Vyf verdagtes, tussen 27 en 56 jaar oud, is deur die Valke in Secunda in hegtenis geneem ná dwarslêers by Morgenzon gesteel is.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê die vyf verdagtes was Vrydag besig om die stukke spoorlyn op twee vragmotors, ʼn trekker, ʼn voorlaaier en ʼn bakkie te laai. “Die skade beloop ongeveer R1,5 miljoen.”
Die verdagtes is in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag in die Morgenzon-landdroshof verskyn op aanklag van skade aan infrastruktuur, diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
- (Foto verskaf deur die Valke)
- (Foto verskaf deur die Valke)
- (Foto verskaf deur die Valke)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Georganiseerde misdaad, kry nou ook die handelaars wat dit koop.