duisende mense wat by die Voortrekkermonument saamgetrek het jammer ek bly so ver maar ek bly TROTS AFRIKAANS dankie AfriForum

Drieks ·

Ons is Afriforum en Afriforum is ons.

As ons almal lid word kan ons almal saam vir ons land baklei en die regering op sy tone hou.

Afriforum is volgens my vir ‘n beter land en nie vir velkleur nie. Ons het mekaar so nodig. Dankie vir die sangers.

Kobus ·

Uitstekend! Nou wat ek graag sal wil weet is, wanneer kry Nelspruit sy naam terug?

Dit heet nou Mbombela.

As ek reg het … nooit, want die persone/instansie wie die saak gedryf het, het ongeag ‘n die hele dorp (derduisende mense) teen die verandering van die naam gestem het, met die mandaat aan die slaap gesit en was met die broek op die knieë gevang, toe loop die tyd uit en probeer hulle die saak, mosterd na die maal hof toe vat!

Hulle het Nelspruit se inwoners versaak.

As ek verder reg het, was Afriforum op ‘n stadium betrokke, maar het hulle toe onttrek as gevolg van die voete sleep van die plaaslike Nelspruitse instansie.

Luke ·

wat ons nodig het is n Afrikaanse leier wat nie sal stuit vir die duiwel, De la ray is duidelik nie op pad nie en ek sien net een ander persoon pas die mould. Steve Hofmeyer vir President….. Dan kan Nelspruit dalk weer Nelspruit word….. Viva

Leeutjie ·

Ai! kan julle nie sien dat Luke eintlik spekuleer nie? Ek beskou hom nie as ernstig nie en ja Luke, iemand wat sy stem kan dik maak vir ons…. Go Steve en Renata Barnard!

Sarie ·

Snaaks hierdie gebeurtenis het nie KykNet se nuus of Rapport gehaal nie. Wonder of dit oor Steve daar was dat daaroor geswyg is.

Riaan ·

Ek sou by baie meer pro Afrikaanse pro blanke instansies betrokke raak as dit nie was vir die feit dat ek nie myself met Steve Hofmeyer kan vereenselwig nie. Raak ontslae van hom sodat ons saak ernstig opgeneem kan word.

Patat ·

Ek stem saam met jou Riaan. Die man kan nie eens behoorlik aantrek nie. Watse voorbeeld sal hy vir die volk wees? Nee wat, as Steve president van die land word, rebelleer ek.

Leeutjie ·

Ai Patat….. dis ‘n stelling wat ek gemaak het! Ek het duidelik nie gese jy het so gese nie! Ai hoe lag ek nou! Ek ken ‘n paar goeie blonde grappe, hierdie is duidelik nog een….

Patat ·

:-) :-) jy het my… Ek is blond…. of is ek nie?
Ou Leeutjie, ek is nie regtig iemand vir baklei nie, maar eerlik dink ek nie oom Steve sal ‘n goeie president maak nie. En wat Renate Barnard betref, ek is nie teen haar nie. Ek het hart en siel saam met haar haar onreg gevoel. Sy het hard gewerk. Ek is maar net nie mal oor die manier wat sy Pieter aangeval het nie. Ek dink ook Pieter se stelling was ongevraagd, maar daar is mooi maniere om iemand te antwoord sonder om op hol te raak.

Leeutjie ·

Toemaar Patat, kan ek jou ‘n geheim vertel… (ek ook nie)… maar dat hy sy mond kan oopmaak en sy se kan se….ja, Steve is dapper! En wat Renata betref, ek ken haar persoonlik en sy is ‘n Engel! Sy het ‘n sterk span saam met haar (wie ek ook toevallig baie goed ken), en dinge KAN gebeur! Tyd sal in elkgeval leer!

Ulandi ·

@Riaan, darm probeer Steve, gaan jy net handtjies gevrou sit tot die “regte” persoon kom??? Watse jaar?? Teen daardie tyd is ons mens al uitgemoor, skrik wakker man, lyk net of die witmense net nie meer kan saamstaan nie!

Leeutjie ·

Ek stem Ulandi! Steve het met Die Stem in Nelspruit sy merk vir my gemaak! As jy nie hoendervleis kry nie dan weet ek darem nie! Steve is nie bang om sy mond oop te maak nie!

JayJay ·

Ek stem saam met Ulandi, Steve doen darm iets, wat doen julle, en as julle hom n clown noem, se vir my wat ons jou moet noem!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.