Foto’s: Duisende wys steun vir Pretoria by AfriForum-musiekfees

Meer as 30 000 mense het Saterdag by die Voortrekkermonument in Pretoria saamgetrek om hul steun vir die behoud van Pretoria se naam en die Voortrekkermonument te wys.

Die burgerregte groep, AfriForum, sê die fees is ter viering van Pretoria se 156ste verjaardag en ter behoud van die stad se naam gereël. Volgens AfriForum het die skare ook eenparig hul steun getoon aan die organisasie se “Red ons Monument”-veldtog wat tydens die fees van stapel gestuur is om te verhoed dat die staat die Monument se subsidie verder sny en die publiek aan te moedig om die Monument finansieel te ondersteun.

Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Lianie May, Jay, Elizma Theron, Sorina (Flooze van 7de Laan) en Armand Hofmeyr tel onder die 28 bekendes wat by AfriForum se musiekfees opgetree het. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, wys die feit dat letterlik duisende mense by die Voortrekkermonument opgedaag het, dat mense baie sterk oor die stad se naam en die Voortrekkermonument voel en dat hulle nie gediend is van knaende pogings om Pretoria se naam te verander en die Monument se staatsubsidie te sny nie. “Die regering moet hiervan kennis neem,” het Kriel bygevoeg.
Die ander sangers en groepe wat opgetree het, is Vaughan Gardiner, Adam Tas, Willem Botha, Fredi Nest, Pieter Koen, Adam, Gerrie Pretorius, Dewald Wasserfall, DJ Ossewa, Pieter Smith, Mel Botes, Ghapi, Beeskraal, MD Greyling, Andries Hendrik Potgieter, Saarkie, Jennifer Zamudio, Zandré, die SA Talent-wenner, die Neels Ackerman-boereorkes en die Albert Wentzel-boereorkes. Dit was AfriForum se vyfde musiekfees en volgens die organisasie groei die fees elke jaar.

[nggallery id=11]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.