Brandbestryders het Maandagmiddag vlamme by die Juma Masjid-moskee in die Durbanse sakesentrum geblus. Dit is egter nie in dié stadium duidelik of die brand aanvanklik by aanliggende woonstelle of in die moskee self uitgebreek het nie.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het aan Maroela Media gesê paramedici is net ná 12:00 na ’n toneel op die hoek van Denis Hurleystraat (voorheen bekend as Greystraat) en Dr. Yusuf Dadoostraat (voorheen bekend as Queenstraat) ontbied.
Brandbestryders was in dié stadium reeds besig om die vlamme by die moskee te blus.
Volgens Jamieson is enkele pasiënte op die toneel vir rookinaseming behandel, maar geen beserings is aangemeld nie.
Die brand het vanmiddag groot verkeersopeenhopings in die gebied veroorsaak.
Die oorsaak van die brand is in dié stadium onbekend.
Die Juma Masjid-moskee is in 1930 voltooi en is die eerste moskee wat in Durban gebou
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Brandende kerke is ‘n alledaagse ding in moslemlande….